Staatsrede

2010-02-13 15:26

Onmenslikheid sou deel van elke persoonlikheid moes wees wat nie ten minste ’n mate van meelewing of deernis met pres. Jacob Zuma gehad het met die lewering van sy staatsrede nie.

 Hy beleef ’n persoonlike laagtepunt, en enigeen wat hom in die Nasionale Vergadering dopgehou het, kon daardie tragiese waarheid sien.

Sy opponente en sy ondersteuners weet die jag is oop op hom.

Vertrouelinge draai teen hom, en die twee dae verlof wat hy verlede week gehad het, was doodgewoon om tot verhaal te kom, asook om al die ou ANC-kamerade te woord te staan wat hom die kop wou was.

ANC-LP’s het sterk bewoorde e-posse aan die president gestuur en die gevoel dat hy die land in die steek gelaat het, word agter die fasade van ANC-eenheid gedeel en sterk verwoord.

Dit gaan sleg met die president.

’n Mens se simpatie is egter beperk, en word spesifiek daardeur ingeperk dat die president die argitek van sy eie ondergang is. Sy persoonlike gedrag, ’n swak toespraak en powere lewering van daardie toespraak dra by tot ’n indruk dat hy nie in beheer is van homself nie.

’n Staatshoof beklee ’n hoë amp met die hoogste verantwoordelikheid en verwagtinge. Hieraan het Zuma en sy toespraak nie voldoen nie.

Verlede week het ons kommentaar op sy persoonlike gedrag gelewer, en die gebrekkige lewering van sy toespraak is vir elkeen sigbaar. Kom ons kyk dus na die inhoud van die staatsrede.

Die rol van die staatsrede is die staatshoof se bestekopname van die politieke klimaat in die land, die stel van die jaar se regeringsmikpunte en die mate waartoe die vorige staatsrede se mikpunte bereik is.

Die mooi versoenende aanvang van vanjaar se staatsrede kon nie die gebrek aan inhoud wegsteek nie. Daar is bykans geen meetbare uitkomste nie, en die bestekopname van verlede jaar se werkskeppingsbeloftes was hoogs ongeloofwaardig, selfs krea­tief.

Dit is die allergrootste onsin vir die presidensie om te beweer die besonderhede sal eers oor die volgende ses maande in die departementele begrotingsposte duidelik word. Natuurlik sal dit – maar die rol van die staatsrede is om solank die belangrikste meetbare merkers in die grond te slaan.

Dit het nie gebeur nie, en daarom het die staatsrede misluk.

As die staatshoof homself uit sy huidige politieke gat wil grawe, moet hy die politiek minder as ’n tea­ter bedryf.

Hy moet toon dat hy planmatig in beheer is van die regering wat hy veronderstel is om te lei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

Frederick sê... Mark en Mike En Willem, Ons as gelowiges kan julle nie RED nie. Daar is geen persoon op aarde wat daardie taak kan verrig nie, maar slegs die WERKING van DIE GEES VAN GOD kan julle tot ander insigte bring. Wat ons probeer doen het is om die waarheid soos wat in GOD SE WOORD verkondig word aan julle oor te dra. Julle stel nie belang nie . ABSOLUUT JULLE KEUSE. Om verder gesprek te voer is soos om die koei nie te span voordat jy begin melk nie. Die emmer gaan omgeskop raak en al die melk en werk is vergeefs gewees. Geniet wat julle met julle lewens wil doen maar gee aan GOD rekenskap. Frikkie Koen Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.