Op vlerke: Rooivoet

2012-08-23 15:18

Vorentoe gewaar ons aasvoëls wat op lugstrome ry, daar ver bo in die lug. Op pad verder sien ons ‘n berghaan, of Rooivoet soos ons hom gedoop het, wat oor die grond sweef met die nek gekrom op soek na ‘n vangsie. In die lae takkies van ‘n bossie sit ‘n vleiloerie, ons hou stil en beweeg die loerie na die agterkant van die bossie.

Nou en dan beur ‘n klein skilpadjie oor die pad. ‘n Trop tarentale draf op ‘n streep in die veld. Van hulle gaan staan by tye en pik op die grond, draf dan verder. Hoor ons die roep van ‘n boskorhaantjie in die Ngotso Noord omgewing. Vlieg swaeltjies in die lug en vir lang endte in die pad, duik, jaag en swenk agter kossies aan net bo die oppervlak van die pad en in die lug. Loop daar gereeld rooibokkies in die veld en oor die pad.



Regs van die pad voor die brug oor die Olifantsrivier sit twee berghaantjies op die takke van ‘n groot droë boom. Vlieg ‘n visvalk vanuit ‘n boom daar naby en duik op die een berghaantjie af. Vlieg die berghaantjie op en gaan sit op ‘n ander tak, maak die visvalk die vlerke oop, waai die vlerke en mik- mik na die berghaantjie, vlieg weer op die berghaantjie af en gaan sit die berghaantjie op ‘n tak verder aan. Vlieg die visvalk op die tweede berghaantjie af en verjaag hom. Kom ‘n tweede visvalk vanuit die boom daar naby en duik op die eerste berghaantjie af. Die berghaantjie kies koers in die rigting van die veld met die visvalk agterna.

Op die brug oor die Olifantsrivier klim ons uit die kar, beloer die omgewing en kyk weerskante van die brug in die rivier af. Lê enkele krokodille op sandbanke. Steek ‘n paar seekoeie se rûe naby riete in die water uit en lê ‘n klompie seekoeie verder af teen die wal en op sandbanke en bak. Windswaels vlieg in die lug en onder die brug deur …..’tjirrrrr’…...’tjirrrrr’. Oorkant die rivier kom ‘n waterbok bul uit die ruigtes teen die wal af na die water toe. Roep twee visarende in die verte.

Anderkant die brug draai die pad weg van die rivier, bergagtig, kom later weer terug en wys die rivier aan die linkerkant van die pad. In ‘n laagte en oor ‘n grasvlaktetjie draf ‘n paar tarentale. Voor die afdraai na Olifants kamp, links van die pad, is die N’wamanzi uitkykpunt. Sit apies in die bome. Weerskante van die uitkykpunt  in die rivier lê enkele seekoeie teen die sandwal. Hoor ons die geruis van die water.

Verby die afdraai na die kamp op die Letaba pad hou ons langs die rivier in die skadu onder groot bome stil. Daar is nog ‘n halwe toebroodjie, ‘n eier ,’n frikkadelletjie en ‘n hoenderboudjie vir elk oor na die oggend se ete by die dam. Sit ons ‘n ligte middagete saam met koffie en nuttig. Enkele seekoeie lê op middel eilandjies in die rivier en teen die wal. Loop die water redelik sterk tussen die rotse deur. Skuins naby die wal staan ‘n hamerkoppie in die vlak watertjies op ‘n klip, wat skuins die water in loop, en wag vir ‘n vangsie.

‘n End verder langs die rivier sit bobbejane in en onder groot bome. Die kleintjies speel rond terwyl van die grotes op die grond hier en daar iets op tel en in die kieste stop. Nou en dan hoor ons iets dof op die grond val, sit een op die grond en aas. Ons kyk op en sien ‘n bobbejaan daar bo in die boom sit en vruggies vreet, val ‘n vruggie nou en dan op die grond en stop die een hier onder dit in die kies.




Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Dave Du Plessis sê... Goeie môre Danie. Dit was eeen van daardie toevalle. Ek was besig 'n 'n heel ander berig te lees toe diè van hom op die kantlyn verskyn. (Dit is ook waar ek jòune raakgesien het, vanuit 'n ander gesprek) Nie dat ek my aan hom steur nie maar ek het wel daarop gekliek om te sien waar hy nou weer wat kwytraak. So, ek was onmiddelik nadat hy dit geplaas het daar, het na die tyd van plasing gekyk en weet dus dat dit verskyn het met 'n sterretjie vir homself, maar was op daardie oomblik besig om kommentaar te lewer elders en het eers minute later op syne gereageer. Steeds was slegs syne op die kantlyn, vir etlike minute daarna. Baie dankie vir jou uitnodiging:-) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Senior Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.