Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Ommiblog: Wie is almal só?

2009-11-19 13:30

Party van julle het darem baie kwaai gereageer toe ek durf suggereer dat die toi-toi moontlik sy oorsprong in Nederland kon gehad het. Wat my laat wonder het wat die uitslag sou wees as ons 'n meningspeiling onder ál wat  Afrikaner is kon hou oor ras-gevoelens.

Voel die meeste van ons meerderwaardig teenoor rasse wat nie van Europese afkoms is nie? Of is dit net 'n klein groepie wat maar nog altyd neergesien het op mense wat anders lyk, ander godsdienste aanhang of 'n ander kultuur beoefen.

Vir my lyk dit of daar 'n groot groep neo-rassiste ontstaan het, hoofsaaklik uit die groep wat vroeër as liberaal beskou is. Was daar dus meriete in die agterdog wat daar destyds was oor die sogenaamde white liberals? Ek onthou een of ander informele opname waarvolgens die groot ondersteuners van die ou Progressiewe Federale Party (PFP) in Johannesburg se gegoede noordelike voorstede hulle huiswerkers skandelik sleg betaal het.

Hoe opreg was dié onder my mede-Afrikaners toe hulle hul teen apartheid uitgespreek het?

Ek het dit nie teen joernaliste soos Max du Preez, Tim du Plessis en Christi van der Westhuizen wat uiters krities na die vorige regime gekyk het en wat deesdae ook kritiek teen die ANC-regering se vergrype en mistastings uitspreek nie.

My probleem is met witmense wat ras in alles inlees en álle negatiewe gebeure daarheen herlei. Asof witmense die kopiereg besit op eienskappe soos moraliteit, eerbaarheid, goeie burgerskap, hardwerkendheid en selfs intelligensie.

Miskien gaan dit oor onrealistiese verwagtings.

Miskien was dit maklik om téén apartheid te wees toe swart mense nog uit die (wit) oog in die townships moes bly en net gesien is waar hulle stilweg in wit woonbuurte huise kom skoonmaak het en tuine versorg het. En natuurlik tee gemaak het vir wit kantoorwerkers. Swart geleerdes, soos onderwysers en akademici, is ook eenkant gehou waar hulle by swart universiteite en skole gewerk het. Swart professioneles het ook bitter min met gewone witmense in aanraking gekom.

En toe, in 1994, is die swartes op ons doorsteps. Die regses het gereageer soos te wagte -- geen verrassings dáár nie. Die fenomeen wat my stomgeslaan het was sovéél van my sg. verligte vriende wat skielik steen en been begin kla het oor swart bure se maniere en gewoontes, sterk twyfel begin uitspreek het in swart vermoëns en motiewe. Met 'n besliste rassistiese onderbou.

Dit het nie gehelp om te probeer walgooi deur hierdie wittes op swart onderwys en die nalatenskap daarvan te wys nie, of om te sê onthou van kultuurverskille en eeue-oue ingeburgerde tradisies nie.

Daar was, en is steeds, 'n totale gebrek aan verdraagsaamheid by baie van my ou white liberal-vriende.

Dis ook die tragiese uitwerking van apartheid. Mense is só effektief uitmekaar gehou dat hulle nie begrip of insig kon ontwikkel in mekaar se alledaagse gewoontes nie. Kontak het gewoonlik bestaan uit 'n werkgewer/werknemer-verhouding.

Natuurlik is daar by alle regdenkende mense in dié land kommer oor soveel dinge, ek ontken dit nie. Ek sidder as ek die woord Eskom in 'n opskrif sien -- en misdaad... meer hoef ek nie te sê nie.

Wat vír ons almal werk is 'n uitstekende grondwet wat regte beskerm, 'n regstelsel waar mens jou saak kan stel (die Solidariteit-saak oor regstellende aksie bewys dit tans weer), 'n meerderheid inwoners wat eerlik en hardwerkend is en oorgenoeg mense wat opreg strewe daarna om van Suid-Afrika 'n suksesverhaal te maak. 

My pleidooi is net dat ons álmal moet ophou om die raskaart uit te pluk wanneer dinge nie na ons sin is nie. Wittes is baie vinnig om te kla wanner mense soos Chuene en Malema die raskaart speel, terwyl baie van ons ook net in terme van swart en wit dink.

Feit is: die meerderheid mense in ons land is swart. Feit is: ons het 'n swart regering en dit sal nooit verander nie. Hou nou op kla en kom met positiewe bydraes.

Suid-Afrika is 'n Afrika-land waarvan die meerderheid inwoners swart is. Deal daarmee.


