Op vlerke: Njalas en Mooiplaas-bobbejane

2012-10-24 15:25

Op pad na Mopani-kamp is dit aanvanklik mistig, maar later trek die mis weg en is dit ‘n lieflike sonskyndag. Kan voel dit gaan die dag lekker warm raak, sal die water naby moet hou.

Buite die kamp, links van die Shingwedzi rivier, stap ‘n klompie rooibokkies in die veld. Staan ‘n paar buffels by die afdraai na die Mopani-pad. ‘n End verder sien ons kameelperde dáár agter bome. Anderkant die rivier loop ‘n olifant nou en dan op die wal.



Later sien ons ‘n Njala-bul links in die veld op pad na die ruigtes. Ons hou stil. Donker is die kop en lyf. ‘n Groot enkel draai in die horings wat aan die bokant vorentoe wys. Wit tussen die oë. Lang nekhare, veral onder die keel met hier en daar wit in die hare en wit strepe oor die lyf. Kaal gelerige onderbene. ‘n End verder kom ook drie ooitjies met hul gelerige lywe en wit stepe uit die veld regs van die pad, stap na die linkerkantse veld die ruigtes in. Sit ‘n breëkoparend in die toppie van ‘n boom.

Vorentoe sien ons ‘n stroompie water en riete onder in die rivierbedding. Ons ry nader na die kant van die pad en hou stil. Staan ‘n saalbek-ooievaar op die sandbank teen die water. Op pad na Olifantsbadpan sien ons twee sekretarisvoëls in die veld. By die Bowerkop watergat, ‘n endjie voor Mopani-kamp, loop vier vlakvarkies en twee mannetjie volstruise. Staan ‘n paar koedoe'tjies onder bome. Stap ‘n skilpadjie op die skouer van die pad.



In Mopani kamp rek ons bene by die dagbesoek piekiekplek, nuttig ons die vleisie en toebroodjies wat Kate die oggend ingepak het saam met ‘n koppie koffie onder die lapa. Hoor ons voëltjies in die bome, ook weer die kwêvoël en rooikeelbyvretertjies. Ons stap na die groot kremetartboom in die veld oorkant die pad, vertoef ‘n tydjie daar en bekyk die gate hoog op in die boom se stam. Lees die inligting op die kennisgewings onder langs die boom en sien die groter gate is waarin broeipare Nonnetjie uiltjies hul neste het.

Ons maak ‘n draai by die winkel kompleks langs die Pionier-dam, sit suikerbekkies by die ingang teen die aalwyne se blomme. Ons stap na die uitkykpunt oor die dam, beloer wat daar te sien is en pak die rit na Letaba-kamp aan, waar ons so by middag ‘n rooibosteetjie by die restaurant teen die rivier gaan geniet, voor ons die tog verder na Olifants kamp aanpak.


In Mooiplaas omgewing sien ons ‘n waterbok links in die veld. Vorentoe, tekens van bobbejane. Stap die trop end verder aan op die pad en in die veld. Hardloop van die kleintjies verby, sit so hier en daar ene op die ma se rug, daar op die kruis, regop, kyk rond.

Sien net ore. Speel enkeles op die pad en in bossies, ry op takkies, spring van die takkies op die grond en hardloop weer die boompie in.

By Middelvlei loop nege stuks kroonkiewiete in die veld langs die pad, vlieg op oor die veld, gaan sit en maak geluide …..’kreeep’…..’kreeep’…..’kreeep’, vlieg op oor die pad met hul geluide en gaan sit weer in die veld. In Twisappel omgewing, op pad na die brug oor die Letaba rivier, lê ‘n groot klomp buffels weerskante van die pad, enkeles loop in die veld, staan een en “veg” met die kop teen die tak van ‘n lae boom.



Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 11-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Showers late. Morning clouds. Mild. PE: 11-20°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!