Smulpaap: Salm-sasjimi
2012-01-26 15:15
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Salm is deesdae vrylik beskikbaar in die meeste supermarkte. En dit werk aansienlik goedkoper uit om jou eie sasjimi te maak as om die buitensporige bedrae te betaal wat dit in 'n goeie restaurant kan kos. Boonop behoort dit jou gaste aan die gons te kry...
Jy benodig:
- 300 tot 400 gram rou salm in 6-10 cm happies gesny
- 3 eetlepels sesame-saad
- vars heel gemmer, in baie dun repies gesny - 10 tot 15 cm
- spriet-uie, gehalveer
- gereduseerde balsamiese asyn (reduction) na smaak
- sojasous na smaak
Rangskik die salm op 'n bord met die gemmer, sesame-saad, uie en sprinkel die gereduseerde balsamiese asyn oor. Laat elke gas soja-sous na smaak gebruik.
Bedien die salm as hoofgereg met 'n vars slaai of as 'n voorgereg.
Vertel sommer vir jou gaste so onder die smul deur hoe noodsaaklik die omega-3 essensiële vetsure wat in salm te vind is, vir jou gesondheid is. En dan is dit boonop so lekker ook!