Lewer kommentaar op dié storie


Adriaan 11/20/2009 1:20:29 PM
Dis asof jy reaksie wil uitlok en jy self is baie 'rasbewus' met die dat jy so baie na rasse en wit en swart verwys. Jy moet ook besef dat ons almal mense is, maar aan albei kante van die draad is rassiste, liberale, hardwerkendes, luiaards...Stereotipering gaan niemand iewers bring nie. Ek gee nie eintlik om wie was white liberals of wie het vir die AWB gestem nie. Om die waarheid te se ek weet nie eens nie en ek het nooit gevra nie, want dit maak nou nie eintlik meer saak nie. Ek gee nie om waar het toi toi ontstaan nie, ek het nog nooit getoi toi nie, nooit daarin belanggestel om dit te doen nie of myself daaroor bekommer nie. Ek hou dinge eenvoudig: Gee liefde, ontvang liefde. Moenie 'n swarte/witte beter hanteer of vriendeliker/onvriendeliker wees oor velkleur nie...Basiese morele waardes en etiese kodes moet SA se gesprekforum word, dis al.
Marie 11/20/2009 2:55:35 PM
Ek stem grootliks met die mier saam, maar lees gerus bietjie wat skryf Tim du Plessis vandag in Beeld oor die vakuum wat deur die ANC gelaat mag word as hul voortgaan met hul wanbestuur. Hy vergelyk dié proses met die pad wat die NP geloop het, van wenners tot totale verloorders. Maar dit gebeur nie oornag nie.

Ek glo dat die blankes wat bly was oor die demokratiese proses wat in 1994 begin het erg ontnugter voel oor die ANC van vandag. Maar dis nietemin 'n goeie idee wat RooiMier het: kom ons hou op met ons rasbeheptheid en kyk na die politieke werklikhede. Ons behoort hier 'n politieke oplossing te soek, nie 'n rasgeorienteerde negatiwiteit nie.
Cathy 11/21/2009 6:56:38 AM
Ek maak 'n definitiewe verskil tussen Swartmense en die ANC. Ek ken baie mense in die swart bevolking wat uitstekend is in alles wat hulle doen. Hulle is brugbouers, harde werkers, verantwoordelike ouers en hulle behoeftes en ideale verskil nie wesenlik van myne nie. Almal van hulle soek 'n veilige woonplek, sekuriteit en 'n toekoms vir hulle kinders. Weinig is ANC lede en daarom kwalifiseer nie een van hulle vir regstellende aksie nie. HULLE IS NIE ANC KADERS NIE! Die ANC gebruik mooiklinkende terme soos "transformasie, regstellende aksie, swart bemagtiging" om hulle eie kaders te bemagtig. Dit word gebruik as Trojaanse perde om instellings binne te sypel en van binne af te vernietig - veral (voorheen Afrikaanse) universiteite en media instellings. Hulle voel vere vir swartmense in die algemeen, behalwe wanneer hulle stemme werf.

Mense soos Rooimier haper aanmekaar op die swak onderwys wat swartes onder die vorige bestel gekry het. Hulle vergeet moedswillig dat mense soos Desmond Tutu, Jonathan Jansen, Nelson Mandela, Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa en 'n menigte ander uiters goed gevaar het met die kwalifikasies wat hulle in daardie stelsel behaal het. Daar is talle Swart Suid-Afrikaners in die buiteland wie se kwalifikasie sonder skroom deur alle lande aanvaar word. Diegene wat hulle skoolopleiding sedert die ANC oorname ontvang het, is gladnie so gelukkig nie. Die ANC lede wat in kommunistiese lande gestudeer het, vaar ook nie juis té wel nie.

Is daar regtig steeds mense in Suid-Afrika wat glo dat die huidige onderwysstelsel beter as die vorige een is? Niemand kan tog so oningelig wees nie!

Ek erken, sekere swart kulturele gebruike sal altyd vir my vreemd bly. Ek sal verkies as my buurman NIE 'n bok of bees in sy agterplaas aan sy voorouers offer nie. Ek glo nie jong seuns se lewens moet in gevaar gestel word deur inisiasie seremonies nie. Dis vir my vreemd dat enige iemand in die huidige ekonomiese toestande meen hy kan tegerlykertyd sommer met 'n horde bruide op 'n slag trou.

