Smulpaap: Wees my Vaaltyn!
2012-02-02 12:54
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Valentyns-kolwyntjies
Dis alweer sulke tyd – Kupido is op al die enkellopendes se hakke. Daar is nie 'n beter manier om jou liefde aan iemand te bewys as deur jou eie handewerk nie. Hierdie resep dra ek op aan my nuutste "crush": Quirk e-marketing-agentskap.
WEES VANJAAR MY VALENTINE!!
1 kop (250ml) olie
1 1/3 kop (300g) bruinsuiker
3 eiers
3 kop grof-gerasperde wortels
1 kop (110g) grof-gekapte okkerneute (opsioneel)
2 ½ kop (375g) bruismeel
½ teelepel koeksoda
2 teelepels gemengde speserye (mixed spice)
Voorverhit die oond tot by 180 grade C. Vul twee 12 houer kolwyntjiepanne met papierhouertjies.
Sif die droë bestanddele saam
Klits die olie, suiker en eiers saam tot beslag verdik.
Voeg nou die wortels, neute en laastens die droë bestanddele by.
Gebruik ‘n houtlepel en meng goed.
ROOMKAASVERSIERSUIKER
30g sagte botter
80g sagte roomkaas
1 ½ kop (240g) versiersuiker (gesif)
Klits botter en kaas tot veerlig en klits dan die versiersuiker geleidelik by.
Versier die kolwyntjies volgens jou eie smaak.
(Wenk – vir ‘n sitrusgeur meng 2 teelepels fyngerasperde suurlemoen- of lemmetjieskil by die botter-en-kaasmengsel)
Vir die hartjies bo-op het ek plastiese versiersuiker gebruik wat oral te koop is.)

Kyk diep in sy of haar oë en laat die soetigheid op jou tong smelt...
Viva die liefde, viva!