Wrrroem!-blog: Is daar 'n Kewer in jou verlede?

2010-03-11 10:13

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat was jou eerste onthou ? Wat was jou eerste lekker gedagte ?  Ek glimlag waneer ek daaraan dink, ek lag hard as ek onthou hoe ek om die kombuistafel gestap het met ‘n fopspeen vol Marmite.  Ek vee ‘n traan weg waneer ek my ouma en oupa onthou, my gesmokte rokke en om op die rotse te stap saam met my oupa . . .

‘n TV-advertensie vir ‘n luukse Duitse motorreeks sê “ervaar iets vir die eerste keer”.  Beelde volg van ‘n seiljag wat deur die oseaan se blou klief,  ons sien die motor en dan: die nuwe motoreienaar se gesig, ongeloof in sy oë; oorweldig deur sy ervaring.

My eerste motorervaring bêre ek nog steeds in my hart, ek koester dit, dit laat my glimlag.  Ek lag as ek terugdink aan my eerste kar, as jy ‘n Beach Buggy ‘n kar kan noem ?  My Beach Buggy het elke dag vir my so ‘n experience gegee sonder dat ek ‘n arm, been en slapelose nagte vir haar moes betaal. En, al is sy nie meer by my nie, doen sy dit nog steeds, sy gee my plesier, ek was bevoorreg om haar te besit.

Die eerste geluid, klank, geraas wat ek kon onthou was die wrrroem van ‘n Volkswagen-Kewer, oftewel Kewers.   Dit was my ouers se eerste motor en die Kewer-gees het hoog geloop in ons familie, elke gesin het een gehad.  Nege in totaal, ek wens ek kon méér onthou van daardie tye, maar nou vertel net kiekies my van hoe 'n groot rol Volkswagen se Beetle-karretjie in ons gesin gespeel het.

Sowaar, dit was die Baird-Volk se Wa.

Ongelukkig het die Volksies verdwyn en plek gemaak vir ‘n versameling ander motors. Vir my het dit gevoel of die samesyn ook verdwyn het.

Die Driepunt Ster was ewe skielik oral, en Foute Oral Reperasies Daagliks is ook hier en daar gesien.  My ouers het voor die laaste een geswig, en ek moet sê dit was nie ‘n “slegte” motor nie, maar . . . dit was nie ‘n Volkswagen nie!

My oupa was ‘n Volkswagen stalwart.  Hy het eenkeer van Oudtshoorn gery tot in Mosselbaai, deur die Robertson-pas, met ‘n kastrolletjie vetkoek op die agterste buffer.  Toe Ouma vra waar is die vetkoek en ons dit daar vind, kon hy nie glo hy het so ver gery met die potjie veilig, tot in Mosselbaai nie.  En dit was sy sterk argument hoekom hy nog heel bevoeg was om te bestuur.

Ek was hartseer toe Oupa nie meer kon bestuur nie, verkalkte are en ouderdom het hom erg vergeetagtig gemaak.  Ek het geweet hoeveel sy Kewer vir hom beteken het.  Hy het elke Vrydag vir sy dogters mark toe gegaan en teruggekom belaai met Herbert squashies, sappig rooi  tamaties -- nog met die groen blare aan --  en alles wat die mark daardie dag gehad het wat lekker was.

Ek besef nou hoe ‘n groot invloed Oupa en sy Kewer in my lewe gehad het, soveel só dat my eerste motor ook deel was van die Wagen-gesin.

Dit was liefde met die eerste aanblik . . . sy was rooi, met sulke breë bande agter en kleineres voor. Ek het R4 000 vir haar betaal en ewe skielik het ek ‘n bank geld geskuld.  Met ‘n salaris van R420 per maand en ‘n paaiement van R125 was sy die ideale eerste kar.  ‘n Sestien honderd short wheel base Beach Buggy met 'n Volkswagen enjin!

