Dís wat opposisie behoort te wees

2010-03-06 15:32

 Die afgelope week het drie voorbeelde opgelewer wat rigtinggewend is oor die styl van opposisie wat in Suid-Afrika gepas is.

In ag genome dat die land tans ’n eenparty- dominante staat is waar die ANC in baie streke moeilik ontsetel gaan word, is die vraag dikwels wat die beste vorm van opposisie is.

Daar is ’n redenasie ten gunste van tradisionele, sterk opposisiepolitiek, en dan is daar ’n redenasie wat aanvoer dat ’n uitgesproke opposisie nie in ooreenstemming met die Afrika-kultuur is nie, en ’n meer samewerkende model gevolg moet word.

Lesers van Rapport sal weet ons glo lankal hierdie samewerkende model is sommer bog – trouens, ’n teenstrydigheid – en dat ons meen ’n sterk opposisie is ewe noodsaaklik vir ’n werklik funksionerende demokrasie as ’n sterk regering.
Drie gebeurtenisse hierdie week, in drie opposisiepartye, het na ons mening hierdie punt bewys.

Eerstens het die rammelinge in die VF+, veroorsaak deur die aanstelling van die partyleier, dr. Pieter Mulder, as ’n adjunkminister, oorgegaan in die eerste golf van ’n komende string bedankings van vooraanstaande lede uit die party.
Dit is uiteenlopende mense, maar die beswaar wat hulle gemeen het, is dat kiesers verlede jaar vertel is die VF+ is gekant teen die ANC, en die volgende oomblik sit Mulder in ’n regeringspos op die ANC-leier se genade.

Die wegbrekers glo in sterk opposisie eerder as dit wat die party nou geword het. Ons weet van nog bedankings wat op pad is.

Tweedens het die DA, wat dikwels wel sterk opposisie bied, die afgelope week in die parlement ’n fout begaan.
Ander opposisiepartye het adj.pres. Kgalema Mo­tlanthe met vernuftige vrae byna so ver gekry om toe te gee dat die ANC se omstrede beleggingsmaatskappy Chancellor House as aandeelhouer baat vind by Eskom se tariefverhogings.
Die DA het die volgende vraag gehad, maar hy het Motlanthe laat wegkom deur nie oor Chancellor House te vra nie, maar eerder ’n vooraf uitgeskryfde vraag af te lees. ’n Mens moet voorbereid wees, maar ook polities vlugvoetig. ’n Gulde geleentheid is verspeel.

En derdens was daar Cope. Pres. Jacob Zuma se onlangse omstredenhede het die party laat onthou hy is juis in teenreaksie op dié omstredenhede gestig. Cope was vandeesweek die sterkste opposisie in die parlement omdat hy sy binnegevegte vergeet en op sterk opposisie gefokus het, met ’n kille en doeltreffende reeks politieke aanvalle op ’n tans sukkelende ANC.

Dit is wat opposisiekiesers wil hê – nie ’n versufte belangepolitiek of ’n swaarvoetige onaanpasbaarheid nie, maar ’n voortgesette aanval op die regering se swak plekke sodat beter alternatiewe ’n werklikheid kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.