kop-op-'n-blog: Huur 'n hubby!

2010-09-03 10:57

Lank gelede het ek ‘n advertensie uit die koerant geknip van iemand wie se dienste ek toe nooit gebruik het nie, maar wat ek nou sou aangryp. “Hire a hubby” was die opskrif, en hy het sy dienste as nutsman in en om die huis aangebied. Hy sou klein dingetjies in die huis van enkelvroue regmaak – die elekriese prop vervang, ‘n groot, swaar portret ophang, alles wat met ‘n elektriese boor bewerk moet word en so aan. (Oor ander “hubby”-dienste het die advertensie nie ‘n woord gerep nie!)

Nou het ek nie meer die knipsel nie, net mooi as ek hom sou kon gebruik. Die firma wat ek gebel het om my te help om kleinighede reg te stel, se faktuur het my asem weggeslaan. Dis glo ‘n span nutsmanne, maar na my mening is hulle niksnutse. Hulle sien ‘n gaping: al die enkelvroue wat met die hande in die hare sit oor werkies wat ‘n groot maatskappy nie eers sou oorweeg nie, is maar net te bly om hulle te bel en maar op te dok.

Die huur-“hubby” sou darem seker nie by die R5 000 vra vir knutselwerkies wat ‘n halwe dag of minder in beslag sou neem nie. Ons sou agterna lekker op my stoep kon sit en koffie en beskuit geniet en gesels.

Ek kom gewoonlik reg met ‘n geleende “hubby”. ‘n Vriendin en haar man kom eenmaal ‘n jaar by my kuier, en dan mag ek altyd ‘n lysie van die dinge opstel wat ek graag reggemaak wil hê, en as ek en my vriendin die winkels invaar, maak hy sorgsaam en vrolik alles reg wat op my lysie is. So bly my huis darem min of meer ordentlik.

Maar ongelukkig kom hulle eers weer volgende jaar, en my huisnood is hoog. My gewillige, maar redelik onkundige tuinman en ek sal maar moet plan maak.

Maar ai, so ‘n gehuurde “hubby” sou darem baie gawer wees...

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Willem sê... Dankie vir jou oulike skrywe Ian. Ek geniet dit baie. Ek vind my in jou woorde, en natuurlik is ons goeie mense vir wie die Liewe Vader ook harte gegee het. Soos my een vriendin Elmari altyd genoem het "Ek het ook 'n binneste". Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.