Op vlerke: Lala-olifant

2012-10-16 14:20


Langs die Shingwedzi-rivier loop ‘n olifant in die veld. Sien ons ‘n familie bromvoëls kossies soek. Verder tot by Shingwedzi-kamp is die veld redelik stil. Die middag laai ons ons bagasie in die rondawel af en besluit om, na ‘n wyle se ontspan en ‘n koppie koffie op die stoep, ‘n entjie in ‘n noordelike rigting te gaan verken.

Buite die kamp draai ons regs op die brug oor die Shingwedzi-rivier. Links oor die brug sien ons olifante in die droë rivierbedding. By die Lamont watergat ‘n paar kilometer verder staan ‘n klompie buffels. Heel party lê op die grond en herkou. Ander kom uit die veld nader. Staan ‘n paar by die suiping en water drink. Waai hulle die ore en met die sterte. Sit renostervoëltjies op die buffels se rûe en op die koppe. Heelparty is onder by ‘n buffel se ore doenig, skud die buffel die kop om van die gepla ontstae te raak. Vlieg die voëltjies op en kom dan weer terug. Sit ‘n voëltjie langs die buffel in die grassies en pik, vlieg op en gaan sit op die voorlyf van ‘n ander buffel.



In die Gorra-omgewing staan ‘n olifant by ‘n klompie Lala-palms. Stap nader, druk die kop tussen die palm blare in. Kou en tree effe terug. Kraak dit soos sy kou.  Kom sy weer nader, vou die slurp om twee palm takke en maak die blare bymekaar, knak die blare aan die bokant van die takke, steek dit in die bek en kou die blare van die takke af, kraak...! Sit ons vir ‘n tyd en kyk, draai dan om en ry terug in die rigting van die kamp.



Regs van die brug oor die Shingwedzi rivier is die klompie olifante, wat vroeër daar rondgestaan het, besig om gate in die droë rivier bedding met die voorpote te grawe. Werk hulle die sand uit die gate terug. Die kleintjies staan ook nader, ongeduldig. Gaan een nou en dan op die knieggies af, druk hier voor ‘n grote, wat besig is om te grawe, verby, skuins die gat in, kom dan weer met die lyfie agteruit, beur regop en probeer by ‘n ander olifant wat grawe.

Aan die anderkant van die brug skarrel ‘n gebande-muishondjie nou en dan van regs na links oor die pad. Ons ry nader en sien ‘n hele groepie in die grasse agter lae bossies die veld in verdwyn.

‘n Ent voor die kamp kom ‘n trop bobbejane oor die pad gestap. Party klim in bome langs die rivier, ander gaan sit op die wal en kyk rond, vang een op die grond met die oë en vroetel met die vingers. Hoër op die tak van ‘n boom sit die groot mannetjie. Van die kleintjies jaag mekaar, spring af in die takkies van lae bossies, skree een moord, jaag mekaar dan verder.

In die kamp gaan ons eers by die rondawel aan, stap winkel toe. Koop ‘n sak ys, vars sampioene, ‘n houertjie vars room, Mopani-braaihout, ‘n pakkie vuuraanstekers en ‘n blikkie Windhoek-vatbier vir elk. Terug by die rondawel ontspan ons met ‘n koppie koffie voor ons na vyf die vuur aansteek. Kom sit ‘n paar geelbekneushoringvoëls in die bome, maak geluide, vlieg af na die grond en aas rond. Nou en dan vlieg spreeutjies verby. Sien ons heelparty boom-eekhorinkies mekaar oor die grond en in die bome in jaag, pof die sterte.

Kom aan die kant van die kamp ‘n troppie apies speel-speel aan, klouter in ‘n boom by die rondawel langsaan, spring op die dak, jakker. Spring weer in die boom en kom speel-speel af. Hardloop een die stoep op en gryp ‘n pakkie beskuitjies wat op die tafel lê. Gaan sit daar anderkant in ‘n boom en sukkel om die pakkie oop te kry.

