Op vlerke: Só stap mens die Kaapsehoop

2013-03-13 15:13

Dit was nie Die Otter nie, ook nie die Kaapsche Hoop-staproete nie, nee. Gedurende die week vertel al die weerberigte die naweek gaan dit oral in die land maar nat wees, baie nat, veral die Wes-Kaap en binneland. Saterdag breek aan, na dit die hele vorige nag gereën het. Nou en dan sulke vlae. Donderweer. Blitse.

Staan ons die Saterdagoggend vroeg op, kyk daar voor op die balkon oor die dorp uit. Reën. Sien net valigheid oor die middedorp. Sê ek later vir Kate ons moet maar dalk, na ons aangetrek het, in die dorp by ‘n Wimpy, of so, in ‘n winkelsentrum gaan ontbyt. Dan kom ons darem uit. Het ek ook maar nie baie geloof in wat ek sê nie, gaats, dit lyk maar nie lekker daar buite nie. Triestig.

Het Kate klaar besluit, staan sy op, gaan maak ontbyt: roosterbrood met botter-advokadopeer, lekker ruim gesmeer. Sagte roereier. Gebraaide repies spek. Swart koffie.

Gaan sit ons onder die lapa teen die huis langs die swembad. Ruik die koffie soos dit verby jou stoom. Daai spekkie. Proe ‘n puntjie roosterbrood met botterpeer en sagte roereier op. Romerig. Kou, hou die smaak so effe op die tong. Vat so happie van die gebraaide spek... kraak! Vat ‘n slukkie koffie. Mensig!

Na ontbyt haal Kate ‘n pakkie varkpootjies en ‘n skaaplies uit die vrieskas om te ontdooi. Later die middag maak sy die pootjies skoon. Sny die skaaplies in blokkies. Gaan dit in die ysterpot op die gas. Stadig word die kerriepotjie vir aandete gekook. Kom later aartappels, geskil en verdeel, by. ‘n Lekker dun sousie. Stampmielies word in die stoompot gesit.



Die aand sit ons knus in die woonkamer op skinkborde en eet. Kou die lymerigheid so van die varkkneukels af, daai klein beentjies, sawwe vleisies. Kerrie. Lek die vingers af. Vatlappie byderhand. Proe die blokkies skaaplies met effe spekkie by. Die aartappeltjies. Vat so ‘n vurk vol van die stampmielies in die dun kerrie sousie geweek. Die TV aan, sit kyk ons die res van die aand James Bond: Thunderball, Goldfinger.

Die volgende oggend is dit nog toegetrek, bewolk, lyk of die sonnetjie wil-wil kop wys. Die reën is verby. Sê Kate ons moet die stapklere gaan aantrek, dan vat ons die pad uit op die Kaapsehoop. Stap so drie kilometer, kom terug. Gaan maak ons reg.

So halwe kilometer van die huis draai ons in die Kaapsehoop-pad af in die rigting van die kwekery teen die Gladdespruit. Skakerings van groen is die bome, vol blare, dig, wag om die somer aan te durf. Lê dammetjies water in die veld. Is die grasse al lank. Hoor ons die voëltjies opgewonde in die bome na die reëns.

‘n Mikstertbyvanger vlieg oor die pad, gaan sit op die takkie van ‘n boom. "Koook-koook-koo-koo"; ‘n lemoenduifie. Die apies, wat by tye in die omgewing rondhang, is nêrens te sien nie. Hier en daar lê Jakaranda-blomme in die pad, sulke plate.

Ons stap later verby ‘n gastehuiskompleks met konferensie- en oornaggeriewe teen die spruit. Staan die aalwyne teen die heining. "Kok-kok-kok-kok" ‘n bloukuifloerie.

Krrrr... krrrr...  die rooikophoutkapper voor hy lostrek met sy kenmerkende klanke. Hoor ons ‘n paar ganse teen die spruit. "Haa!... haa!" ‘n vyf stuks hadedas, end weg.

Voor die kwekery sit hope swartkeelgeelvinkies in twee bome aan die voorkant teen die pad. Bedrywig is die mannetjies. Gedurig doenig by die nessies. Vlieg op, gaan maak ‘n draai in die riete nie ver daarvandaan nie, kom terug met ‘n lang strokie van ‘n riet se blaar, gaan weef dit by die nessies onder aansporing van die wyfies in.

Opgewonde wikkel die wyfies die vlerkies, maak geluidjies. Por.

Anderkant die kwekery vlieg windswaeltjies oor die Brinkspruit en onder die brug deur  ...tjirrrr ...tjirrrr, kwetter hulle. Kabbel water oor die klippe, loop daar onder om die draai, sluit by die Gladdespruit aan. Entjie verder borrel die gewone vleiloerie saggies ...doo-doo-doo. Later, verby ‘n bos riete, hoor ons weer die spruit in die agtergrond.

Naby ‘n landelike gastehuis kompleks hoor ons ‘n Piet-my-vrou se aanhoudende roep. Gaan staan, soek. Sien ons daar hoog in ‘n bloekomboom sit een op ‘n tak. Hoor nog een verder aan, dan nog een. Na agter …hiee-jee ...hiee-jee …hiee-jee … (meit-jie…meit-jie…meit-jie) ‘n ander.



Aan die linkerkant van die pad is ‘n private wild-landgoed. Staan vreet ‘n troppie rooibokke. Waai hier en daar ‘n stertjie. Bewe een se velletjie ‘n keer so by die ribbetjie.

Loop ‘n paar zebras, skud die koppe, waai die sterte. Blouwildebeeste staan end weg onder bome in die veld. Draf ‘n klompie gewone tarentale daar naby oor die grassies, maak geluidjies. Gaan staan, pik.

Ons draai om, stap aan die anderkant van die pad terug. Beloer die wild. So dertig meter regs van die pad staan ‘n paar kameelperde by doringboompies. Die kleintjie sien ons, beweeg agter ‘n boom se stam in, draai die koppie om die stam, hou ons dop. Sien net oë, daai lang wimpers.



Ent verder loop ons weer verby die riete aan die oorkant van die pad. Staan ‘n plaat pragtige lang blou-groen grasse teen die kant. Maak sade. "Diee-diee-dieederik... diee-diee-dieederik..." roep een nou en dan in die veld. Borrel die gewone vleiloerie weer.

Groei hier en daar rooi, geel, pers.

Stap ons oor die brug, verby die kwekery, die bult op. Sien ent vorentoe beweging regs van die pad. Draf ‘n klompie gebande muishondjies op ‘n ry die veld in. Vlieg grysneushoringsvoëls agter mekaar oor die pad ...fee feeoo fee feeoo, gaan sit end weg in ‘n bossie.

Terug by die huis skink Kate vir ons ‘n sappie. Sit geniet ons onder die lapa langs die swembad. Is ‘n mannetjie Afrikaanse paradysvlieëvanger en sy wyfie agter in die bome doenig. "Tienk tienk tienk tienk" die geelblestinker end weg. Gesels die swartoogtiptolletjies in die kleurblare. Vlieg ‘n hamerkoppie... kiep kiep kiep kiep verby.

Hardloop apies oor die huis se dak.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 11-20°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 11-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 19-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 17-21°C Increasing cloudiness. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!