Op vlerke: Trekdrawwertjie

2012-09-11 15:33

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Later pak ons die piekniekmandjie en ry op die Mopani-pad tot by die brug oor die Letabarivier. Sien ons links van die pad, langs die rivier, ‘n troppie rooibokkies nader kom op pad rivier toe. ‘n Klompie zebras staan endjie weg die veld in met daar naby ‘n familie vlakvarkies wat in die grond op die knieggies skoffel. Apies woel vorentoe langs die pad en in die bome.

Op die brug oor die Letabarivier klim ons uit die kar en beloer die omgewing. Teen die bokant van die wal aan die regterkant van die rivier staan twee kameelperde en vreet aan blaardjies van ‘n boom. Anderkant riete, verder af in die rivier, stap ‘n paar waterbokke teen die helling op pad terug die veld in. Dié kant van die brug stap ‘n klompie kleinwitreiers op ‘n sandbank naby die water. In die veld, net bokant die oewer van die rivier, staan ‘n koedoe-bul. Ons hoor ‘n plons in die water ‘n ent weg naby die brug. Kom ‘n reusevisvanger uit die water met ‘n groterige vis in die bek, sukkel-vlieg tot op die sandbank langs die water en skud so keer of twee aan die vis. Sit vir ‘n wyle stil, vervat aan die vis in sy bek en vlieg tot onder die brug.

Op ‘n sandbank in die rivier, links van die pad, stap ‘n klompie rooibokkies op ‘n streep terug na die veld. Hulle moet deur ‘n stroom water om by wal uit te kom. ‘n Entjie voor die stroom begin die voorste bok draf, tel spoed op, trap by die kant van die sandbank in die vlak water vas, gaan met ‘n sierlike sprong oor die water, land net-net aan die anderkant op die sandwal en draf verder die veld in. Die ander bokke volg op ‘n steep met sierlike spronge oor die water. Enkeles trap kort vas, probeer die lywe rek om nie in die water te beland nie, land so driekwart oor die stroom binne die water, hardloop dan verder. Nader aan die brug kom ‘n groterige bobbejaan op dieselfde sandbank aangestap en wil ook aan die anderkant van die stroom wees. Dié het die water so een kyk gegee en stap toe dood luiters deur die water, hardloop aan die anderkant teen die wal uit die ruigtes in.

Ons draai om, ry terug na Letaba en kies die Phalaborwa-pad. Op ‘n bruggie in die pad oor ‘n vertakking van die Nhlanganinirivier hou ons stil. Kom zebras uit die kop af water toe om te suip. Draf dan daarna terug die veld in. Nou en dan sien ons ‘n olifant in die verte. Later sien ons reuse miershope weerskante van die pad.

‘n End anderkant die Swartklipdam, aan die linkerkant van die pad, het die veld gebrand en is die grasse stoppel met hier en daar ‘n groenigheid op die as swart veld. Hardloop ‘n voëltjie, so groot soos ‘n kiewiet sulke kort entjies, hier naby ons. Steek vas, smelt saam met die veld. Onvas lyk dit op die lang beentjies en die koddige lyfie as dit so vassteek. Bruin tot lig-bruin lyfie met swart rande aan die kante van die vlerkies, wit is die onderlyfie en beentjies. Roesbruin koppie met ‘n swart en wit strepie van die oë tot agter die kop en teen die nekkie af. Kyk nou en dan op die grond. Trek weg en hardloop weer ‘n paar treë voor dit vas steek op onvas beentjies. Staan dan met die koppie dood stil, gaan die lyfie van die nek tot by die pootjies op en af. Lyk of die voëtjie in ‘n spasma gaan. Kry die voëltjie ‘n bevloging in ‘n rigting, hardloop, steek vas op die onvas beendjies, bly die koppie weer dood stil, beweegloos, terwyl  die lyfie weer van die nek tot pote op en af gaan. ‘n Trekdrawwertjie. Ons het die bynaam “Drukspyker” gegee.

