Noumaartoe: Mamma, ek wil ‘n man hê!

2012-12-19 16:35


Wie  onthou nog die woorde van die liedjie wat op laerskool deel van die skoolkoor se repertoire was. Dit was lank gelede.

Met digterlike vryheid is besluit om dié man nie na gelang van sy landelike herkoms te takseer nie. Nie in hierdie hiper-moderne, hiper-anti-alles wat goeie maniere, waardes en normes is-era nie. Kom ons kyk ‘n bietjie na die man se karakter – en by nadere ondersoek – na sy opvoeding.

Vir die doel van die rubriek het ek die manne in vier kategorie verdeel: Die avontuurlustige (Camel) man, die stedelike metro man, die fynbesnaarde, gekultiveerde diplomaat, en dan helaas, die willer-as-die-wildtuin-man.

Persoonlik verkies ek – en ek mag net vir myself praat en nie namens die ganse vroulike geslag nie – daardie avontuurlustige (Camel) man met ‘n tikkie metro en ‘n knippie diplomaat. ‘n Goed aangepaste man wat  gelukkig is in sy eie vel en waarin sy fyner kant in sy optrede en gesprekvoerig te voorskyn kom.

Maar wee o wee, as die willer-as-die-widltuin-man die huis se drumpel, die restaurant of die winkelsentrum betree is dit genoeg om op die vlug te slaan.  Oor die kleredrag – dikwels ‘n te klein rugbybroek en T-hemp wat daardie vreeslike boep skaars toemaak – praat ek nie eens nie.  Nee, ek praat van die mees basiese goeie maniere in ‘n basiese beskaafde land.

Die willer-as-die-wildtuin-man kom nie eens agter dat hy in die openbaar daardie neus in tru-rat terug stoot nie, of kliphard die mense wat verbystap bespreek en so hard skel en skree dat almal in hul nabyheid hul kop in skaamte laat sak.

Ek sal altyd vir die jonger vroulike geslag voorstel dat hulle asseblief nie desperaat die eerste (dis nie noodwendig die beste) man as dié een moet beskou nie.

Kyk uit vir ‘n man wat weet – en sy seuns leer – dat jy ten minste bewus is van basiese etiket. Veral as jy hier oor die vakansietyd die gasvryheid van vriende of familie met ‘n huisie by die see benut.

Manne wat willer-as-die-wildtuin is, hier is ‘n paar wenke:

•    Jy slaap nie tot die kraaie gaap en gaan dan jou eie gang nie. Hoor by die huismense of daar iets is waarmee jy kan help?

•    Sorg dat jou kamer ten minste netjies is en die wasgoed in die mandjie voor jy strand toe "ontsnap" net om betyds vir ete op te daag.

•    Maak ‘n bydrae vir kruideniers en drinkgoed. En voorstelle om die dag saam te geniet.

•    Moet nie die DSTV-kanaalklikker en die gerieflikste bank jou eie maak vir die duur van jou vakansie nie.

•    Gaan was jou hande voor jy gaan sit om te eet. En ná jy by die toilet was. Altyd!

•    Wag vir die vroue om ten minste eerste te sit voor jy jouself op ‘n stoel neerplomp.

•    Jy begin nie net eet nie – maak nie saak wat jou oriëntasie is nie.  Wag tot die hoof van die huis of die gasvrou die teken gee dat jy kan wegval.

•    Jy sluk nie jou kos af met glase en glase vol koeldrank of bier nie. Kou ordentlik.

•    Jy gooi nie hope en hope sout of tamatiesous oor jou kos, nog voor jy enigsens geproe het of die kos enigiets nodig het nie

•    Jy eet met ‘n mes en ‘n vurk aan tafel – nie met kaal hande met vuil vingers nie. En lig daardie elmboe van die tafel af –  al is jy ‘n afstammeling van die Neaderthalman.

•    EN DAN: Jy snuit nie jou neus in die stort wat deur nog 5 ander gebruik moet word nie.

•    Jy spoel die toilet behoorlilk ná gebruik.  Nie net een maal en loop uit nie. Wag, kyk terug en as dit moet, spoel weer – totdat die toilet skoon is vir die volgende gebruiker.

Basiese beskaafde maniere help dalk dat jy weer volgende jaar genooi word!

Mag die feestyd vrede, vreugde en voorspoed bring. En die Nuwe Jaar volop seëninge inhou.

Nou maar toe...



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Rip van Winkel sê... Christiaan Jooste, Hermeneutiek ( Grieks : ??µ??e?e??; 'verduidelik', 'vertaal') is die studie van die interpretasie van geskrewe tekste, in die besonder tekste op die gebied van literatuur, godsdiens en reg. Die term hermeneutiek is waarskynlik vir die eerste keer deur die Griekse digter Homerus (circa 800 v.C.) gebruik en beteken die uitleg en vertaal van opdragte wat deur Griekse mitologie gode aan mense gegee is. Homerus het hom op die god Hermes beroep. Hermes versinnebeeld weereens die planeet die naaste aan die son, nl. Merkurius. Mities is hy die seun van die oppergod Zeus en die bergnimf Maia, en boodskapper van die gode. Oorspronklik was hy 'n falliese godheid en, afkomstig uit die herdersland Arkadië, en die god wat herders en kuddes beskerm het. Later is daar egter nog meer verantwoordelikhede aan hom opgedra. Hy neem die taak van boodskapper van die gode by Iris oor, en word ook die sielsbegeleier wat siele na die onderwêreld neem. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.