En nee! Ek dink nie veel van toi-toi nie, maak nie saak waar dit ontstaan het nie.
TB 11/21/2009 8:29:37 PM
Same old, same old. Week na week. Het jul niks anders om aan die spul snel beleë (lees ou)Afrikaners op te dis nie? F&k weet, al wat blykbaar in jul koppe rond warrel: 1) Bestaan God? 2) Presies hoe boos is die ANC? 3) Wat is die definisie van n Afrikaner? 4)Spyker SA celebs (meer as ander) oor die draad? 4) Wat is regs en wat is links? En laaste maar nie die minste: 5) Moet vroue hul tiete in die openbaar toehou? Ek shutup nou liewer voor ek baie lelik beginne vloek - skop my liewer self van hierdie webblad af voor ek jul die guns aandoen. Jul is besig om my suurstof te steel. Goodbye, hamba ghagle en voetsêk.
CorrieB 11/22/2009 7:33:25 PM
Jaaaaa Swaer...ou Rooimier..hou op k&k soek met die swartes...en die wittes...as Dillema Malema jou vat neem julle 2 tussen julle die land weer terug tot by die bobbejane....so ver neuk julle alewig terug na apartheid toe...ma dis seker waar julle hoort met sulke diep filosofiese benadering oor die nimlike toyi-toyi(let asb op die spelling!)soveel str@nt het ek lanklaas in so 'n kort skrywetjie gelees...get a f#kin' life man....
Willie 11/23/2009 10:13:38 AM
So baie dinge wat verkeerd is word weggesteek deur die speel van die rassekaart. Onvermoe, swak kennis en gebrek aan vaardigheid word goedgepraat met die verskoning dat dit alles die apartheidsverlede se skuld is. En alle blankes wat maar in die minste skuldig voel bloos van verleentheid. Ongelukkig gaan al hierdie beskuldigings en verleenthede nie die vaardigheid, kennis en vermoe van daardie deel van die bevolking wat dit die nodigste het verbeter nie. Dit is ongelukkig ook waar dat die swart kultuur nie baie hou van presteerders nie. Die gevolg is dat ons gebuk gaan aan 'n gebrek aan bekwame mense wat ekonomies bruikbaar is. Daarom die geweldige werkloosheid in SA. Werkloosheid is die teelaarde vir misdaad. Misdaad is besig om die land te vernietig. As almal harde werk, voortdurende prestasieverhoging en verbeterde bekwaamheid deel van hul kultuur kan maak het ons 'n toekoms. As jou kultuur teen presteerders diskrimineer gaan dit jou nerens bring om apartheid die skuld te gee nie. Die skade wat deur apartheid aan gerig is kan dalk nog ingehaal word maar ons sal nooit die skade inhaal wat veroorsaak is deur die huidige regering wat uiters bekwame en goed gekwalifiseerde professionele mense gedwing het om die land te verlaat.Ons moet ons beskuldigings en verwyte maar begrawe en vergeet en begin werk aan 'n stelsel wat elke inwoner in staat stel is om waarde toe te voeg tot die nuwe Suid-Afrika. Daar is te veel werkloses wat deur hardwerkende mense en misdaad onderhou moet word. As minder skole tydens die vorige regime afgebrand is en meer onderwysers (en skoolhoofde) betyds vir werk opdaag kan dit dalk anders wees.
Geraldine 11/23/2009 5:32:49 PM
Willie, jy praat my taal. Die nadeel (ten spyte van al die positiwiteit daarin)van ubuntu is juis dat daar nie regtig plek vir presteerders is nie, net vir middelmatiges. En die antwoord le beslis in behoorlike onderwys. As mense net eers die bevrediging van uitnemendheid kan ervaar, sal ubuntu ook nuwe betekenis kry. Maar sowaar, ons MOET ophou, almal van ons, om die rassekaart uit te pluk elke keer as dinge nie na ons sin gaan nie. Dis tydmors en 'n never ending story in 'n land met soveel verskillende rasse soos ons s'n!
Mike 11/29/2009 11:24:20 AM
Maklik om die ewige speel van die rassekaart te stop, gee vir elke volk die reg om oor homself te besluit. Hoekom moet ek belasting betaal in 'n land waar ek nie oor my eie toekoms mag besluit nie? In geheel sy eie volkslewe waar hy dit paslik sal vind.
Belle 12/1/2009 9:45:45 AM
Ja-nee die jaar wat toe bewys het dat wat ons gevrees het bewaarheid is. 1994: Alle hel breek los. Moorde, verkragtings, grondonteiening, AA, BEE, dom kinders, hospitale, munisipaliteite, universiteite, skole ens ens is 'n helse mislukking. Mooi so julle liberales. Julle het geslaag om nog 'n land in sy m@er te stuur.
Brentie 12/5/2009 2:53:26 PM
Die groot probleem met die linkses is dat hul
nie hou van dit wat help tot stand bring nie.

Die optrede van die ANC op baie terreine skrik hul af en is 'n verleentheid.

Dit is 'n bietjie soos van die bekendes wat buite-egtelike kinders het.Kyk hulle het gehou van die opwinding, die geheime ontmoetings waarvan ander nie bewus moet wees nie.

As die telg wat hul so verwek het in 'n
willewragtig ontaard dan sal hul ten alle koste 'vaderskap' ontken want dit is darem te erg om as 'n vooraanstaande mens aan
so iets gekoppel te word.

