Wrrroem!-blog: Ode aan 'n Opel

2010-03-18 14:43

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoekom  Opel ?

Motors het my lewe oorheers. Ek het vir 22 jaar in die motorbedryf gewerk.  Ek het motors geleef, geëet en gejaag.  Ek het mense met motorprobleme gehelp en baie geleer.  Ek het al my vingers vol ghries gesmeer want ek wou self hier en daar iets op my motor verander en verstel. Ek het motorwerktuigkundiges al só geïriteer dat hulle my met ‘n spanner wou gooi, want hoekom en waarom en hoe nou so, het ek gedurig gevra.

Ek het al my dinges afbetaal aan boetes.  Ek het al verkeersbeamptes bearbei om nie te veel nulle agter my boetes te skryf nie. Ek het al gehuil oor ‘n ligte stampie hier en daar. Ek het al baie geld op motor-bykomstighede spandeer. Ek het al op ‘n lughawe sit en wag vir spesiale lae profiel ingevoerde racing-bande, want ek  kon nie wag vir die koerier om dit af te lewer nie.

Motors is my passie, maar daar is ‘n motor wat uitstaan bo alle motors wat ek al besit het, en daar was báie.  Ek was bevoorreg om ‘n Audi Cabriolet A 6 te bestuur, ‘n Audi TT en ‘n paar ander, maar GÉÉN, maar GÉÉN motor kan kers vashou by die Opel Astra Turbo Coupe nie! En hier is hoekom: 

Sy is vinnig, so sal julle lees, sy is veilig, sy is ontwerp deur ‘n meester, daar is vinniger en duurder as sy, maar dit wat sy vir my binneste doen kan nie met geld  gekoop word nie!

My eerste Opel was ‘n Corsa, silwer, die ou vorm, lekker kompak, maar vol woema.  My oorlede man het haar vir my gekoop en homself ook bederf met ‘n Opel Astra Turbo Coupe, ‘n lang naam vir ‘n baie spesiale motor.  

My Corsa is geannekseer deur my man want hy het agtergekom dat hierdie klein silwer blits baie lig op brandstof is, maklik parkeerbaar en nie ‘n teiken vir hijackers was nie. Spoedig is daar na my Corsa verwys as sý Corsa’tjie, en ek is belas (hoe “aaklig”) met die Mevrou van alle Opels!  

My eerste ervaring van haar was op ‘n koue wintersmôre. Ek het ‘n knoppie gedruk en my sitvlak het geleidelik warm geword. Sy het my ook gewaarsku dat die pad ys ophet, só koud was dit. Ek het gevoel asof toegewikkel in ‘n snoesige dik duvet, die motor het gevoel of sy haar om my vou teen die koue. Sagte leer, sitplekke aanmekaar gesit met Italiaanse hande. (Hierdie motor is gebou in Italië.) Ek het ook veilig gevoel, want ek het geweet hierdie girl  kan haarself stabiliseer as sy ‘n padtoestand ondervind wat buite beheer raak... Én die krag, die krag, die krag!

Ek was eers bang vir haar, maar hoe meer ek haar bestuur het het ek besef, hierdie motor is ‘n tenk op steroïede! Sy wou net oor alles klim wat in haar pad kom en as die spoedgogga jou eers byt is dit moeilik om genees te raak van dié siekte.  

My oorlede wederhelf het aanvaar dat sy vrou ‘n  resiesdrywer wou word en hy het my ondersteun in al my wedervaringe, by Zwartskops, Kyalami, Tarlton en op eensame verlate paaie waar die Coupe’s heerlik kon speel in die vroeë oggendure.

Ek het begin om droë ys om die motor se turbo te pak, 98 oktaan petrol in haar tenk gegooi en begin leer van hoe tualien my kan help om net daardie ekstra bietjie torque te kry. Ek het ‘n dump valve oorweeg en besef wat die oopmaak van ‘n wastegate ekstra woema vir my motor beteken.   

My eerste Zwartkops tyd was so  twee minute 10 sekondes, en na die derde keer om die baan het ek myself begin geniet.  Ek het my motor leer ken, besef wat sy kon doen en hoe vinnig sy dit kon doen. Jy weet jy kan as jy ‘n motor bestuur met ‘n Lotus onderstel (suspension).

