Kapitalisme se skyndood

2012-01-28 14:25

Is kapitalisme dood? Dié debat wat die afgelope week by die Wêreld-Ekonomiese Forum in Davos gevoer is, is uiters belangrik, veral in Suid-Afrika, waar die debat oor nasionalisering bly woed. Die yslike mislukking van Kommunisme, asook die ewe groot mislukkings van nywerhede wat wêreldwyd genasionaliseer is, is nog vars in die geheue – en laat die vraag ontstaan waarom die debat nou weer opvlam.

Daar het egter die laaste paar jaar in lande soos China en Rusland ’n nuwe ekonomiese model ontwikkel, waar talle suksesvolle staatskorporasies (dikwels in vennootskap met die private sektor) ’n groot rol in die ekonomie speel.

Maatskappye waarin die staat ’n belang het, maak 80% van China se aandelebeurs uit en 62% van Rusland s’n.

Die vraag is waarom die staat nie ’n groter rol in die ekonomie kan speel nie, en minstens toesien dat die winste wat gegenereer word tot voordeel van die bevolking aangewend word, pleks daarvan om die superrykes nog ryker te maak.

So ’n nuwe stelsel kan net werk as daar ’n doeltreffende regering aan die bewind is en die betrokke land ’n gesonde werketiek het. In Suid-Afrika, die paradys van korrupsie, ondoeltreffendheid en onwerkbare politieke ideologieë, gaan dit op ’n grootskaalse ramp afstuur. In China word korrupte amptenare tereggestel.

Op lang termyn is dit steeds die private sektor wat die meeste welvaart en werk skep. Vir Suid-Afrika lê die antwoord daarin om die sakesektor toe te laat om juis dit te doen, sonder om hulle met rigiede arbeidswette, onhaalbare bemagtigingsvereistes, oormatige belasting en swak dienslewering aan bande te lê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.