Noumaartoe: Onthou... 'n groen 68 Continental

2012-09-25 12:59

Jong kinders – en ja, ook volwasse seuns – se ogies blink maklik as hulle dink hulle, of hul pa’s, is slimmer, ouer, sterker en ry boonop met die blinkste, sterkste of vinnigste vuurwa. Dié wat weet sê ’n ware karman word dikwels van gewone motoriste onderskei deur die wiele wat hy ry.

As jong dogtertjie het die Terre’Blanche'e se pa – voor hy besluit het om net te ‘act’ – ’n hogere joppie by een van die land se voorste maatskappy gehad.

Pa Tromp was ’n entertainer. Hy kon so te sê elke musiekinstrument in ’n orkes bespeel, kon sing, uitstekend grappe vertel en boonop, as ek nou na foto’s van hom kyk, was hy sag op die oog vir die vroue van sy jare. Met sy persoonlikheid en mooi stem, het vele vroue by partytjies vir hom geflikvlooi.

In die laat ‘60's en die ‘70's was daar nog nie werklik beroepe en loopbane soos kommunikasiekundiges, skakelbeamptes of bemarkingsmense nie. Net verkoopsmense.

Dalk was dit sy verkoopsvermoë, dalk sy sjarme, maar Pa Tromp se liefde vir die kollig het hom vinnig uit Kroonstad uit na Braamfontein in Johannesburg gebring. Daar is hy aangesê om die maatskappy se oorsese belange te hanteer, wat ook behels het dat hy buitelandse sakemanne moes trakteer.

Sy ‘maatskappymotor' was ’n two-tone Fiat – ligroom en ’n sagte groen – ’n trappie óp van die spierwit stasiewa met die logo van die produk op die deure.

In iedergeval. Wanneer oorsese sakemense Johannesburg toe, moes Pa Tromp dié BBP's dikwels vroegmôre op die Johannesburge lughawe ontmoet. Dan het hy met ’n motor huistoe gekom wat spesiaal vir die BBP's gebruik word. ’n Diep, bottelgroen 68 Continental met sagte, roomkleurige leersitplekke. Die voorste sitplek was so breed, twee van ons kon kop teen voet oor die breedte daarvan lê.

Daarby het die blinkskoon spogmotor ’n radio ingehad, ook ’n outomatiese ratkas, hier by die stuurwiel, én kon die ruite met die druk van ’n knoppie oop en toe gaan. Uniek vir daardie jare.

Die twee oudstes van die vier orrelpypies was skaars in die hoërskool, die ander twee nog nie.

Soggens wanneer Pa Tromp die vorige aand met dié spogwa by die huis was en gereed maak om te ry, spring ons al vier agter in. Ons móét by die skool afgelaai word. Fietse vergete in die agterplaas en ja, ons gee nie om om vanmiddag 3km ver huis toe te stap nie.

Die lang, blink groen motor se enjin purr soos ’n katjie onder daardie masiewe enjinkap. Die 68 Continental wieg soos ’n seiljag golwend en statig oor die pad.

Ons kom by die skool aan net voor die klok lui. Skoolkinders staan nog by die ingangshek van die skool, of drentel nog aan, wanneer die groen wa voor die hek stilhou.

Almal staar.

Ons klim, gemaak nonchalant, by die spogwa uit. Sê niks, wys niks. Ons is moes alles gewoond, ry elke dag in sulke styl rond.

Nou maar toe.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 4-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: -2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!