Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Ommi-blog: hoe kan 'n mens verkragting hanteer?

2010-03-03 14:43



 Oor die tye heen bly verkragting maar eenmaal 'n woord wat by die meeste mense hewige emosie ontlok. Meestal afgryse, maar daar is helaas ook die onvanpaste, walglike grappies wat selfs vroue rondvertel. Ons het almal al onsmaaklikhede moes aanhoor oor sekueel desperate nonne, ongetroude vroue of gefrustreerde huisvrouens. Meestal kom die "grap" daarop neer dat die vrou 'n "goeie regsien" nodig gehad het. Dié soort onsensitiewe, oningeligte en pleinweg seksistiese stories laat die verstand duisel.

Verkragting kan blykbaar verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Verkragting kan ook inderdaad van geval tot geval onder heel verskillende omstandighede plaasvind -- geen enkele een prettig nie. Daar is byvoorbeeld voorvalle van date rape, verkragting binne die huwelik of vaste verhouding, die verkragting van sekswerkers, sg. korrektiewe verkragting waar 'n man 'n lesbiese vrou sal verkrag om haar "reg te kry" en selfs gevalle waar 'n mán deur een of meer vroue verkrag is.

Met die nuwe omskrywing van die wet word dit regstegnies nou ook erken dat een man 'n ander een kan verkrag.

In die townships veral is daar verkragters wat spesifiek gay vroue teiken met die totaal misplaaste en perverse doel om haar haar seksuele oriëntasie te verander.

Wie sou dit ooit kon dink: omdat ek haar op gewelddadige wyse seksueel aanval en haar liggaamlike integriteit indring en probeer vernietig, sal sy van nou af aan eerder op mans verlief raak?

Weer eens: die verstand duisel.

RooiMier is oortuig daarvan: hoekom verkrag sekere mans? Omdat hulle kán. Dis 'n ingesteldheid teenoor vroue, dis 'n misdadige geneigdheid daartoe om 'n ander te onderwerp, te verneder, weerloos te sien, om koning te kraai oor iemand wat haar nie kan verset nie.

Oor één ding is sielkundiges, sosioloë en kriminoloë dit eens: verkragting is nie seksuele drange wat onder dwang bevredig word nie; dis uit en uit 'n gewelddadige mags-misdaad.

Ek is hier in jou huis, jy is 'n vrou, jy is weerloos en bang, ek het jou goed gevat, maar nou wil ek jou vir oulaas wys wie is nou hier baas. Ek sal jou liggaam gebruik en jou onderwerp aan my magtige wapen, my penis.

Die verkragter het heel moontlik 'n vrou of 'n vaste verhouding waar hy oorgenoeg seks en liefde kan ontvang. Die motief is ook selde seksuele aantrekkingskrag, vandaar dat ou mense, gestremdes en selfs kinders ook dikwels slagoffers is van verkragting. Om dieselfde rede is die uitlokking-verskoning snert en bloot 'n poging tot blame shifting.

Ek het regtig simpatie met Hettie Britz, die jong ma van Pretoria wat onlangs tydens 'n huisroof verkrag is. Maar ek wonder net hoe ander verkragtingslagoffers voel oor haar ongelooflike erbarming vir die verkragter. My gevoel is dat sy hom maar gerus kan vergewe, want dit sal haar self help om die trauma te verwerk. Ek sou nie wou sien dat sy hom vir ewig mag oor haar gee in die sin van ewigdurende slagofferskap, wrewelrige wrokke of dat sy hom voorlê en hom van sy hinderlike hingsel verlos met 'n stomp mes nie.

(Hoewel ek persoonlik nogal behae sou skep uit laasgenoemde idee. Maar dit daar gelaat.)

Maar regtig, om haarself te oortuig dat die man "liefde nodig gehad het" en dat sy hom graag sou wou omhels tydens die aanval? Beteken dit nou dat dit onchristelik sou wees as iemand wat 'n verkragting beleef het, deur 'n ernstige depressie getref word ná die voorval? Moet vroue wat lank terapie en berading moet ontvang ná verkragting nou voel hulle dien nie die Here na behore nie?

Behoort 'n vrou haar regtig te ontferm oor haar verkragter se vermoedelik emosionele en spirituele tekorte en hom so van Jesus se liefde te probeer oortuig?

Ek wonder of Charlene Smith, die bekende joernalis wat jare gelede in haar huis in Yeoville deur 'n rower verkrag is, hieroor sou sê?

Ek wonder wat die vrou wat as 'n Pretoriase 14-jarige tiener in 2000 deur 'n groep rowers om die beurt verkrag is, hiervan dink?

Baie mense was destyds geskok en verdwaas oor die voorval. Uit Amerika het 'n Beeld-leser geskryf haar hart is gebreek oor "nog 'n lewe aan skerwe geruk is''. Vroue het vertel hoe so iets húl lewens sou verwoes.

