Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Schabir Shaik ’n toets vir Zuma

2009-12-19 19:10

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die regering se hantering van ons koerant se onthullings vandag oor hoe die bedrieër Schabir Shaik spekvet en gesond in Durban rondhang, is ’n toets of pres. Jacob Zuma die land wil regeer soos ’n regstaat of ’n rampokkerbende.

Dit is uit die gebeure duidelik dat Shaik bepaald nie terminaal siek is nie. Sy gedrag en stellings toon duidelik dat hy nie op sy sterfbed lê nie.

Van die begin van hierdie Shaik-siektesage was dit duidelik dat alles nie wel is nie. ’n Koerant is nie ’n braaivleisvuur nie. As ’n mens D.J. Opperman se gedig “Negester en stedelig” effens vir die koerant kan aanpas: Aan jou woorde (as koerant) grens ’n ewigheid.

Daarom het ons ons woorde getel. Maar sien is glo en enigeen kan vandag op die voorblad sien wat aangaan. Mediese parool is ’n menslikheidsgebaar teenoor sterwendes, bedoel om gevangenes in vrede te laat sterwe, soos met die vrylating van die aktivis Bram Fischer enkele dae voor sy dood toe hy sterwend was aan kanker.

Mediese parool is nie ’n guns om aan ’n misdadige vriend te laat bewys nie, en presidensiële kwytskelding is nie ’n geskenk om aan so ’n misdadige vriend uit te deel nie. Dit is regsprosesse vir uiterse omstandighede. Om dit te misbruik of te minag, ondergrawe die regstaat soos gewaarborg deur die Grondwet wat Zuma in sy ampseed beloof het om te eerbiedig en te verdedig.

Algaande meer denkende mense sal algaande moeiliker glo hier is nié ’n slang in die gras nie.

Martin Luther King het gesê al wat nodig is vir boosheid om te oorwin, is dat goeie mense stilbly. Rapport kan oor hierdie gebeure nie stilbly nie, want wat hier gebeur het, is hoogs verdag.

Die Zuma-regering kan die situasie op een van twee maniere hanteer. Die eerste opsie is om dringend ’n onafhanklike ondersoek te laat doen en Shaik medies te laat toets deur onafhanklike medici van statuur; nie kwakke met politieke lojaliteite nie.

Die tweede opsie is om die hande te was soos Pontius Pilatus en niks te doen nie. ’n Meer siniese daad kan ’n mens jou nouliks voorstel, maar dit sal strook met alte veel besluite wat Zuma reeds oor diegene in sy dampkring geneem het.

