Matriekuitslae: Wat is waar en wat nie?

2010-01-09 17:00

Die uitslae van die matriekeksamen het ’n paar groot waarhede oor ons skoolstelsel blootgelê, en een groot onwaarheid oor hoe ons matriekeksamen werk.

Kom ons begin by die groot onwaarheid. Die oningeligte paniek oor punte in die een wiskundevraestel – aangeblaas deur sommige in die media – was skreiend. Die stelsel laat nie toe dat kandidate ’n vak soos vlieë druip omdat ’n vraestel moeilik was nie.

Hierdie soort alarmisme kom bykans jaarliks voor en materialiseer nooit (soos ook nie vanjaar nie), want die matriekeksamen is grootliks ’n ingewikkelde statistiese oefening waarvolgens kandidate in ’n rangorde geplaas word gemeet aan jaarpunte, die eksamenpunt en die kumulatiewe uitslae van vorige jare. Hopelik verstaan alle betrokkenes dit nou, en word toekomstige matrikulante hierdie soort ongegronde en onverantwoordelike traumatisering gespaar.

Die uitslae het ’n paar waarhede oor ons onderwysstelsel ook onderskryf. Eerstens het Afrikaanse skole weer absoluut uitstekend gevaar vergeleke met ander. Dit toon nogmaals aan ouers watter sterk grondslag behoorlike moedertaalonderrig bied.

Tweedens is die slaagsyfer in staatskole met ’n model C-agtergrond bykans dieselfde as die slaagsyfer van private skole wat die Onafhanklike Eksamenraad se eksamens skryf. Albei eksamens word deur dieselfde liggaam (Umalusi) gemonitor en op peil bevind. Goeie staatskole bly dus akademies op ’n hoë peil.

Derdens verwelkom ons die wegneem van die Mpumalanga-onderwysdepartement se mag om eksamens af te neem.

Welgedaan aan die minister van basiese onderwys, me. Angie Motshekga, wat ’n polities ongewilde stap gedoen het waarvoor haar voorgangers nie die durf gehad het nie.

Dat die nasionale slaagsyfer met twee persentasiepunte gedaal het, is jammer, maar geen ramp nie. Die peil van die eksamen is belangriker as die slaagsyfer, en dis goed dat die onderwysdepartement onder Motshekga se leiding die strengheid van oudmin. Naledi Pandor voortsit eerder as om terug te val op die oëverblindery van die Asmal-era, toe die slaagsyfer deurgaans op bedenklike wyse gestyg het.

Die boodskap van vanjaar se uitslae is dat harde werk van onderwysers en leerlinge met prestasie beloon word. Daarvoor moet onderwysers voor die klas staan en leerlinge in daardie klas wees, en onderrig moet deurgaans plaasvind.

Die groot struikelblok hiervoor is die vakbond Sadou. Skole met ’n Sadou-meerderheid volg nie hierdie riglyn nie en hul uitslae is swak. Die vraag is of Motshekga Sadou, ’n getroue ANC-bondgenoot, kan vasvat en Sadou-lede kan laat fokus op die belang van die kind eerder as hul eie belang.

Dán sal matriekuitslae verbeter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.