In 'n onderhoud, met haar predikant en terapeut by, het sy vertel dat wat gebeur het, is nié "die big issue in my lewe nie'', maar sy het erken dat dit 'n traumatiese uitwerking gehad het. Sy het egter besluit om nie toe te laat dat die verkragting gaan bepaal wie sy is en wat van haar lewe gaan word nie.

"Wat gebeur het, het gebeur. Jy kan dit nie help nie. Dis nie jou skuld nie. Dis verkeerd... maar ek gaan nie hier sit en my dood-sulk daaroor nie.''

Dit herinner aan die Victor Frankl-filosofie: mens kan nie altyd bepaal wat met jou gebeur nie, maar jy kan besluit hoe jy daarop gaan reageer.

Ek wens Hettie Britz sterkte toe ná haar ervaring. Maar, dink 'n bietjie voor jy praat, wil ek by haar pleit. Dis regtig 'n uiters sensitiewe saak en baie mense het erger letsels as "glas in hul hare" ná verkragting.

Lewer kommentaar op dié storie


Tanya 3/3/2010 4:52:50 PM
Baie dankie vir hierdie insiggewende artikel, die Victor Frankl filosofie is al manier hoe 'n mens hierdie lewe in die gesig gaan kyk en aangaan met jou lewe indien so 'n tragiese of enige tragies lewensveranderende gebeurtenis oor jou pad kom!
Marie 3/4/2010 6:11:09 AM
Raakgevat, RooiMier! Dis tyd dat die mites rondom verkragting afgebreek word. Read my lips: niemand kan dit OOIT geniet om verkrag te word nie, geen lesbier word straight na verkragting nie, geen non of oujong nooi hoop OOIT op verkragting nie, geen verkragter 'soek maar net na liefde' nie, dis nie net sexy meisies in kort rokkies wat verkrag word nie, jy mag nie iemand verkrag nie, al is sy jou vrou, 'n prostituut of al is sy dronk of vol dwelms. Geen vrou VRA ooit, ooit daarvoor nie!
Dieper as dit 3/4/2010 12:32:39 PM
Mooi so Rooimier. Hettie se relaas na haar verkragting het my erg omgekrap. En die middelblad-artikel deur Jo van Eeden wat 'n dag of twee later in Beeld verskyn het, het broodnodige perspektief gegee op die diepe pyn en vernedering wat met verkragting gepaard gaan. Ek dink nie Hettie gee uiting aan haar werklike gevoelens na dit waardeur sy moes gaan nie, sy wil nie erkenning daaraan gee nie, maar vind dit makliker om weg te kruip agter haar geloof. Dit help moontlik dat sy nie die pyn hoef deur te werk nie, dat sy alles net so aan die "voete van Jesus" neersit en aangaan met die lewe. Dit is net nie eg nie. Ek dink sy sal nog deur diep waters gaan in die toekoms, as die realiteit van wat gebeur het by haar insink, as sy bereid is om eerlik te raak daaroor. Om 'n Christen te wees beteken nie dat daar geen lyding is nie, of dat ons lyding kwytgeskeld word nie. En ook nie dat ons, as ons deur so-iets verskrikliks getref word, dit nie op 'n tipies menslike manier mag verwerk nie. Hettie se "Ek is duidelik 'n beter Christen as jy"-houding is ook nie vir my opbouend nie, maar laat waarskynlik vroue wat diep deur verkragting seergemaak en verneder is, bloot nog slegter oor alles voel. Skrik wakker, Hettie.
Tanya 3/4/2010 2:31:16 PM
Die woorde "beter Christen as jy" . . . oh my word spreek beslis nie van 'n Christen nie of hoe? Is Christene dan nie almal die selfde voor god nie ? Ek het weer hierdie artikel gelees en dit is briljant geskryf, en Dieper as dit, dankie vir hierdie kommentaar, absoluut spot on!
hoera vir hettie 3/4/2010 2:43:02 PM
Ek dink die ding van Hettie wat my diep tref, is dat sy die verkragter van die begin af as 'n MENS gesien het, verby sy dade. Dit neem dadelik die 'ons-en-hulle'-konstruksie uit die prentjie, en dit raak 'ons-en-ons', soos 'ons is saam in hierdie ding, as mense'. Dit is hoe ek die Boeddhistiese siening van compassion, of medelye, verstaan. Ek dink mense onderskat die diepte van Hettie se insig. Min mense kry dit reg, maar dit beteken nie dis doelloos om daarna te streef nie. Om soos Hettie te wees, is om vrees heeltemal te oorwin, want jy sien vrees vir wat dit is: Iets in jou eie kop. Ek hoop as ek voor Hettie se toets te staan kom, kan ek dieselfde doen. Ek berei my in my kop daarop voor.
Henje 3/4/2010 3:30:13 PM
stel asb weer vir
Joost by supersport
aan.hy het mos
verskoning gevra
Henje
Marianne 3/4/2010 4:05:25 PM
Ek stem volkome saam met "Dieper as dit" dat Hettie nie aan haar werklike gevoelens uiting gee of dit erken nie, maar ek het self ook lang tye in my lewe my werklike gevoelens oor sekere dinge in my lewe misken en nie daaraan uiting gegee nie, en die gevolge daarvan is nou nog rampspoedig.