Die teenoorgestelde kan ook gebeur.Sou so'n
telg buite verwagting presteer en self aansien verwerf sal hul so skaam-skaam
vorentoe kom en vaderskap erken en hulself
op die skouer klop dat die kind darem so is
omdat hy van hulle goeie gene ge-erf het
en se dan soos die Engelse se: "All is well that ends well."
Alkie 12/13/2009 7:38:29 AM
Ek het nooit toestemming gegee vir die gemors nie.
Maar ek en my kinders moet die gelag betaal.
Ek stem die oplossing is dat elke volk homself regeer.
Maar die ANC sal nooit die hen wat die goue eiers le laat gaan nie.
Want dit sal beteken dat hulle sal moet gaan werk om hulle grond te gaan opbou.
Dan sal hulle weer met begerige oe begin kyk na wat ander volke reggekry het.
En teen hulle oorlog verklaar.
Want dit is en sal altyd Afrika kultuur bly.
Boerseun 12/13/2009 9:36:20 AM
Elke volk moet homself kan regeer en sy waardes uitleef. In RSAis dit onmoontlik, daarom sien ek net vrede in 'n meer staat oplossing. As die Boere so gehaat is en baie probleme veroorsaak, hoekom laat die ANC nie 'n Boere republiek toe nie? Waarvoor is hulle bang?
koos 12/13/2009 10:39:22 AM
Mense word wakker,die wet van die lewe is natuur,,kyk vir n slag dalk sal jy dit ook raak sien.Van waneer is die mens nie meer deel van die natuur nie,het iemand al 'n bok en 'n slang sien saam bly of iets in daai lyn ...nee.Maar die mens het die vermoë om te bly neuk met dit en so hul eie ondergang te bewerk.Ons is nie geskaape vir saam bly en leef nie en dis dit daar sal nooit harmonie wees nie.Wat is die oplosing vir dit ,,ek weet nie en niemand kan die gemors regmaak nie .Die feit bly staan wit is wit en swark is swart , 'n bok is 'n bok en 'n slang 'n slang en dalk is ons antwoord in die natuur wie weet.
HB 12/13/2009 12:01:42 PM
RooiMier, jy praat `n waar woord. Dit help nie om met die negatiewes op hierdie blog te redeneer nie. Hulle loer by die voorlens van die verkyker in en sien `n baie klein wereldjie. Hopelik sal hulle eendag die verkyker omdraai en die breer prentjie daardeur kan sien, maar ek wonder.... Wees getroos Vriend Mier, daar is baie van ons wat positief is, skouer aan die wiel sit en hard werk om dinge te laat werk. Ons het nie tyd om te redekawel met die stiksieniges en galbrakers nie. Doen net jou ding!
Flip 12/13/2009 12:10:09 PM
Maak dit nou tog saak? Hierdie wit teenoor swart debat. Die huidige onderwys stelsel teenoor die van die verlede? Dink enigemens dat omstandighede in Suid Afrika vir die meerderheid gaan verbeter? Ag nee wat, dan is julle nes volstruise met jul kop in die sand. Oral in Afrika het glad niks verbeter nadat die plaaslike bevolking van hul vorige imperieelistieste europeense blanke heersers die land oorgeneem het nie. Meesal in geweldadige staatsgrepe van tienduisende moorde en geweld! Suid Afrika se groot moord en doodslag is nog oppad! Die ANC is ook nie van plan, nes Zanu-PF in Zimbabwe, om blankes te vergewe vir die dade van hul voorouers nie.
Afrikaan, Amsterdam 12/13/2009 12:33:20 PM
Koos, wat nou van 'n swart bok en 'n wit bok? Niemand sê jy moet met 'n bok in vrede leef nie, maar met 'n medeMENS. Julle kan darem 'n debat grond toe vat met julle stupid redenasies! Seker ook maar omdat julle oortuigings baseer is op 'n minderwaardigheidsgevoel. Jou ouers het jou mos geleer jy is beter as "hulle" en nou wys "hulle" vir jou dat hulle net so bekwaam of selfs beter is as jy. Nou wil jy weghardloop en in 'n volkstaat gaan woon. Om enigsins 'n "volk"staat te kan bekom moet die meerderheid darem ten gunste wees daarvan. In die wit Afrikaner se geval is julle niks wat getalle aanbetref nie. En lyk my julle het nou nog 'n paar minder in Ceres... Van my land kry julle in elk geval nie eers een vierkant kilometer nie. Daardie grond behoort aan AL my land se mense.
koos 12/15/2009 8:26:25 AM
Afrikaan, Amsterdam vir 15 jaar werk en woon ek nie meer in SA nie maar is gereeld terug en dit is n teleersteling om te sien die siels verareming van mense (wit en swart)so wat hul beeter as ek is weet ek nie.Ja my ouers het my goed groot gemaak en dis hoekom ek en baie ander mense nie aansien het vir n regeering wat n land regeer vol aremoede,geweld,korupsie en moord nie.So my vriend koester jou vervale land en Godeloose regeering maar ek gee my woord vir jou sukses sal daar nooit wees nie (behalwe as hul oor dit lieg en sineloose mense soos jy wat dit dan sal glo).n Volkstaat nee,maar pasop my friend daar is nog mense wat glo in die lewende God en as hy ingryp is daar nie n Volkstaat nie maar n hele SA wat aan sy mense behoort en wat maak jy areme,vervrekte regeering dan.Of wag jy verkies om jou naageslag te los in n land wat brak is
