Op vlerke: Braaikos in Letaba

2012-09-21 13:26

Terug op die teerpad kry ons koers na die Phalaborwa-hek, hou daar onder ‘n skaduboom stil en gaan kyk wat hulle by die restaurant in die winkel te bied het. Kry ons ‘n bakkie vrugteslaai met roomys elk voor ons die tog terug na Letabakamp aanpak.

By Erfplaas-watergat, ‘n end anderkant die Masorini-ruïnes, staan ‘n olifantkoei en water suip. Rustig trek sy die water in die slurp op, bring die slurp na die bek terwyl water langs die slurp af stroom, laat die water in die bek val en loop van die water uit die bek terug in die dammetjie. Terwyl sy suip, is die regter-voorbeen gebuig en so entjie van die grond gelig, wieg sy die been vorentoe en agtertoe. Nou en dan stut sy met die poot op die grond, lig die regterkantse agterbeen en vryf met die poot teen die agterkant van die ander been.



Verder langs die pad sien ons weer die reuse-miershope in die veld.

Drie uur die middag is ons terug in die kamp. By die rondawel maak ons koffie en sit gesels ons op die stoep oor die dag se jag. Stap ons later na die omheining aan die kant van die  kamp en gaan sit op een van die bankies wat oor die rivier uitkyk. Hoor ons bruikopvisvangertjies in die bome. Vlieg hadedas skuins bo ons verby in die rigting van die rivier ...  ‘haa!’... ’haa!’.

Voor die restaurant teen die wal is die rooikeelbyvretertjies weer doenig by hul neste. Gesels!

Tussen die riete by die wal gewaar ons beweging op die grond: ‘n bosveldfisantjie en kleintjies. In die rivierbedding staan ‘n paar olifante in die riete en vreet. Een staan onderkant ons naby die omheining, draai sy slurp om die riete, pluk die bokant se blare af en steek dit in die bek. Skuins die kant tussen die riete kom ‘n Nyala-bul nader gestap water toe. ‘n Goeie paar honderd treë verder op in die rivier lê ‘n klompie seekoeie op ‘n sandbank. Rooibokkies kom teen die wal van die rivier af, op pad water toe.

Op pad terug na die rondawel maak ons ‘n draai by die winkel en koop skaaptjoppies vir die aand se braaikossie.



Speel apies in die bome voor die rondawels, jaag die jongetjies mekaar, kry een die ander beet en rol hulle op die grond soos hulle mekaar karnuffel. Sit enetjie op ‘n waterkraan, draai sy kop onder die kraan in en drink van die water wat af drup. Kom die bosbokkies weer tussen die rondawels deur gekuier. Hardloop enkele boom-eekhorinkies voor die rondawels oor die oopte van een boom na ‘n ander, maak geluidjies, jaag mekaar. Sien ons ‘n rooibeklyster agter kossies aan. Hoor ons nou en dan ‘n rooioogtortelduifie, ‘n keer of wat die bruinkopvisvangertjie.

Kate begin met aandete. Die braaipan en potjie vir die mielierys word uitgehaal. Maak ek ‘n cabernetjie oop en skink solank vir ons ‘n knertsie. Van die manne in die ander rondawels se vure brand al hoog. Kate skil ‘n paar aartappels en verdeel dit. ‘n Ui word opgesny en in die braaipan gebraai, word die tjoppies weerskante geseël. Die gebraaide ui word terug in die braaipan saam met die tjoppies geskep en volg die aartappels. Sout en peper. ‘n Aftreksel word bygegooi en dan kom die deksel op. Word die mielierys later in die potjie gaar gemaak.

Ligte in van die rondawels kom al aan. Terwyl die kossies aanstap, maak Kate ‘n mengelslaaitjie: tamatie, blaarslaai, advokadopeer, rooi en geel soetrissie, agurkie en slaaisous.

Na ete stap ons na die kant van die kamp en sit vir ‘n wyle op ‘n bankie teen die rivier. Hoor ons ‘n hiëna. Seekoeie gesels weer hoër op in die rivier. Later stap ons terug na die rondawel, sit op die stoep en drink koffie voor ons regmaak vir die nag.




Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-9°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 10-18°C Rain showers. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!