Stakers moet reg op lewe respekteer

2010-08-21 18:36

 Die optrede van sommige stakende onderwysers en gesondheidswerkers is niks anders as misdadig nie.

Kyk, staatsdienswerkers het ’n demokratiese reg om aan wettige, vreedsame stakings deel te neem as hulle voel hul griewe word nie by die onderhandelingstafel opgelos nie.

Stakers het egter geen reg om ander mense op gewelddadige wyse van húl regte te ontneem nie. Daar is veral twee regte hier ter sprake: siek mense se reg op lewensreddende sorg en kinders se reg op opvoeding.

Om te verseker dat ons siekes en kinders hierdie basiese regte in ’n veilige omgewing kan geniet, moet onderwysers en mediese personeel wat nié wil staak nie, gelos word om hul werk te doen. Skole en hospitale se gebeurlikheidsplanne mag nie ontwrig word nie.

’n Mens moet egter ’n hart van klip hê om nie te simpatiseer met hardwerkende onderwysers en verpleegsters wat ná lang jare diens steeds karige salarisse verdien nie. Dit is skandalig.

En dit is ongetwyfeld so dat die regering in sy onderhandelinge met vakbonde allermins ’n morele gesagsposisie het. Die vermorsing van belastingbetalers se geld op weeldemotors vir ministers en burgemeesters, duur hotelle, partytjies en miljoene rande vir sokkerkaartjies spreek van ’n kripvreter-kultuur op alle vlakke van regering. Dit, tesame met die groot kloof tussen ryk en arm in hierdie land, kan net die harte van stakers verhard.

Maar deur hul gewelddadigheid en minagting vir die regte van die weerloses onder ons verloor die stakers die simpatie van die breë publiek – en loop hulle die gevaar dat stakings hardhandig onderdruk kan word.

Die staatsdiensvakbonde se eis vir verhogings van 8,6% en ’n behuisingsubsidie van R1 000 is nie onredelik nie. Maar die harde werklikheid is dat die regering beswaarlik meer as sy teenaanbod van 7% en ’n behuisingsubsidie van R700 kan bekostig. Daar is klaarblyklik net nie meer geld nie. En 7% is in ooreenstemming met verhogings in dele van die private sektor vanjaar – en selfs hoër as in baie dele van die private sektor.

’n Oplossing moet gevind word. Dit is in die beste belang van die hele land dat die regering en die stakers so gou moontlik ’n manier vind om die kloof tussen hulle te oorbrug.

Dienslewering kan verder in duie stort onder langdurige druk van hierdie aard. En die matriekeksamen is om die draai. Verlede jaar se slaagsyfer van 60,7% gaan beslis nie verbeter as sake só aangaan nie.

Anargistiese optrede deur vakbonde is egter geen oplossing nie. Dit kan net ons samelewing verdeel en die land ekonomies en polities onstabiel maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

Willem sê... Dankie vir jou oulike skrywe Ian. Ek geniet dit baie. Ek vind my in jou woorde, en natuurlik is ons goeie mense vir wie die Liewe Vader ook harte gegee het. Soos my een vriendin Elmari altyd genoem het "Ek het ook 'n binneste". Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.