Mag dié stroom gou ’n vloed word

2010-02-27 20:44

 Dit was met groot vreugde dat ons by Rapport hierdie week se uitgawe aanmekaargesit het met sy klem op Suid-Afrikaners wat uit die buiteland terugkeer.

Elkeen van hierdie beroepsmense lewer hul eie bydrae om ons land te maak werk, en die proeseltjie wat ons hierdie week aan lesers bied, is slegs ’n klein aanduiding van wat aan die gang is. Daar is duisende sulke gesinne.

Redes vir hul terugkeer is uiteenlopend. Daar is natuurlik diegene wat deur die resessie teruggedwing word, of vir wie dinge anderkant die water net nie uitgewerk het nie. Emigrasie plaas groot druk op huwelike en toets verhoudings.
Maar die absolute oorgrote meerderheid is mense wat hier wíl wees. Dis mense wat elders was, baie suksesvol was, en meen Suid-Afrika is die plek waar hulle eerder sal woon.

In ’n tyd dat die Afrikaanse openbare diskoers dikwels deur jeremiades en die negatiewe oorheers word, was dit lekker om te sien hoe die oorgrote meerderheid van hierdie mense vir seker nie blind is vir die land se uitdagings nie (en dit dikwels, veral met werk soek, al self pynlik ervaar het), maar verkies om op die geleenthede te fokus wat die land bied.

“Hoe kan ek help?” en: “Ek wil ’n verskil maak,” was seker die twee frases wat die meeste opgeduik het in ons gesprekke met die terugkerendes. Dit is die soort ingesteldheid wat Suid-Afrika kan uitbou.

Die uitvloei van kundigheid deur emigrasie is ’n ernstige uitdaging waarvan Suid-Afrikaners terdeë bewus is. Die omvang daarvan is eintlik onbekend, want statistieke oor emigrasie is wêreldwyd onbetroubaar. Mense is dikwels onseker oor hul toekomsplanne of hou hul opsies oop; jy kan jou dus nie op amptelike vorms se antwoorde verlaat nie.

Dit lei soms tot wilde, anekdotiese bewerings oor die aantal Suid-Afrikaners in die buiteland.

En die oplossing? Die terugkerendes is deel van die oplossing. Elke kundige wat terugkeer, beveg die brain drain – nie deur woorde nie, maar deur handeling.

Dankie aan elke terugkerende dat julle ons land beter maak met die kundigheid wat julle elders ingewin het, en dat julle kies om vrug te dra in die grond waar jul wortels lê.

En dankie aan veldtogte soos Kom Huis Toe en die Homecoming Revolution wat harde en bevredigende, maar ook soms ondankbare werk doen.

Ons hoop dat die stroom terugkerendes ’n vloed word wat ons land voed aan die kundigheid en positiewe ingesteldheid wat in alle ondernemings ’n sleutel tot sukses is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.