Leierskap nie soos dié van Malema

2010-02-20 18:21

Nuusberigte oor Julius Malema se ongekende rykdom is net nog ’n merker van die afdraandepad waarop Suid-Afrika kan beland.

Die hemel weet, só kan dit mos nie aangaan nie!

Hier het jy ’n jong mens, nog nie eens 30 nie (hy’s 29), wat al soveel rykdom versamel het waaroor talle afgetredenes met jare lange diens net van kan droom. Was hy ’n uitsondering, sou dit waarskynlik nie nodig gewees het om die alarms te aktiveer nie. Maar dit raak net te ’n bekende patroon.

Korrupsie, nepotisme, diefstal en bedrog kom nou te dikwels voor, veral gevalle waarby politieke ampsbekleërs betrokke is.

Die media berig daaroor en daarna word dit vergeet. Tot die volgende een ontmasker word.

Malema is nie ryk danksy goeie kwalifikasies en harde werk nie. Dis oor sy verbintenis en mag binne die regerende party.

Voeg hierby sy arrogansie, gebrek aan respek vir seniors, sy minagting van gesag en die feit dat hy geen voorbeeld vir ander jeugdiges is nie.

Die vraag moet gevra word hoe dit moontlik is dat die ANC, ’n bevrydingsbeweging wat internasionale steun gewerf het om geregtigheid in Suid-Afrika te help bewerkstellig, so lank bereid is om alles oor die jeugdige te duld.

Die jongste nuus dat Malema se maatskappy, SGL Engineering Projects, die afgelope jaar tenders van minstens R140?miljoen in Limpopo alleen ontvang het, behoort deeglik ondersoek te word.

Omdat hy bevoordeel is, is daar ander Suid-Afrikaners wat deur die toekennings benadeel is.

Daar kan egter min twyfel bestaan dat hy dit vanweë sy politieke bande – en die vrees wat hy inboesem – bekom het.

Die spreekwoord lui ’n vis vrot van sy kop af. Laat ons eers nie weer hier oor die land se president praat nie. Sy verlede laat veel te wense oor. Maar hier is die leier van die jeugpolitiek in die organisasie, ’n magtige stem wat nie geïgnoreer kan word nie en wat vir ’n ieder en ’n elk wil voorskryf wat hulle mag sê en doen.

Dit laat mens wonder oor ’n beter toekoms.

Hy word selfs voorgehou as ’n moontlike staatshoof, iemand wat die nalatenskap van ’n Nelson Mandela moet voortdra. Maar tans lyk dit eerder of ons met ’n potensiële magshonger despoot op hande sit. Mag die land van sy nasionale leierskap gespaar bly.

Malema is ’n sprekende voorbeeld van die morele verval van die ANC en die gebrek aan integriteit waarmee die land al meer te doen kry.

Die organisasie behoort nou op te tree – en vinnig ook. En laat ons toegee: die lewenstyloudit van politici en kabinetsministers is ’n goeie begin.

Maar Suid-Afrikaners sal wil weet waar Malema se rykdom vandaan kom.

As leiers in die organisasie só voortgaan, is ons dalk vinniger op Zimbabwe se rampspoedige pad as wat almal besef.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.