Die Opel Astra Turbo Coupe is die naaste wat jy kan kom om jouself te dink van punt A na punt B, die naaste aan die wetenskapsfiksie-term, transportasie. Verduideliking: ek dink ek wil die motor voor my verbygaan en die motor wat ek bestuur is so vinnig soos my gedagtes! Dit is ‘n mondvol, maar dit is wat die Coupe is!

Ek het ander Coupe-eienaars ontmoet en ons het ‘n klub gestig, en wat ‘n uitstekende advertensie was dit nie vir die Opel  nie. Mense het agter ons aangery as hulle die stuk of 20 Coupe’s in gelid sien ry het na ons gunsteling Portugese restaurant in Little Falls, op pad na nóg ‘n oesters- en Jack Daniels-kuiertjie.  

Die meeste Coupe’s was gemodifiseer (‘n fabrieks-taboe) en ons moes maar die modifikasies goed wegsteek, die veiligste was om lae profiel-bande op te sit en so ‘n inkopietog het hier by die R15 000 gedraai vir daardie láe, láe profiel ingevoerde bande.

Die Astra Turbo Coupe is ontwerp deur Bertone (daar is drie groot ontwerphuise in die motorindustrie: Bertone, Ghia en Pinnin Farina).  Die Bertone-wapen verskyn op alle Astra Turbo Coupe’s se bakwerk en hierdie handtekening word nie sommer vertoon op ‘n motor se bakwerk nie,  ‘n  ontwerphuis sit dit net op hulle oorspronklike ontwerpe, hulle eerste ontwerp.

Die Astra Turbo Coupe se voorganger die Calibra se co-efficiency of drag was laer as die Ferrari Testarossa, ‘n baie lae 0.23.  Albei motors se ontwerp is in ‘n ander klas, die motors deesdae lyk almal dieselfde, maar hierdie twee kunswerke is net eenvoudig anders.

Ek bestuur nou my derde Coupe; ek het wel die pad hier en daar byster geraak en ‘n Audi Cabiolet A6 en Audi TT gery, en ek voel skaam daaroor.  Hoe kon ek my eerste Coupe verkoop, ek voel nou spyt daaroor, maar alles gebeur met ‘n doel.  En, ek het besef dat ek altyd ‘n Coupe sal ry.  Geen ander motor beskik oor die gawe om my vir so lank só gelukkig te hou nie.  Sy is soos ‘n klassieke swart rok, stiletto skoene en ‘n goed-deurleefde paar jeans, jy wil die heeltyd net in haar wees want sy pas jou! Sy laat jou altyd goed lyk en goed voel.

My Ier, my “nuwe” man, het altyd gesê: “Honey, I am not a car person, I’m a bike person.” Nodeloos om te sê sy vrou het hom oortuig en hy geniet dit as ek hom inlig van my vinnig-ry- en eet-my-rubber-wedervaringe.  “But Honey you must be careful, but did you really do . . . per hour?" (Ek neem gewoonlik ‘n foto van die spoednaald.) "Honey . . . !”

Elke keer as ek na haar aanstap, van haar praat, in haar klim kry ek so ‘n salige warm gevoel in my binneste.  Ek hou van wat ek ry, niks vergelyk met haar nie, EK is gelukkig met haar en geen ander motor sal my soveel plesier verskaf nie.  

Opel-eienaars het ‘n passie vir dit wat hulle bestuur, dit is  lekker vir my om te sien hoe hulle na hulle motors kyk en hoe trots hulle is op dit wat hulle ry.  Gelukkig is ek geseënd om ‘n Opel handelaar te hê wat net so passievol is as ek oor hierdie motor.  Ek kry altyd goeie diens by die handelaar wat al sy deure vir vele jare in George oop het.  Jy voel die  gees van Opel  as jy daar instap, hierdie mense hou van wat hulle doen en hulle doen dit met liefde.  

Ek het tot ‘n paar jaar gelede die Opel teken in my hare, op my agterkop laat skeer, ek sal dit seker weer doen as ek ‘n haarkapper met ‘n steady hand kry.  Vir my verpersoonlik die Opel  teken die sirkel van leef en die weerligstraal van lewe.  Ek sal altyd ‘n Opel ry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.