Meyer is g'n tref-en-trap

2012-01-28 14:25

Met Heyneke Meyer se aanstelling as die nuwe Springbok-afrigter het die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) ’n kritieke draaipunt gemaak.

In ’n organisasie waar politiekery en eiebelang meer dikwels as nie die uitkoms van prosesse bepaal, het Saru onder die leiding van sy uitvoerende hoof, mnr. Jurie Roux, die aanstellingsproses tot een uitkoms beperk: die beswil van Springbok-rugby.

Meyer is nie ’n tref-en-trap-aanstelling nie.

Hy is vandag die mees gerespekteerde breier in die land. Sy CV is indrukwekkend en sy welslae as afrigter op verskillende vlakke oor ’n tydperk van meer as ’n dekade dui daarop dat hy nie ’n one trick pony is nie.

Straks minder sigbaar vir die openbare oog, is sy visie om spelers ’n geheel te maak, naamlik die span.

Met Meyer as hoofafrigter het die Blou Bulle-unie ’n hele paar goue jare beleef, soos laas in die tyd van Oom Buurman van Zyl toe die ou Noord-Transvaal die Curriebeker vier jaar agtereenvolgens gewen het.

Verdwerg in sy prestasies is egter die een wat ’n visioenêre afrigter van die res onderskei.

Dit is die prestasie wat hy met die piepklein SWD-span in 1999 vermag het toe die Suidwestelike Distrikte vir die eerste keer in 100 jaar in die halfeindstryd van die Curriebeker gespeel het met oorwinnings oor die Blou Bulle en die WP in daardie seisoen.

Dit, en die vele reeksbekers wat hy daarna gewen het, onderskryf sy vermoë as ’n skeppende afrigter wat die kuns verstaan om die hede en die toekoms een groter geheel te maak.

Sy versiendheid met talentontwikkeling én -identifikasie het hom oor ’n dekade ’n onontbeerlike deel van Loftus-rugby se sukses gemaak.

Dis hierdie kundigheid wat die nou afgeleefde “handelsmerk” van Springbok-rugby in iets veel meer opwindend en minder voorspelbaar moet verander.

Springbok-rugby bevind hom nou op ’n plek wat vernuwing en verandering vereis. Die tyd is verby dat ’n Springbokspan op die veld draf met die statistieke van “mees ervare span nog” as die hoofsaaklike wen-faktor.

Die Bulle se knorrigheid oor hul verlies is verstaanbaar. Hulle moet daaroor kom.

Die land se rugbypubliek is in afwagting om weer bruisende wen-toetsrugby te sien.

Dit gaan straf wees met die Springbokke wat tussen Junie en die einde van November vanjaar 12 toetse speel. Dis boonop teen formidabele teenstanders en in ’n eerste seisoen van die nuwe Viernasies-kampioenskap van die Suidelike Halfrond, ’n terugkeer van toere met drie tuistoetse en ’n mengsel van toetse en SuperRugby.

Meyer het as afrigter in die groter arena van die spel genoeg sakke sout verorber om te weet die verwagtinge van die rugbypubliek is groot.

Dis enorm – maar ook sonder genade.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.