Louis 3/6/2010 7:09:44 PM
 Henje, Joost is 'n bobejaan, net soos Steve en ander soos hulle. Wat is verkeerd met die mensdom? Ek sien elke dag pragtige vroue en dan dink ek aan die verskillende persoonlikhede en geite en aan my huwelik van amper 30 jaar. Is dit die moeite werd? Verkragters, moet soos die Woord dit uiteensit, saam met homoseksuele ens. gestenig word! Hulle is niks anders as mans en of vroue wat te sleg is om 'n lewensmaat te kry nie. Die omhelsing en vergewing van verkragters stel vir hulle 'n oop bestelboek van aanvaarding wat wetlik gesproke net verwysing nodig het om hulle vry te laat en weer dieselfde te doen. Dit is onvolwasse om so iets goed te keur want dit beteken dat misdadigers nou 'n oop lisensie het om te doen wat hul wil. Trauma kom voor in verkillende vorms en verwerping ook. Die publikasie van sulke kommentare alvorens die persoon sielkundig ondersoek work, is onvanpas. Sou die persoon dit goedkeur ondanks behandeling en nog steeds kommentaar lewer oor die wyse van onbevoegtheid van die daad, dit sal dui op 'n groot tekortkoming in die persoon se huwelik of met sy/haar maat. Daagliks word prostitiete verkrag en die ondervinding word deurgegee as menseroof. Daaraan word niks gedoen nie. Dink ernstig voordat daar kommentaar gelewer word. Dit mag dalk net aanvaarbaar word dat dit enige man? se reg is om jou vrou, jou kind, jou suster, jou ma, ens te verkrag. Wakker word mense, julle speel met vuur!
Chris Pretorius 3/14/2010 11:46:55 AM
Medelye met 'n verkragter? Nie vie my nie, dankie! Daar's volksgroepe in die' land vir wie verkragting net 'n geval is van nie betyds 'ja' se nie! Ek sou 'n verkragter met 'n tuinvurk kon doodmaak en nie 'n nag se slaap verloor nie. Die ander wang draai? Nie my styl nie! 'n Verkragter is 'n uitvaagsel wie se siel in die verdoemenis tuishoort, en God kyk dit alles stilswyend aan.
Marietjie 5/3/2010 12:56:11 PM
Toe ek die artikel lees was my eerste reaksie die van Chris Pretorius. Ek stem egter nie volkome saam met hom nie asook nie met Hettie nie. Ek is self verkrag deur 4 nie-blankes tydens 'n gewapende roof. Geen maar geen mens wat nie self daardeur is sal ooit die vermoe hê om volkome te kan verstaan wat dit is om daardeur te gaan nie. Die vernedering agterna van mense wat veronderstel is om om te gee is amper groter as die daad self. Dank die Vader na vele toetse medikasie vernederings was ek HIV Negatief getoets. Dit is egter nie net die verkragtingsdaad self wat by jou bly in nagmerries nie maar elke oomblik van die dag waar jy ookal gaan is daar 'n geluid, kleur, teken wat jou herinner daaraan. Ek was in dieselfde proses geskied, neus gebreek, ribbes gebreek en vele ander beserings opgedoen. Vandag kan ek met dankbaarheid in my hart met ander openlik daaroor praat. Ek het God kwalik geneem want waar was Hy toe dit gebeur het? Tot ek besef het God was daar - ek kon dood gewees het en sou nie gereed gewees het om te sterf nie. Hy het my beskerm ten spyte van als. Ek moes dood gewees het maar Hy het my lewe gered sodat ek ander kon vertel van Hom. Ek moes leer om te vergewe. Hoe kan ek van God verwag teen wie ek elke dag sondig om my te vergewe indien ek nie bereid is om ander te vergewe wat teen my gsondig het nie? Hoe kan ek sê ek het my Skepper lief wie ek nie kan sien nie maar ek haat my medemens? Ja die vrese is daar, ja die nagmerries sal daar altyd wees. Ons kom daagliks in aanraking met moordenaars, verkragters, pedofiele, hul beweeg in jou huis, bly langs jou, staan langs jou maar jy word beskerm deur jou Skepper. Hul is oral om jou hul is 'n werklikheid net soos wat satan en sonde 'n werklikheid is maar meer nog net soos wat God 'n werklikheid is. Dit is nie God wat jou in daardie situasie sit nie dit is satan maar dit is God wat jou red en beskerm.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R330,000-380,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R420,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Credit Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R330,000-490,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...