Ommiblog: Verbruikers-bekering

2010-07-29 14:22

Die skuld hoop op, maar jy kóóp. Die wêreld is nie verniet vol winskopies nie; maak mens nie daarvan gebruik nie, dan mors jy mos eintlik, of hoe?

Dis amper soos 'n ma wat die kinders se oorskietkos van hul borde af eet omdat sy nie kos wil mors nie. Maar sy laat buite rekening dat sy reeds haar eie kos kláár opgeëet het, versadig is en dus van haar liggaam 'n vullisdrom maak.

Veral die westerse wêreld leef in soveel oordadigheid dat dit nou 'n geval van opvallende verkwisting van allerlei bronne geword het. "Conspicuous consumerism" is die term wat oral opduik.

Geen wonder nie dat die mensdom hul al hoe meer wend na die baie effektiewe groepterapie wat  12 stap-programme bied. Dit het omtrent 'n halfeeu gelede afgeskop met die totstandkoming van Alkoholiste Anoniem en die sukses daarvan het vinnig geleer dat dié twaalf "belydenisse" vir ander kompulsiewe gedrag ook kan help. Daar is vandag 12 stap-groepe vir dwelmslawe, ooreters, kompulsiewe dobbelaars, seksverslaafdes, geld- en ander verkwisters soos diegene wat nie kan ophou koop nie.

Genoeg is lankal nie meer genoeg nie. Sielkundiges reken dat by verre die meeste mense aan iéts verslaaf is. Al is dit net sosiale aansien, of 'n perfek gespierde liggaam. Of sjokolade.

Judith Levine, 'n New Yorkse skrywer, het tydens 'n ernstige inkopie-orgie een kersseisoen besluit om vir 'n jaar "op te hou koop". Stel jou voor: Nét kos, noodsaaklike toiletware en skoonmaakmiddels vir 'n volle jaar. Geen boeke, cd's, elektriese toebehore, meubels of voertuie nie.

Dit was nie maklik nie, veral aanvanklik was sy en haar lewensmaat gespanne -- indien nie paniekbevange nie! -- oor hoe hulle oor die weg sou kom, maar geleidelik en  het hulle uiteindelik kosbare lewenswysheid bekom wat nuwe perspektief op die lewe op ons planeet gebring het. 'n Gesonde skoot humorsin help natuurlik ook!

Haar uiteindelike gevolgtrekking? "Kapitalisme gee aan ons alles, buiten dít wat gratis is."

Iets om oor na te dink.

Die boektitel is Not Buying It -- My Year Without Shopping.

'n Soortgelyke verbruikers-uitdaging is dié van Dave Bruno wat besluit het om al sy persoonlike besitting te verminder na die getal van 100. (Hy het bietjie gekul, want hy het sy boeke behou met die argument dat dit as één biblioteek kan tel.) Sy belewenis is op www.guynameddave.com te sien.

Nog 'n interessante uitdaging is dié van die Amerikaner Heidi Hackemer wat met haar Londense vriendin, Tamsin Davies, besluit het om vir 'n maand lank net ses kledingstukke uit hul hangkaste te dra. 'n Inkopie-dieet, as't ware. In die proses het mense van oraloor saam ingeval met net ses stukke klere vir 'n maand. Hackemer se ses items het bestaan uit 'n swart hempie, 'n grys romp, 'n denim-kortbroek, 'n swart baadjie, 'n swart rok en swart rekbroek.

Skoene en onderklere word nie bygetel nie.

Dié projek beloof om mens meer te leer oor jou eie kreatiwiteit, vermoë tot oorspronklike denke en spirituele onafhanklikheid. Mens sal bietjie begin nadink en agterkom hoekom jy aantrek soos jy aantrek. Is dit om ander te beïndruk of is dit om jou beter te laat voel oor jouself en hoe jy lyk? Gaan loer bietjie by sixitemsorless.worldpress.com.

Buiten vir die ooglopende kwessie van vermorsing en oordaad, het ons verbruikersmaniere 'n aardskuddende uitwerking op ons planeet. Hoe eenvoudiger ons leef, hoe minder oorskiet ons produseer en hoe minder ons allerlei gasse die lug instuur, hoe minder prosesse ons voedsel van hul oorsprong tot op ons tafels ondergaan, hoe beter vir ons Moeder Aarde.

Is dit nie tyd dat ons almal daadwerklik en verantwoordelik begin optree nie? Ek vermoed dat dit selfs prettig kan wees!

Én ons sal weer opnuut waardering kan kry vir al die dinge wat ons nou as vanselfsprekend beskou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.