Maar doen die regering genóég?

2012-01-14 13:40

Mev. Gloria Sekwena sal nie sien hoe haar oudste seun op sy gradeplegtigheid lyk nie.

Sy sal ook nie sy eerste salaris saam met hom vier nie, want sy het Dinsdag tragies met haar lewe geboet toe sy wou verseker hy kry plek aan die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Die Sekwenas se tragedie herinner aan die ewe tragiese verhaal van mnr. Sikhumbuzo Mhlongo wat in Augustus 2009 selfmoord gepleeg het omdat hy nie ’n identiteitsdokument uit die departement van binnelandse sake kon kry nie.

Die twee mense se verhale is metafore van die desperaatheid waarin die meerderheid van ons bevolking hulle bevind.

Nes Mhlongo destyds geweet het sonder ’n geldige ID-boekie is sy kanse op ’n werk nul, net so weet die duisende skoolverlaters wat Dinsdag voor UJ saamgedrom het hul enigste hoop op ’n werk is naskoolse opleiding.

Die regering weet van dié ellendes.

In beleidsdokumente en toesprake word daar herhaaldelik na statistieke verwys om dit te staaf; dit is vervat in die werkloosheidsyfers en getal welsyntoelaes.

Maar die vraag is nie óf die regering iets doen nie, die vraag is eerder doen ons regering genóég met die hulpbronne tot sy beskikking om die ellendes te verlig?

Want net soos met Mhlongo se selfmoord, stel mev. Sekwena se dood opnuut vrae oor die gebrek aan dringendheid by die regering om spoedige koersveranderings te maak.

Miskien is daar iewers ’n amptenaar of ’n minister wat kan verduidelik hoekom die regering sedert 1994 tot 2009 nie ’n enkele sent opsygesit het om meer universiteite en kolleges te bou, of om die bestaande infrastruktuur uit te brei nie.

Hoekom duur dit so lank om die onderwys- en landboukolleges wat deur die einste regering gesluit is te heropen?

Hoekom is dit so moeilik om die naskoolse stelsel uit te brei en die toegang tot opleidingsgeleenthede en die gehalte van onderrig te verbeter?

Miskien kan iemand by die departement van basiese onderwys ook verduidelik hoekom die matriekslaagsyfer gemanipuleer word om skoolverlaters wat duidelik nie vir naskoolse onderrig opgewasse is nie, onder ’n vals indruk te bring dat dit wel die geval is.

Die statistieke staaf dit: Net 4% van eerstejaarstudente wat in 2007 by universiteite ingeskryf het, het teen 2009 nog klas geloop.

By kolleges vir verdere onderwys en opleiding is die uit­saksyfer jaarliks tussen 13% en 25%.

Ons sit tans met ’n situasie waar ons nie net te min universiteite en kolleges het om die toestroming van eerstejaarstudente te hanteer nie, ons sit boonop met derduisende studente wat ’n geringe kans het om hul eerste jaar aan ’n kollege of universiteit te slaag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.