Die eerste opsie sou die korrekte wees; die tweede, in hierdie Zuma-era, die waarskynlike. Ons hoop op die eerste, maar wat ’n skandelike jammerte dat die korrekte optrede met hierdie president byna nooit die waarskynlike is nie.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Andre 12/19/2009 9:31:21 PM
Ek dink Shaik se parool behoort ingetrek te word hangende 'n onafhanklike ondersoek. Hy kan mos maar weer in 'n (staats)hospitaal lê tydens sodanige ondersoek. Aan die anderkant, het Zuma nie maar ook die tronkdeure op 'n ewe omstrede wyse vrygespring nie?
Jannes 12/19/2009 10:34:05 PM
Kyk, ALMAL weet mos dat Shaik se "mediese parool" van die begin af bog was. Nes sy ellelange verblyf in privaat hospitaalkamers eerder as sy tronksel kamma vir sy "bloeddruk". Dis 'n liegspul van hoek tot kant. En almal weet dit.
Dawid 12/20/2009 2:40:20 AM
Shaik hou van sokker, sal kwytgeskel wees voor die World Cup!
lk 12/20/2009 10:10:23 AM
Ek het 'n prentjie in my kop! Zuma op die boonste bedjie, Sheik op die onderste bedjie en aan die anderkant van die 1m x 1m sel, op die boonste bedjie Selebi en op die onderste bedjie Agliotti en die die man met die bos sleutels voor die traliehek, Julius Malema! En Jingle Bell, jingle bell as agtergrond musiek. Wat 'n lkr kersgeskenk.
Yvonne 12/20/2009 10:43:07 AM
Hy moet terug tronk toe! Hy sal nie lank daar wees nie dan sal hy begin praat en dan sal die waarheid uitkom wie nog betrokke was en vir hoeveel. Is daar daar dan nie n manier hoe Suid Afrikaners kan saamstaan en gaan betoog en toy toy oor hier man sou hy nie vervolg word en dan Zuma DWING on te luister wat die belastingbetalers en ander Inwoners van hierdie dink en hulle regte ook in ag neem. Hulle is mos nie hemelwesens wat met alles kan wegkom nie.!
Lilian 12/20/2009 10:46:56 AM
Hy moet terug tronk toe en hospitaal toe dan al nie waar onafhanklike dokter hom kan ondersoek en al die nodige toetse doen. Laat ons dan nou maar vir een en altyd weet of die man besig is om te sterf of nie! Hy lyk vet en perdfris gesond! Het baie gewig ook aangesit. As hy so half blind is kan hy mos nie bestuur nie! Dit is alles twak. Hy weet te veel en kan nie praat nie want dan maak hulle hom nog dood ook en hy weet dit. So sit hom in die tronk tot hy praat en beskerm hom daar. Hy sal welbeing sing soos n kanarie sommer gou- MAAR die ander skuldiges sal dit nooit laat gebeur nie !
Johnny 12/20/2009 11:56:45 AM
Ek vermoed, as hy sy mond oopmaak en praat, sit ons met ANC-topstruktuur in die tronk. Ons word deur die ore gewerk en regeer deur kriminele, ingestem deur baba/oumaverkragters en ou boer moordenaars.
cecil 12/20/2009 12:16:13 PM
Wat is die kans dat hy terug gaan tjoekie toe? Seker netsoveel as wat Bafana-Bafana in 2010 die SWC beker in ZA gaan hou.... raak gewoond daaraan dat Shabhir kroonwild is, selfs dalk die toekomstige Minister vir Finansies...
martin 1/11/2010 9:51:00 AM
Ek hou van Yvonne(12/20/2009)se denkwyse om die massa so ver te kry om n ondersoek na Shabir en ook ander sake af te dwing. Die DA by monde van Me. Zille het reeds gese dat hulle niks gaan doen nie, aangesien hulle nie in beheer is nie, en dat ons die regering kry wat ons voor stem en dus verdien. Is daar dalk mense met kennis tov so n dryfkrag. Laat van julle hoor en miskien kan ons iets aan die gang kry!!! Onthou, as hy eers kwytskelding ontvang het, is dit finaal en dus te laat.
Stoffel 1/24/2010 6:36:05 AM
Ek stem saam met Johnny. Die lompe gekonkelry met Shaik tesame met lg se arrogansie en onaantasbaarheid bevestig tog net dat die man inligting het wat die wereld vir baie warm kan maak. Maar kom ons wees realisties: op hierdie stadium kan ons baie swakker doen as onse Prez. Kan hy (die Prez) dan nie maar kwytgeskeld word en Shaik tjoekie toe nie? Soos die ou oom altyd gese het: Jy weet, ek weet nie!
J Botes 1/31/2010 7:30:22 PM
Ek stem heeltemal saam met die gedagte van die artikel, maar wat my net verbaas is die swak navorsing wat gedoen is in terme van die stelling dat Martin Luther King gese het: "Al wat nodig is vir boosheid om te oorwin.."
Die stelling is baie bekend, en word oor die algemeen toegeken aan Edmund Burke, maar is in werklikheid die eerste keer toegeken aan Leo Tolstoy se boek "War and Peace".
Die stelling het baie variante, maar die bekendste is seker, "All that is necessary for evil to triumph is for good men to do nothing".
Dit was nog nooit toegeken aan Martin Luther King nie. Waar die stukkie insig vandaan kom kan ek maar net wonder.


Is dit maar 'n tipering van die afrika sindroom dat ons nou maar sommer feite uit ons duim suig en hoop niemand kom dit agter nie. Dit maak afbreek aan goeie joernalistiek en onderskat die leser se intellek.

Kan ons werklik joernaliste ernstig opneem as hulle aan ons bewys dat hulle eenvoudig te lui is om basiese feite reg te kry voor hulle iets publiseer, of bewys dit die stelling dat jy nie iemand kan optrek na jou vlak toe nie. Hulle sal jou aftrek na hulle vlak toe en verslaan met ondervinding?

Betsie 3/7/2010 6:15:12 AM
"Dit is uit die gebeure duidelik dat Shaik bepaald nie terminaal siek is nie". Dit het Rapport baie lank gevat om DIT uit te pluis.
Kan Rapport darem al uitpluis dat Julius Malema die SA se volgende Staatspresident sal wees?? Of sal dit ook 2 jaar vat om dit uit te pluis??
kolie 3/7/2010 8:46:25 AM
Die beste wat gedoen kan word is dat die hele ondersoek rakende sy Mediese Paroolraad deur die Portefulje Komitee van DKD gedoen word, die DA dien mos ook op die komitee en dat die dokumente aan die publiek beskikbaar gestel kan word sodat ons self kan sien hoe bedrieg mens nou eintlik, is mos waar voor hy tronk toe was en moet nie Zuma se aandeel vergeet nie. Mnr J. Botes die aanhaling is nie toegeken aan King nie, dit is in konteks gebruik om 'n meer kragtiger bewusmaking by die leser te ontwikkel oor hoe vinnig die land onder die nuwe leierskap terugval na 'n tydperk soos die waarin King daardie woorde mos gebruik om geregtigheid te verseker vir alle mense.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ASSISTANT MANAGER: PRODUCT ENGINEERING

Gauteng
MultiChoice Africa

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R390,000-440,000 Per Annum Cost To Company

Senior Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-580,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...