Op vlerke: Pioniersdam

2012-10-02 14:36

Vroeg die volgende oggend geniet ons koffie en ‘n beskuitjie op die stoep. Die kar word gelaai. Ons gaan die nag in Shingwedzi oorbly voor ons die volgende dag na Olifantskamp vertrek. Op pad na Shingwedzi beoog ons om laat ontbyt in Mopani-kamp te nuttig. Kate het vir elk ‘n tjoppie van die vorige aand ingesit, die aartappels wat oorgebly het in skyfies gesny en op toebroodjies gesit vir die laat ontbyt.

Langs die Letaba-rivier, op pad na Mopani, loop heelwat zebras en rooibokkies links in die veld. Staan twee kameelperde en vreet sade van ‘n boom. Nou en dan laat val een ‘n saad, plaas die voorbene uit mekaar, laat sak die kop en tel die saad met die lang blou tong van die grond af op. Is rooibekrenostervoëltjies doenig teen die nekke en om die boude. Regs van die pad in die rivierbedding is kolganse en watervoëls op ‘n sandbank en in die water bedrywig. ‘n Paar Maraboe’s staan daar by. Sit ‘n visarend in ‘n boom. ‘n End verder, ‘n Afrikaanse Jagarend.



Op die brug oor die Letaba rivier klim ons uit. Sit hope watervoëls in die rivier bedding, ander swem in die water. Sien ons ‘n trop rooibokkies aan grassies vreet en waterbokke wat uit die ruigtes na die rivier af kom.

‘n Ent verder staan plate en plate katbos, vir kilometers, weerskante van die pad. Loop ‘n volstruismannetjie en soek kossies. Nie ver daarvan nie staan ‘n trop blouwildebeeste. Regs van die pad staan ‘n steenbokrammetjie aan grassies en vreet. Sien ons enkele buffels. In die Mooiplaas-watergatomgewing hardloop ‘n troppie zebras agter mekaar die veld in. Staan die stowwe. ‘n Berghaan kom sit vorentoe in die pad, begin aan iets op die pad vreet, tel dit op en vlieg die lug in.

Aan die regterkant binne die ingang na Mopani kamp spuit ‘n sprinklaar water oor die grasperk. Sit ‘n kwêvoël op die gras onder die kraan waar water by die tuinslang se koppelpunt kwistig uit spuit, sprei die voël die vlerke en draai die lyf onder die watertjies wat op hom val, bad, vlieg na die takkies van ‘n boompie, kom sit weer op die gras onder die vry lekkende kraan, bad en vlieg weer tot op ‘n takkie in die boom.

By die dagbesoek piekniek plek gaan sit ons met die kosmandjie en drasak koffiegoed by ‘n tafeltjie onder die grasdak lapa. Nuttig die tjoppies en toebroodjies saam met ‘n koppie swart koffie. Later ry ons na die restaurant kompleks by die Pioniersdam. Voor by die ingang is die aalwyne en impalalelies vol in blom, skakerings van pienk, geel, oranje tot rooi. Kuier die voëljies. Stap ons op die loopareas aan die voorkant van die restaurant na ‘n uitkykpunt oor die dam. Hoor ons die growwe ‘krrrr’.....’krrrr’ van die rooikophoutkapper voor hy los trek met sy kenmerkende klanke.

Op die wal, onderkant die uitkykpunt, stap ‘n paar kolganse en bontkiewiete met hul geluide. Gesels die voëltjies by ons in die bome. Twee kwêvoëls woel in boompies hier by ons, maak geluidjies. ‘n Eekhoringkie verskuif nou en dan op ‘n takkie. Aan die oorkantse wal kom olifante uit die ruigtes water toe. Enkele seekoeie lê daar naby in die son en bak. Twee kameelperde in die verte.  Skuins regs op die wal sit ‘n visarend in ‘n boom. Roep. Regs op die wal, aan die anderkant van die dam, stap ‘n stuk of tien waterbokke en wei.



Ons maak ‘n draai in die winkel en kyk wat hulle te bied het. Gaan kyk ons ook by die vleise. Lê daar ‘n gewigtige 1½" dik kruisskyf met ‘n ¼" spekkie aan die een kant. Koop! Terug by die kar sit ons dit in die koelsak en pak die tog verder na Shingwedzi aan.

By die Steenbokskeerkring anderkant Mopani hou ons stil en lees die plaat met ‘n skrywe en kaart daarby wat op ‘n groot klip monteer is.

In die omgewing van Eendrag staan ‘n olifant, die slurp is gelig en druk sy  teen ‘n boom se stam met die onderste deel van die slurp tussen die tande. Stap dan in ‘n noordelike rigting. Gaan staan aan die takke van ‘n boom en vreet, stap verder. Haastig. Ons volg haar vir ‘n wyle en ry later aan. Sien ons ‘n end vorentoe ‘n sementdam aan die linkerkant van die pad waarheen die olifant op pad is.

Verby Olifantsbadpan, ‘n end weg regs die veld in, sien ons iets tussen die bome beweeg. Ons hou stil, gaan vorentoe, dan weer effe terug. Soek. Kan ons later die vorm van ‘n bok tussen die takke deur uitmaak. Sit en raai ons. Vir seker nie ‘n rooibok of ‘n blesbok nie. Ons dag eers dit is een. Die kleur is ook nie reg nie. Staan en wei. Kop in die grond en kan ons nie die horings sien nie. Probeer ons die bok aan die vorm tussen die bome deur eien. Beweeg die bok so effe, gaan staan en vreet weer, beweeg en kom later agter die bome uit, sien ons toe die hele lyf, kop en horings. ‘n tsessebe.

Naby die Nkokodozi-brug sit twee opgeskote hiënatjies langs die skouer van die pad. Stap een teen ‘n walletjie hier naby af en verdwyn langs die pad. Die ander ene gaan lê en krul hom op, lê op die voorpote. Kan sien die ene is lus vir slaap. Wonder ons wat het van die ander ene geword. Ons beweeg nader na die kant en druk die kar se neus oor die skouer van die pad. Sien ons by die grondwal die een end van ‘n groterige waterpyp wat onder die pad deur loop. Lê die ander hiënatjie skuins op die voorlyf, net ‘n deel van die lyf en koppie steek aan die end van die pyp uit.




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Willem de Haan sê... Daar is die regering se propagandastories, daar is die andersdenkende optimiste se fairytales en daar is die pessimiste se donkere voorspellings - en dan is daar die eintlike werklikheid, wat deur die mark bewys word. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R850000 - R900000

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.