By die Masorini-ruïnes rek ons bene, bekyk die omgewing en maak ‘n draai by die hutte teen die koppie voor ons die tog verder aanpak. ‘n Endjie verder op die Phalaborwa-pad draai ons links op die sirkel grondpad af na die Sabel skuiling teen die dam. Links van die skuiling se ingang hang ‘n troppie rooibokkies rond. Ons klim uit en neem die piekniekmandjie saam. Sit en drink ons koffie terwyl ons die omgewing bespied.



Oorkant, skuins regs van die dam, kom ‘n trop rooibokkies uit die veld na die water gestap, neem hulle hul tyd en kuier op die wal. Enkele rammetjies jaag mekaar tussen die bome aan die agterkant in die veld soos hulle nader kom met snork en blaas geluide. Aan die linkerkant van die dam kom twee uitgegroeide koedoe bulle uit die ruigtes aan, rustig. Staan op die wal vir ‘n wyle, stap dan teen die skuinste af na die water. Gaan staan nie ver van ‘n klompie riete in die water nie, stap ‘n entjie verder en kom dan water toe. ‘n Ongelooflike gesig as die bulle klaar gesuip het, hulle regop kom en die koppe met die imposante gedraaide horings die lug in op lig. Na hulle klaar gesuip het, draai die twee om, stap teen die wal uit en gaan vreet aan blaartjies van bome aan die bokant van die wal teen die ruigtes.



Op die wal, regs van die skuiling, kom ‘n familie vlakvarkies van die water af, teen die skuinste uit, terug die veld in gedraf. Skuins regs naby die skuiling is ‘n paar voëltjies in die grassies doenig, gaan sit dan op takkies van ‘n naby bossie, vlieg na kossies daar by op die water en in die grassies, gaan sit dan weer in die bossie. Hoor ons nou en dan ‘n plons in die water. Hang ‘n bontvisvanger stil bo die water, duik die water in en kom met ‘n vissie uit, gaan sit op ‘n takkie van ‘n boompie daar naby en slaan die vissie sag voor hy dit sluk. Vlieg dan weer oor die water, hang, en soek nog ‘n vissie.
 
‘n End verder op die grondpad is die afdraai na ‘n droë rivier bedding. Lê die bruin lywe naby bome aan die oorkantse wal en onder enkele lae boompies. Drie, vier, leeuwyfies lig later die koppe, draai op die rûe om en gaan lê skuins op die voorlywe, een poot na binne gedraai.* Ons tel by die vyf kleintjies wat daar naby in die skaduwee lê. Hier en daar lig enetjie ook die kop en verskuif. Staan ‘n leeuwyfie op, versit so ‘n tree en gaan lê weer skuins op die voorlyf. Later sien ons nog ‘n leeuwyfie effe verder aan, dan nog ‘n jongetjie. Lê ‘n groot lyf net agter die leeuwyfies teen die wal. Kom die groot maanhaar regop en gaan lê op die voorlyf met een voorpoot na binne gedraai. Massiewe dos maanhare, die onderste deel van die nek, voorlyf  tussen die bene en bo-op die skouers, ‘n diep donkerbruin. 



* Dit is werklik só met leeus. Dit is hoe hul liggaamstemperatuur gereguleer word. Gaan kyk maar op foto's as hulle lê of in die dieretuin en in die wild. En dit is nie duimsuig nie. Ons was paar jaar gelede by die witleeu-projek in Hoedspruit en het hulle ons daar daarop gewys en vertel hoe dit werk.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-19°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-25°C Sunny. Mild. PE: 15-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Sandton
Communicate Midrand Finance
R650 000 - R700 000 Per Year

Verification Analyst

Sandton
Communicate Midrand Finance
R240 000 - R270 000 Per Year

Accounting and Reporting Manager

Johannesburg South
Network Finance Capital Sunninghill
R600 000 - R650 000 Per Year

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!