ShawnT 12/22/2009 3:59:45 PM
Koos,  asseblief,  jy moet nou vir my stap vir stap verduidelik aan watter "mense" hierdie land behoort. Aan wie sal dit terug gegee word? Nes julle glo God is vir die Afrikaner alleen , net so glo julle Suid Afrika behoort aan julle. Was God nie n Jood nie? En julle verpes alles wat nie Afrikaner op gedruk is nie....Ek wag vir jou antwoord...God sluimer of slaap nie,Boetman...en die Hemel sal jy nie met n verkyker sien nie..Waarskynlik ek ook nie,maar ten minste kan ek voor Hom staan en nie my kop in skaamte laat sak as Hy my vra , "Hoe het jy met ander nasies gelewe" nie..
alkie 12/27/2009 12:17:24 PM
Eerstens: Jesus was nie 'n Jood nie.  Wel 'n Israeliet. Tweedens het God die volke en Nasies apart gestel,  maar julle wil tog so graag die Toring van Babel weer bou. Die oplossing is was nog altyd apartheid vir alle volke en nasies. Hou op om na Satan se misleidende teologie te luister. Ek sal eerlik antwoord ek het in vrede met hulle saam gelewe totdat hulle op my afgeforseer was.Toe het die pot begin kook. Dit is presies wat Satan en sy gesante wil he.  Hulle vryf die nasies en volke teen mekaar op.  Dus as jy een van daardie is wat God se bevel verontagsaam om nie elke volk en nasie sy eie plek te gun nie.  Dan is jy die een wat jou kop in skaamte sal laat sak. Jy kan regtig nie met 'n skoon gemoed voor God gaan staan nie.  En se: ek het eerder na Satan geluister as na U. Die wereld wil een volk bou.  Maar eendag voor die Troon van God sal julle verskyn as n menigte volke en Nasies. Wil jy nou regtig vir God gaan se ek het vir my volk nie n plekkie in die son gegun nie? Ek het nog altyd vir elke volk en nasie hulle plekkie in die son gegun.  Maar die swart volk van SA wou nie daardie plekkie he nie.  Hulle wou eerder weer n ander volk se plek he. Dat die swart volke agter gebly in SA  ,is hulle swart leiers se skuld.
Josef 12/27/2009 2:20:56 PM
In 2006, met die vorige soccer world cup, met die semi-final tussen Italy & Germany (host), toe speel hulle 90 min en gaan in 30 min extra tyd in. In die laaste 5 min van die 30 min extra tyd, toe sense ek die Here vra my, "wie wil jy he moet wen?" Ek dog toe, ek hoor verkeerd, maar ek hoor toe weer "wie wil jy he moet wen?". Ek dink toe maar die Germans was verantwoordelik daarvoor omdat my voorouers Jesus Christus gekies is, is hulle met skepe aan die suidpunt van Afrika afgelaai, en met die gedagte - toe skop Italy 'n goal. Ek dink toe "dit moet toevallig wees" en 1min later skop Italy nog 'n goal op die 120 minuut en wen daardie semifinal 2-0. Met die Final tussen Italy en France, toe herinner ek die Here daaraan dat Franse ook verantwoordelik was omdat my voorouers Jesus Christus gekies is, is hulle met skepe aan die suidpunt van Afrika afgelaai. Italy het die world cup 2-0 gewen. My punt: As jy gebore is in Suid-Afrika, was dit so bestem voor die fondasies van die aarde gele was, dat jy in SA sal wees en deel wees van die land, vir 'n rede, en 'n doel en dit is tyd dat jy in jou roeping ingaan. Die Here het die lig in SA ingestuur en die tyd is min (vir kinderpraatjies), ons moet hande neem, want Afrika gaan nou homself evangelize! Net wat in die Here se naam gedoen word, sal bly staan! Deal daarmee.
ShawnT 12/29/2009 8:28:35 AM
Ek het nog altyd vir elke volk en nasie hulle plekkie in die son gegun. Maar die swart volk van SA wou nie daardie plekkie he nie. Hulle wou eerder weer n ander volk se plek he.....Het jy verwag hulle moet tevrede wees met daardie minderwaardige plekkie wat "jy" hulle gegun het..ja ek praat met jou,alkie!
alkie 1/10/2010 9:08:10 AM
Shawn,  hoekom het hulle nie gebou en gewerk soos ons ouers nie? Nee,  want Afrika kultuur was en is nog altyd gewees,vat dit wat jy wil he.Nie werk daaraan nie. Gaan kyk gerus na die elke swart volk se kultuur nie net hier nie.Dan sal jy dalk slimmer word. Ek het nog nooit gedink dit was en is minderwaardig nie.Ek sien volke wat nie van hulle geleenthede gebruik gemaak het nie. Hulle het gekies om oorlog te maak uit gierigheid.En daarmee het hulle hulle nageslagte verdoem tot n sukkel bestaan.