Ek het ‘n kar gehad, geen lisensie nie, maar wel ‘n wonderlike vriendin.  Ons is selfs saam die eerste dag skool toe.  Ons ken mekaar  vir ses en dertig jaar  en is  nog steeds vriende.  Corita het die geduld gehad om my te leer bestuur.  Vir twee weke het ek geoefen, en met die eerste probeerslag my lisensie gekry.  “I was made!”
 
Ek kon met R5 se petrol ‘n week lank rondrits.  Ek het my Buggy parkeer op plekke waar geen ander motor ingewurm kon word nie.  

Ek het vir haar ‘n personalised  nommer plaat ook gekry, nog vóór dit algemeen beskikbaar was. En ek het uitgevind dat jy ‘n nommerplaat (destyds) kon aanbring op jou voertuig solank dit net 20cm van jou registrasie plaat was. Tanya 1 is gebore!

Al probleem was ek moes mooi kyk wié kyk voor ek inklim en wéér as ek uitklim. Probeer jy nou ordentlik met ‘n mini by ‘n Beach Buggy uit- en inklim!  Die Beach Buggy het ‘n veselglas-dak gehad.  My pa het gesug as ek vra, “seblief , haal die dak af vir die week” en dan ‘n paar uur later besluit ek wil weer die dak ophê...

Ek en vriende het fetilik elke naweek see toe gery, partykeer was daar tot drie paddle ski's op die dak en vier mense in die Buggy. Ons het beurte gemaak om te bestuur, asook beurte om agter te sit. Baie  keer het dit  gelyk soos ‘n kompetisie vir hoeveel mense jy in ‘n motor kan inpas.  Arms en bene het kantlangs uitgesteek en ons het baie gelag.  

Ons het geld saam gegooi en die Punt by Mosselbaai was ‘n gunsteling naweek-uitspan. We had fun on a budget! Ons het uit die see geleef, visgevang en alikreukels uitgehaal.  Die handmeuletjie is elke naweek saam see toe -- is daar nou  ‘n lekkerder kerrie as alikreukel-kerrie ?

Een kersvakansie is ek en Corita see toe met Tanya 1, ons het so 12 uur uit Oudtshoorn gery en net voor ons moet afdaal oor die Robertson pas het die Buggy gaan staan.  

Hoe nou gemaak, daar was nog nie selfone nie, en die pad was verlate.  Ons het die Buggy gestoot en gebid, gestoot en gebid, uiteindelik het daar ‘n spark gekom en ons kon ‘n entjie verder ry, waar sy wéér besluit tot hier toe en nie verder nie.  

‘n Engel het  gestop en die rooi besie  gesleep tot by Eight Bells Motel.  Daar was nie genoeg geld vir ‘n hotelkamer nie.  Ons het parkeer onder ‘n groot boom.  ‘n Blaredak het ons toegelaat om na die sterre te kyk.   ‘n Groot laken is oor die dak van die motor gegooi vir bietjie privaatheid en ons het wakker geword met voëlgesang.  Ontbyt was ‘n broodrolletjie met kaas wat ons op die buggy se dak gemaak het.  Uiteindelik kon ons ‘n vriend bel om te kom help.  

‘n Los draad was die probleem en na die vervanging daarvan kon ons verder ry, Punt toe.  Daardie Kersfees-oggend het ek ‘n klein denneboompie bo-op die beach buggy se dak gevind. 

My Beach Buggy het nie vir die Swartberg-pas geskrik nie, sy is vele kere daar op en daar af.  Ek het haar vir drie jaar bestuur en toe besluit om ‘n kar met deure te koop, nog ‘n Volkswagen, ‘n Citi Golf.

Ek is nog steeds spyt ek het haar verkoop, maar haar gees leef voort in my Alfa Spyder 1978.  My liefde vir afslaankap-motors sal altyd by my bly. Om die son op jou vel te voel en aan ‘n ster te kan vat is belewenisse wat geen prys het nie.

Om te skree van plesier sommer net omdat jy kan is ‘n ervaring wat elke dag vir my nuut bly en my  jonk hou. My Beach Buggy het nie deure gehad nie, ook nie ABS, EBD of enige van daardie fancy gadgets nie, maar elke kilometer in haar was vol lag en lewe.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.