Op vlerke: Snorkel-olifantjie

2012-08-17 14:26

Op pad na Satara vlieg grootglansspreeutjies nou en dan die veld in en in die pad agter kossies aan. Kom ‘n geelbekneushoringvoël in die pad sit, draf nader na ietsie aan die kant van die pad, pik met die snawel en gooi die kop agteroor dat die kossie in die keel af val. Langs die kant van die pad vlieg ‘n groepie Afrikaanse langstertlaksmannetjies van bossie tot bossie… ’peeleoe’… ’peeleoe’… ’peeleoe’.

Voor die afdraai na die ingang van die kamp loop ‘n rooibokram en sy ooitjies oor die pad. In die toppie van ‘n opgeskote boompie daar naby sit twee voëls... ‘kwêê’… ’kwêê’. ‘n End die veld in staan ‘n vlakvark-beer, ‘n sog en vier kleintjies op die “knieggies” en skoffel met die snoete in die grond. Girts, girts pluk hulle die kort grassies af en vreet.

(In die somermaande teen Desember - Januarie, as die nuweling klein rooibokkies rus, lê of staan hulle sulke plate kindertuinbokkies by mekaar onder die bome. Sien mens die trilling van die jong lyfies en die oortjies wat soos blaartjies in die wind “wapper”. ‘n Ongelooflike vertoning.)

In Satara kamp rek ons bene en loop 'n draai in die winkel. Nuuskierig. Stap ons ook na die kaarte teen die muur buite die winkel wat toon watter diere waar die vorige dag gesien is en tot op die stadium vir die dag. Die voëltjies gesels in die bome. By die suiping, nie ver van die omheining buite die kamp nie, staan blouwildebeeste, kom ‘n klompie zebras aangestap, skud die koppe, waai die sterte. Verder na agter stap rooibokkies die veld in. Op die
grasperk onder die groot koorsbome jaag enkele boom-eekhorinkies mekaar, maak nou en dan geluidjies, pof die sterte en jaag mekaar verder die bome in. Draf 'n grysneushoringvoël en 'n paar lysters agter kossies aan. Skuins naby die restaurant sit 'n skopsuiltjie in 'n lae bossie op 'n beskutte takkie en slaap, die ogies is by tye oop, kyk, wikkel die vlerkies so effe en slaap dan verder.
 
Buite Satara op die Olifantskamp pad loop 'n klompie blouwildebeeste in die veld links van die pad. Later verander die veld: oop gras vlaktes en struik knoppiesdoring.

Sit daar nou en dan 'n blouvalkie in die toppie van 'n doringboompie. Hier en daar 'n troupandjie. Loop ‘n gompou-mannetjie later in die veld aan die regterkant van die pad. Nie ver daarvan stap 'n wyfie ook tussen die grasse en kossies soek. Stap hulle met die lang nekke, soek, steek vas en pik op die grond, stap en soek dan verder. Nou en dan staan ‘n dwergmuishondjie onder by die droë grasse aan die kant van die pad, kyk rond, draai om en verdwyn tussen die grasse.

In die omgewing van die Ntomeni-watergat stap twee mannetjie- en vyf wyfie-volstruise in die veld. Die twee mannetjies waai die vlerke langs die lywe op en af met die koppe laag oor die grond. Stap dan saam met die wyfies oor die pad en in die veld in. Drie kameelperde kom agter ‘n klompie boompies uit en stap oor die pad.

‘n Entjie verder soek sewe bromvoëls kossies. Ses volwassenes en ‘n kleintjie. Elke nou en dan pik een, gooi die kop agteroor en laat die kossie in die keel af val. Groot is die oë met die lang wimpers, loer so na die grond soos hulle stap. ‘n Jongetjie stap geduldig skuins agter ‘n groote, dié soek, pik op die grond en het sy haar vangs… ‘n muis. Die jong bromvoël draf vinnig nader, hou die bek oop. Die muis lewe nog en so hou die groot bromvoël die muis stewig in haar snawel. Die jongetjie raak al meer opgewonde, maak geluide en hou die bek hier by die groote oop. Erg angstig en ongeduldig gaan die jongetjie tekere met al dwingender geluide. Na die muis stil is, sit die grote dit in die kleintjie se keel. Rustig stap die twee toe daarna verder, die grote soek en die jongetjie volg.



Naby die Ngotso-dam stap heelwat blouwildebeeste en zebras nader. Heelparty kameelperde staan aan doringboompies se blare en vreet. Een steek sy kop daar bo tussen die takkies van ‘n doringboom deur, krul sy blou tong om ‘n takkie verder op en stroop die sagte blaarties van die takkie en tussen die dorings deur af. By die dam is daar al reeds ‘n klompie zebras wat aan die regterkant staan en water drink.

Links van die dam kom ‘n jong olifantjie uit die veld, stap die water binne en gaan staan stil, voel die water met die slurp, suig later water op en spuit dit oor die rug. Gaan sit skuins op die boude, net die nek en kop steek uit. Stoot die olifantjie hom vooruit in die water dat dit golwe maak. Slaan met die slurp op die water, lig homself uit die water en plons neer dat die water so spat. Klaps! maak die lyf soos dit die water tref. Sak heeltemal af onder die water in, net die punt van die slurp steek uit. Kom die olifantjie uit die water en plons weer terug met die voorkant... klaps! Suig water in die slurp op en blaas dit die lug in. Dan weer
onder die water in met net die slurp wat bo uit steek. Sak dan heel weg en na ‘n tydjie kom net die pote bo die water uit. Het die olifantjie toe homself onder die water op die bodem van die dam op die rug omgedraai dat net die pote bo die water uit steek. Kom hy regop, blaas weer sproei met die slurp en plons die water in.

Doen die olifantjie die snorkel-slurpie en pote-ding weer, raak dan rustiger en stap na die wal aan die oorkant van die dam, uit en terug die veld in.

* Volgende week: Rooivoet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Kyk, Mense, aardverwarming sal absoluut geen probleem wees nie, as julle net ateïste word. Aldus "wetenskaplike" Aapman Flip.~ Ag, toeee, Mense, dit lyk my as ons en die Mensdom wil oorleef, dan is ons verplig om dadelik ateïste te word.~ Kom nou, Mense, kom ons RED die aarde! Skryf aan Dominie Flip, alias Daantjie Know all, Sunnyside, Boendoes 0002 Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Internal Auditor

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.