Betsie 1/10/2010 10:27:13 AM
Hmmm, Rooimier klink my baie gelukkig in sy swart SA. Klaar boedel oorgegee, nie gewoond aan 'n geordende wit samelewing nie. En wys my asb waar jou feite vandaan kom dat toi-toi Hollands was??? Snert, man ...... Dis 'n swart Afrika-kultuur van intimidasie en genot.
danie 1/19/2010 1:15:27 PM
Rooimier of is dit swart mier. Die probleem is nie net die swartes wat in die meerderheid is nie, dis wit veraaiers en blinde groot toonnaels soos jy wat ook bydra tot die probleem.
Mollma 1/24/2010 11:45:19 AM
alkie - Jesus het daardie lyn tot niet gemaak - vir geen oomblik se ons dat jy nou swart bo blank of watter nasie ookal moet sit nie maar ons se leef saam en hou op met die ongegronde haat.Selfs julle kinders word groot met haat wat hulle nie eers weet waar dit vandaan kom nie.Alle patetiese redenasie wat hulle aan jou kant skaar word nie eers deur julle ag geslaan op nie.Dis nie my of jou skuld dat ons in SA opgeeindig het nie want ons het nie n besluit uitgeoefen nie maar dis ons besluit hoe ons voort gaan.
@danie - Ons almal het n keuse hoe ons terug redeneer.Jy weet wat se die bybel oor jou siening of weet jy nie.
@Josef - Stem saam daarmee.Nie almal kan nog sulke dinge sien en verstaan nie.Maar hierdie blinde afrikaners se oe sal oopgaan.Niemand is groter as die lewe nie en op die ou einde sal almal van ons se knie buig. Hoekom bevorder die afrikaner nie hulle kultuur binne in die land nie , nee hulle wil beheer he en dan kan hulle lewe.Belaglik
Hannes uit Perth 1/31/2010 8:55:15 AM
Ek wens Afrikaners kan op hou om in terme van "wit" en "swart", "blank" en "nie-blank" te dink. Ons het die reg om teen die verdrukking van ons identiteit, taal en kultuur te verset en hierdie reg word wêreldwyd aanvaar. Ons skiet onsself egter in die voet skiet elke keer wat iemand homself identifiseer as 'n wit mens of blanke as die persoon eintlik Afrikaner bedoel het. Alhoewel ek 'n Australiese burger is, sien ek myself selfs nog as 'n Afrikaner net soos my Japanese, Indonesiese, Chinese en Griekse vriende wat ook Australiese burgers is. Ek mag trots wees op wie ons is, ons kultuur is anders - nie noodwendig beter nie, maar die moeite werd om te verdedig.
skynheiliges 2/15/2010 5:53:28 PM
Ja, ...die linkses en verligtes het baie te sê oor die ongeregtighede van die verlede, (apartheid), ..maar oor die moorde, verkragtings en korrupsie en onbevoegdhede van vandag, is hulle tjoepstil... ......skynheilige spul...!!
Colin 2/28/2010 6:59:30 AM
My probleem is die volgende wat Rooimier kwytraak: "My probleem is met witmense wat ras in alles inlees en álle negatiewe gebeure daarheen herlei. Asof witmense die kopiereg besit op eienskappe soos moraliteit, eerbaarheid, goeie burgerskap, hardwerkendheid en selfs intelligensie". Rooimier, jy het hard op jou kop geval. Wit (ja, jy lees reg) mense probeer so ver as moontlik deesdae van daai een wegbly. Diegene wat daai keteltjie stook is juis ons swart Malema's. Hy kan byvoorbeeld nie twee sinne agtermekaar opdis sonder om die "wit" storielyn te gebruik nie. Dan gebruik jy die woord moraliteit in dieselfde paragraaf. Broer, jy het beslis op jou kop geval. Staatshoof (Zuma) + moraliteit = groot fokapie. Need I say more?
Matt Heyns 2/28/2010 7:01:19 AM
Wanneer Afrikaners ontnugter en vervreemd raak met die huidige goor ou burgerstaat word hulle uit die geledere van die neo behoudendes verwyt dat hulle nie wil help bou aan die nuwe katastrofe nie. Van hulle word sowaar as wragtag verwag om, anders as elke moontlike ander etniese groep ter wêreld, bloot as individue op te tree, nie hulle groepsbelange politieksgewys te verreken nie en dus futiel hulle stemkrag oor die hele politieke spektrum heen te versplinter. ‘n Bekende Afrikaner politieke wetenskaplike en kommentator het hierdie verskynsel "kloek agter die keiser aan" genoem. Sedert 1994 het sommige Afrikananse politieke kommentators hulleself met ‘n enkele sprong uit die vorige gesofistikeerde politieke establishment tot binne in die huidige swart aborsie (hoerhuis) verplaas. En saam met hulle kloek, net soos van tevore ook politici, sakelui, akademici en natuurlik die lieg en bedrieg produkte van die engele fabrieke. Hulle moet net dink en doen wat “binne die raamwerk van die swart regering se beleid val” Viva apartheid!


