Noumaartoe: Nuwe jaar, nuwe blaadjie, nuwe dinge

2012-01-13 13:14

Dit is die jaar 2012. ‘n Jaar wat reeds jare gelede, aldus die Maja-kalender, opgeteken staan as die jaar van grootskaalse  veranderinge in ons heelal.

Vir my as gewone aardling is ‘n nuwe jaar altyd opwindend... ‘n kans om van voor af te begin.  Alles wat sleg was van die vorige jaar en nie uitgewerk het nie, kan opsy geskuif word. Die gedagtes aan mislukking, hetsy persoonlik of in jou professionele lewe, nie meer prioritiet nie.

Die vakansie, hoe kort of lank ookal, was ‘n vitamine B-inspuiting vir die jaar vorentoe.

‘n Mens sien amper daarna uit om terug te keer werk toe en jou kollegas weer te sien.  Te gesels oor die vakansie, die totale ‘oorindulgensie’ van ‘n familievakansie en dan stadig, selfs traag, die rekenaar skerm te fokus en te sien wat ander van jou verwag.

Dit is ook die geleentheid om kaste reg te pak, ou onnodige papier weg te smyt, jou lessenaar af te stof. Hulle sê mos ‘n mens raak sommer ook genadiglik ontslae van allerlei spinnerakke en trivia wat in jou kop vaskleef, jou gedagtes laat dwaal en Calvinistiese verwyte aanhelp, wanneer jy so lessenaarskoonmaak.

O ja, wat dan van nuwejaarsvoornemens? Ai, ai. 

Wat hou 2012 in?

Wat daarvan as ons vanjaar besluit om liefs te fokus op dinge wat ons nooit weer wil doen nie? Hier is enkeles…. Gaan nooit weer.... wat nie? Nie so maklik nie, nê.

Gaan tog probeer. 

Gaan nooit weer tyd verspil deur te dink wat kon gewees het as ek liewer dit of dat gedoen het nie. (Wat verby is, is verby, gedaan, capish!)
Gaan nooit weer dink aan die soveelste verhouding wat nie uitgewerk het ondanks al my pogings om dit reg te druk nie... Rypgedrukte vrugte raak gou vrot.

Gaan nooit weer ja sê as ek in my siel weet ek wil nie deel daaraan hê nie... (No more people pleasing!)

Gaan nooit weer wens ek kan die Lotto wen, sonder om ten minste ‘n kaartjie te koop nie.

Gaan nooit weer ander blameer vir my eie ongelukkigheid nie, of omdat ek dink hulle skuld my nie...

Gaan nooit weer ‘n ander kritiseer of veroordeel of dink ek is beter as hulle nie...

Nooit?  Ja, ons almal weet nooit is ‘n baie, baie lang tyd. En ‘n baie moeilike ding om te handhaaf...

Maar, wat kan ek verloor? Niks, nada….  Selfs kry ek net die helfte hiervan reg, is dit 100% beter as die vorige jaar, of hoe?

In dié stadium kan ek egter nie belowe om dieselfde tyd aanstaande jaar terugvoer oor my sukses te verkondig nie – sal moet wag en sien – ten minste tot 21/12/2012, of hoe?

Nou maar toe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.