kop-op-'n-blog: Prys van kinders

2012-01-17 12:08

In die tou by Dis-Chem was daar die ander dag ‘n dogtertjie wat duidelik verveeld was (ons volwassenes was ook verveeld – so ‘n tou beweeg soms maar stadig) en luidkeels op haar ma geskree het. Die ma probeer haar paai, maar rig niks uit nie. Ons ander hou ons maar beleefd en probeer anderpad kyk.

As so ‘n getreiter egter aanhou en aanhou  – die kind kyk die ma uitdagend aan en skree dat sy haar haat en dat sy wil loop, ensovoorts, en die ma hou maar uit – word dit later te veel vir die toustaners en -sitters.

Ons kyk veelbetekenend na mekaar, een vrou beduie selfs aan die ander hoe sy haar ‘n raps of twee sou gee, maar wat kan ons doen behalwe uithou of padgee?

En vandag vertel ‘n vriend hoe onhoudbaar hy die gesin se Kersvakansie gevind het oor die manier waarop sy kleinseun grootgemaak word. Alles draai om hom, die volwassenes sit in ‘n kring om hom en koer en hy kan niks verkeerd doen nie.

Hy beweer daar is twee uiteenlopende maniere om kinders groot te maak. Dit het duidelik geword in sy huis: die een is die moderne styl wat alles oulik vind en alles toelaat met die kind as middelpunt van die huishouding, en die ander, outydse opvatting is dat die huishouding moet voortgaan soos vroeër en die kind moet daarby aanpas of inpas.

Dit is natuurlik so dat dinge drasties verander het, veral deur bemarking, want nou móét ‘n baba so ‘n babawaentjie en sulke meubels en klere en kos kry. En natuurlik speelgoed wat kwê en ratel en lawaai maak terwyl allerhande ligte flits. Daar is omtrent nie meer speelgoed wat geen battery nodig het nie of wat nie van plastiek (in China) gemaak is nie.

Daar is tallose boeke oor die baba se eerste maande, baba se siektes, baba se dit en dat, voordat jy nog by die kleuter uitkom. En daar leer die nuwe ma wat goed en wat sleg is. Wat ma sê, is natuurlik verkeerd en outyds.

Die manier hoe ons ons kinders gevoed het (tog net nie ‘n finger biscuit nie – die suiker! of biltong nie – die sout!), is nie meer goed nie. Jy kan nie normale pap gebruik nie, dit moet spesiale babapap wees. Jy kan nie die aartappels en pampoen en sous wat die gesin eet, met ‘n vurk sag druk en gee nie (die sout! die botter!), dit moet spresiale kossies wees, verkieslik van Woolworths.

En als moet met ‘n weggooibare klamlappie afgevee word (die kieme op ‘n gewone waslap!), en die duurste doeke gekoop word, en so hou dit aan. Dit word net duurder en duurder.

Geen wonder hulle sê mens kan nie meer as hoogstens twee kinders bekostig nie. Bekostig, asof kinders ‘n produk is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.