Na vyf steek ek die vuur aan en maak vir ons elk ‘n blikkie Windhoek oop. Kate het intussen klein aartappeltjies in ‘n potjie op die stofie gesit en is besig om ‘n mengelslaaitjie klaar te maak. Die kruisskyf wat ons die oggend by Mopani-kamp gekoop het, het Kate reeds  gespesery en in ‘n toe houer gesit. Later maak Kate ‘n dik sampioenroom-sousie. Maak ek vir ons ‘n pinotagie oop.



Hoog staan die vlamme en pak ek nog so twee stompe op, skuif aan ‘n houtjie wat skuins lê. Warm vuur. Mopani-hout. ‘n Effe luggie trek. Brand die vuur nou eers lekker. Skink ek vir ons elk nog so ‘n glasie. Gee kans. Sit gesels ons nog so ‘n tydjie. Die vlamme lek-lek aan die binnekant van die stompe, trek van mekaar en begin die houte kole maak, gloei. Staan ek nader en krap die houtjies oop. Staan so effe tru.

Enkele van die stompies is nog nie heeltemal uitgeband nie, vlam nog en laat ek die rooster tot net bo die vlamme sak. Hoor ons die kruisskyf as dit met die rooster kontak maak. Los vir so paar sekondes. Draai om en laat lê. Nog so paar maal. Lek die vlamme teen die vleisie. Die geur van gebraaide bief en spekkies hang in die lug, vlam die rooster van die vetjies en word die kruisskyf goed bruin in die vlamme klaar gebraai. Word die biefstuk verdeel en in ‘n opskepbak gesit. Gooi ek vir ons elk nog so ‘n laaste pinotagie om met die ete te nuttig.

Skep Kate  ‘n paar aartappeltjies, ‘n mengelslaaitjie en ‘n ruim porsie kruisskyf in die borde vir elk met sampioenroom sousie oor. Sny ons sulke skuins vlerkdun skyfies van die kruisskyf, vang so puntjie van die spekkie... sappig, met die sousie daarby. Sit eet ons.

Ná ete was een die skottelgoed, die ander droog af. Pak ek daarna so paar groot stompe op die kole, maak koffie. Sit gesels ons oor die dag en oor die uitsien na die volgende twee nagte in Olifants. Tuur ons in die vlamme. Slapenstyd het aangebreek. Rustig het dit ook by die ander rondawels geraak.

In die die nag raak ek wakker, luister, hoor ek ‘n maanhaar se steungeluide ‘n end weg buite die kamp. Nes ek begin insluimer, kom daai ...’úúúh’...’úúúh’…’uuh’...weer oor die veld. Lê ek vir ‘n tyd wakker, hoor weer die leeu, sluimer na ‘n tyd in en kom daai uit-die-maag-steungeluide weer oor die stilte van die nag. Kom ek later agter Kate is ook al hoeka wakker. ‘n Paar maal deur die nag brul die leeu, gaan deur murg en been, klink of dit hier in die kamp is, hier by ons, hóéndervleis. So het dit die hele nag aangehou en het ons seker eers so end voor dagbreek weer effe van ‘n slaap ingekry.

Teen dagbreek staan ons op, maak Kate vir ons ‘n ligte ontbyt. Sit sy ook vir ons skyfies van die vleis, van die vorige aand, in ‘n houer met ‘n bruinsaad tamatie-en-blaarslaai toebroodjie vir elk, wat ons later die oggend in Mopani kamp, op pad na Olifants, gaan nuttig. Sit ons op die stoep en ontbyt met ‘n koffietjie. Is die neushoringvoëls en spreeutjies al vroeg op die braai doenig en kom sit paar spreeutjies op die stoep se muurtjie. Draf die neushoringvoëls nader en hoor ons ‘n rooioogtortelduifie in die bome. Ons pak die kar.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Flip Raath sê... Christiaan. Dit is wat genoem word...Kinderlike geloof. Geloof gestroop van enige feitelike kennis. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.