Matt Heyns 2/28/2010 7:48:27 AM
The non original substitute name Jesus traces back to SUN worship. There is not a single authoritative reference source which gives the name Jesus as the original name of our Saviour. All of them admit that the original form of the Name was Jehoshua or Yehoshua. Net nog 'n voorbeeld van lieg en bedrieg deur die produkte van die engele produkte want die boeke moet klop. Daar is ook nie 'n hemel vir jou die dag as jy te sterwe kom nie. Jou gees sal wag tot die Verlosser na hierdie einste sameste aarde terugkeer en Satan's dominion ended and man's restored. As jy glo sal die nuwe hemel na die nuwe aarde toe kom. Dat die troon van Yahweh die sentrale fokus punt sal wees van dit wat gelowiges as erfporsie sal ontvang. Kyk asb Openbaring 22. Shalom!
Matt Heyns 2/28/2010 7:54:26 AM
Die houding van die neo behoudenes is om van naar te word. In die ou dae was ‘n goue reel vir Afrikaners dat hulle in die politiek net moet dink en doen wat binne die raamwerk van die regering se beleid val. Om daar buite te beweeg was politieke kettery.
Vandag se ekwivalent is ‘n standpunt wat binne die raamwerk van die goor grondwet val. Moenie daaraan dink om wesenlike aspekte van die gebrekkige grondwet te bevraagteken nie. Moet veral nie vrae stel oor die toepaslikheid van die grondwet vir die diep verdeelde samelewing in SA nie.
Dit is inderdaad nodig vir Afrikaners om hulle van die geestelike verknegting van die verlede te bevry en hulle ontrekkingsimtone ná apartheid af te skud. Niks sal ooit voordeliger vir die Afrikaners wees as om die harde werklikheid waarin hulle hulle bevind en die uitdagings wat gevolglik op hulle wag in perspektief te sien nie.
Die neo behoudenes lyk juis al te veel na ‘n poging om post koloniale setlaarskap te probeer rasionalseer. Daarom is daar uit dié geledere selde ooit uitsprake oor uiters relevante en aktuele strydpunte soos minderheidsregte in die algemeen. Om van die posisie van Afrikaanse skole, kolleges en universiteite nie eens te praat nie. Veral is daar nooit, nooit enige kritiek op die uiters gebrekkige grondwet nie.
Die neo behoudenes wil die NSA kritiekloos en onveranderd handhaaf. Hierdie houding moet egter nie verwar word met die posisie van derduisende Afrikaners wat die huidige goor bestel maar net gelate aanvaar en hulle lewens buite om die politieke en aktuele gebeure voortsit nie. Hierdie toestand is geen politieke verskynsel nie maar gewoon die gevolg van swak Afrikaner politieke leiers se versuim om die werklikhede van SA genoegsaam onder hulle aandag te bring en alternatiewe op die tafel te plaas en eerder saam met die swart korrupte magshebbers op die soustrein spring.
Die Afrikaner elite wat menings moet vorm , morele leiding, wysheid en insig moet verskaf het oënskynlik na hulle verraad ‘n stille politieke dood gesterf toe hulle histories in die ongelyk gestel is. Die propaganda oompie doompies se pogings om weer ‘n las te maak sal nooit slaag nie. Nie solank daar nog ‘n maand sonder SON dae is nie.
Matt Heyns 2/28/2010 8:08:55 AM
Rooimier: Die intellektuele lewe ontstaan nie sommer nie. Die intellektuele lewe kom uit die botsings van die praktyk voort. Wat op die vlak van bloot biologiese lewe net die stryd op lewe en dood van organismes is word op hoër vlak 'polemiek' en die begin van 'n intellektuele lewe. Ek praat alleen van die intellektuele lewe maw van die baie eng, helder, bewuste en redelike aktiwiteit van die SA mens. In SA is die intellektuele lewe nog in doeke omdat ons bykans oor geen polemiese literatuur beskik nie. Vandaar hierdie normlose geblêr oor feitlik fokall.
Matt Heyns 2/28/2010 8:18:25 AM
Op ‘n bepaalde tydstip in die geskiedenis van SA is Afrikaners (Kaapse rebelle) deur die owerheid tereggestel omdat hulle aan hulle eie mense (Afrikaners) se kant geveg het. Vandag word van hulle deur etniese gruweldade om die lewe gebring. Daarom is dit verstaanbaar as hulle trou en lojaliteit maar traag verskuif word na die nuwe SA. Daar is net eenvoudig te veel spanning tussen die Afrikaner en die goor ou staat. Hierdie ongesonde toedrag van sake kan taamlik vinnig verskillende vorms van verset aan neem.
Die grondleggers van ‘n nuwe kunsmatige nasie in SA probeer klip hard om ‘n nuwe nasionale identiteit tot stand te bring maar faal onteenseglik in hulle nasiebou pogings. Selfs hulle eie ondersteuners Sharpeville hulle alweer sonder dat Afrikaans die regte oorsaak is. Hulle pogings om Afrikaner en ander se groepsidentiteite gaandeweg te verweer is een van die onrusbarende oorsake waarom hulle bitter min steun van die meeste Afrikaners kan verwag om die nuwe SA te maak werk.
Hoe lank nog sal van die Afrikaner verwag word om hierdie mislukte en korrupte staat te probeer red. Die sogenaamde nuwe nasie is erg genoeg om te trotseer as jou mense deur etniese gruweldade uit gemoor word. Die meeste Afrikaners is gatvol om al weer ‘n nuwe nasie te konfronteer. Selfs die eenstroombeleid van ‘n Louis Botha, met sy konsiliasie benadering, het nie gewerk nie. Die Afrikaner wou eenvoudig nie met die Brit saamsmelt nie.
Afrikaner nasionalisme sal nie tot rus kom voordat die volk onder sy eie owerheid en op sy eie grondgebied as ‘n staat gevestig is nie. Die Afrikaner sal beslis nie sy etniese eenheid prys gee nie want die eie staat word tot op groot hoogte met die Afrikanervolk as etniese eenheid vereenselwig.
Die huidige of beoogde burgerstaat in SA sal nie slaag nie omdat die meeste Afrikaners weier om trou aan die nuwe wanorde te verleen. Shalom!
Andre 2/28/2010 8:44:17 AM
Hoe kan mens enigiets ernstig opneem van n blog skrywer wat ons grondwet as "Wat vír ons almal werk is 'n uitstekende grondwet wat regte beskerm" beskryf. Dit is seker die enigste grondwet in die wereld wat rassediskriminasie voorskyf en aanbeveel en dus waarskynlik die mees absurde grondwet is. Of waar dink jy kom die diskriminatoriese AA en BEE en BBEEE en al daardie afgryslike konsepte vandaan.
Regstelling mag nie uit diskriminasie gebore word nie, maar uit opleiding.
Wat beteken jou laaste sin; moet die blanke maar n tweedehandse burger word?
RooiMier 2/28/2010 9:42:41 AM
Andre, doen die moeite om 'n kopie van die grondwet te bekyk en jy sal agterkom dat die probleem in SA nie daar lê nie. Die uitspraak in die saak wat die polisiekaptein die afgelope week oor rassediskriminasie in die polisie gewen het, stem presies ooreen met wat in ons grondwet vervat is. Dis by die implementering waar die probleem kom, en mense wat onkundig is oor hul regte. My laaste sin het te doen met die wittes wat vir jare der jare in hierdie land geleef het asof dit 'n blanke land was -- met 'n swart werkerskorps wat hulle (die wittes) kon beheer en uitbuit soos dit hulle gepas het. En moet nou nie vir my kwaad word hieroor nie, ek het nie die geskiedenis geskryf nie. Feit is, die wittes is 'n klein minderheid in dié land. Tweedehands? Dit sal van elke individu self afhang. Ek voel beslis nie tweedehands in my land nie, ten spyte van dinge wat ernstig fout is. Maar dan, ek eien myself nie die reg toe om oor ander te heers nie.
Brentie 2/28/2010 12:41:22 PM
RooiMier
Ja jy het nie die geskiedenis geskryf nie,
maar jou vertolking daarvan en die grondwet
laat ook maar veel te wense oor.
Wat help dit om regte te he as jy nie oor
die mag beskik om die reg toe te pas nie
en gedurig hof toe moet hardloop om toe te sien dat jy dit waarop jy geregtig is wel
torgepas word.
Hierdie is 'n arbeidshof uitspraak en nie
'n konstitusionele hof nie wat dalk 'n ander
siening oor dit mag he.
Jy maak jouself skuldig aan growwe veralgemenings sover dit die geskiedenis
aangaan.
As jy enigsinds gekyk het na die bevolking-
samestelling bv van die jare 1900/03, toe daar +/- 5M mense was waarvan rofweg
500 000 Britse soldate was sal jy besef
dat dit nie die verslane boere was, wat
met 45 verwoeste dorpe en 30000 afgebrande
plase en talle in gevangenisskap en konsentrasiekampe gehad het, wat apartheids
maatreels toegepas het maar wel die Britte.
Dit is juis onder die ou NP wat daar 'n
bevolkingsontploffing plaasgevind het en
gegroei het tot 39M in 1994 waarvan amper
30M anderskleurige was.
Hoe het jy verwag moes dit gehanteer word
soos om basiese huisvesting en onderrig te
verskaf deur 'n bevolking wat self tot
1953 skolevoeding gehad het en gesukkel het
om blanke armoede hok te slaan?
Noutoenou 2/28/2010 4:24:56 PM
Ag K@K rooimier, hoekom gaan kyk jy nie in die res van Afrika hoe dinge werk nie. Rasse sal nooit in der ewigheid saam kan regeer nie. Huidiglik is dit die swartes se beurt ons wittes se beurt kom weer. In laasgenoemde geval moet jy maar liewer verkas na 'n ander Afrikaland want jy en jou soort gaan nie baie vriende hê hier nie.
Matt Heyns 2/28/2010 5:10:19 PM
Rooimier: Jy is 'n leek wat die grondwet se inhoud betref. Waar in die gebrekkige grondwet sal jy minderheidsregte vir die Afrikanervolk vind? Die gomgat grondwet kon nie eens 'n vooraanstaande Afrikaner (Louis Luyt) se individuele reg beskerm nie. Daarom kon Mandela, as hoof van die staat, 'n siek grondwetlike staatsgreep, toegelaat deur die KH, teen hom uitvoer. Jy weet maar bra min van die gebrekkige grondwet af wat na die ondertekening van die Notule van Verstandhouding, deur die ANC geskryf is omdat Kakenbene in sy besopenheid die Plaas weg gegee het. Vra vir Mandela of dit die waarheid is. Die grondwet is 'n totale Afrika aborsie omdat die Afrikaner se powere politieke leirs nie oor die morele moed beskik het om die swartes teë te gaan nie. Hulle hormone was in geheel uitgeput. In Afrika help 'n pap lat nie veel nie.
bedlamp 3/14/2010 12:48:35 AM
Nee wat jou twak is nat. Ons kinders het al sedert 94 'n skoolloopbaan saam met ander rasse in die klaskamer voltooi. Op universiteit kon hulle ten spyte van beter punte sekere kursusse nie swot nie omdat plekke vir swart landgenote gereserveer is. Toe hulle begin werk moes hulle maar poste by die plattelandse takke aanvaar omdat die stedelike poste vir swart mense gereserveer is. Voeg nou Malema se manewales by en dan verklaar jy die mense se polarisasie en ongemak is die nalatenskap van apartheid. Dis darem te dik vir 'n daalder.
Flip 3/14/2010 11:14:22 AM
As Rooimier nie eens die woord reg kan spel nie, hoe gaan hy ooit verstaan waaroor dit gaan! Ek self verstaan nie toyi-toyi nie - mense wat vrolik dans om hul ontevredenheid te demonstreer. Hulle lyk nie eers kwaad nie! Bly ons grootste probleem nie steeds kommunikasie nie. Mense praat, skryf, lees en doen almal in hul eie tale en dit bereik nie die oog en oor van die teikengroep op wie dit gemik is nie. En nog die ergste: formele woordrumoere van kwasi-geleerdes dryf saam met rou riool in kleindorpse strate weg.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Learning Delivery Specialis

KwaZulu Natal - Durban
MultiChoice Africa

Lead Architect

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...