Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Vredesheim vra nou eerlike dade

2010-01-30 16:38

 Dit moet soms eers nag word om die sterre op hul helderste te kan sien. Die FW de Klerk-stigting se beraad op die Vredesheim-landgoed, waar openlik en reguit oor die stand van Afrikaans gepraat is, is ’n welkome ligstraal nadat die sogenaamde taaldebat die laaste paar maande die onderskeie rolspelers weerskante van die diskoers se nekhare laat kriewel het.

Ontleed ’n mens die Vredesheim-gespreksgenote se kommentaar en voorstelle, is dit opmerklik dat daar tog een belangrike verskuiwing in denke blyk te wees: meertaligheid as ankerpunt. Of dit nou gegiet word in die vorm van parallelmedium-onderrig, tolk-opsie of tweetaligheid.

Die res van die taalinventaris, wat deur die gespreksgenote opgestel is, is maar taamlik generies. Niks nuuts, niks vreemds.
Die haastige gebabbel op Vredesheim sal egter nou in tasbare dade omgesit moet word. Daar behoort nie plek te wees vir taalkonkelaars of taalfopdossers met verskuilde en geheime agendas nie. Die oop gesprek oor Afrikaans behoort presies dít te wees – OOP. En hóú dit oop.

Hier kan die woorde van die gevierde Britse Baptiste-priester Charles Spurgeon gerus onthou word. Spurgeon sê vissermanne wat nie vis kan vang nie en saaiers wat nie kan saai nie, moet van die waters en akkers wegbly.
So moet taalmanne wat hink en pink maar vervang word. Nuwe pasaangeërs is nodig. Eerlike onderhandelaars met ewe eerlike motiewe.

Want elkeen van ons Afrikaanses – of ons langs die swembad in Rondebosch of in die kombuis in Ravensmead werskaf – dink, luister, droom en kommunikeer in ons eie, sonderlinge taal.

Ons taal is veel meer as die woorde wat by ons mond uitkom. Dis ’n uiting van ons kultuur, ervarings, ons waardes en norme.

Nes g’n voorgeskrewe waarde of reëls dus aan Afrikaans geheg kan word nie, kan die voortbestaan en florering daarvan ook nie afhang van die pogings van ’n redelik klein en homogene groep om die taal te “bewaar” nie.

Wyl die afgelope sowat 15 jaar al om die hawerklap openbare twis oor die sogenaamde “behoud van Afrikaans” uitbreek – waar “taalbulle” daarvan beskuldig word dat hulle die “taalstryd” voer ter wille van wit eksklusiwiteit – is daar ’n falanks Suid-Afrikaners wat dag ná dag, dikwels salig onbewus van én ongeïnteresseerd in dié “stryd”, voortgaan om te dink, droom, bid, skep en hoop in Afrikaans.

En dis meestal in alternatiewe ruimtes – ver verwyderd van stugge binnekamers, rektorskantore en raadsale – waar die taal floreer.

Lewer kommentaar op dié storie


Christof 1/30/2010 8:49:51 PM
Taal en Kultuur (Die Totale Aanslag)
Die ANC Regering verstaan en begryp nie sy rol as Nasionale regeerder van die land nie, is so vasgevang in sy eie en sy Alliansie vennote se verwagtinge, dat hy sy taak mis en die burgers van die land versaak.
Ons sit in ‘n land met ‘n verskeidenheid van gemeenskappe, kulture, rasse, tale, ens. Erken die regering werklik hierdie verskeidenheid in die land? Ons is wat dit aan betref seker een van die meer heterogene bevolkings ter wereld. Dus sit ons met ‘n verskeidenheid wat afsonderlik as groepe en gesamentlik as burgers van die land behoeftes het wat na omgesien en bevredig moet word.
Hierdie kan sekerlik in die volgende twee hoof groepe ingedeel word nl: kulturele behoeftes en ekonomiese behoeftes.
Sekerlik is dit, buiten vir die veiligheid van die land en sy burgers, die grootste verpligting wat enige staat het om na die kulturele en ekonomiese behoeftes van die burgers van die land om te sien.
Natuurlik is dit ‘n taak met enorme uitdagings en verpligtinge en is dit so dat hierdie behoeftes moet ook prakties in die breë samelewing in die land in pas en uitvoerbaar wees. Dit is dus die plig van die staat om met elkeen van die groepe van tyd tot tyd te konsulteer om insette te bekom en ten einde hierdie aspirasies en behoeftes te bevredig.
Daar moet ‘n oorhoofse operasionele plan van die Staat wees wat ruimte skep waarbinne elke groep sy belange en aspirasies kan uit leef en bevredig.
Die land se Grondwet gee dan erkenning hieraan en is dit derhalwe die staat se plig om erkenning aan die grondwet te gee en sy rol as Nasionale regeerder nie te versaak nie.
Ons vind en ervaar dit egter in die praktyk dat die Staat nie daarin slaag of daarin belangstel om hierdie aspirasies, belange en behoeftes van elkeen van die groepe op die hande te dra, aan te moedig en oplossings voor te soek en om dit te bevorder nie.
In plaas daarvan om na elkeen van die groepe se belange om te sien, strukture daar te stel en dit op te hef sodat dit van dieselfde standaard as die Afrikaner s’n is, word die Afrikaner en die Afrikaanssprekendes se kultuur, sy taal en strukture, wat oor die dekades opgebou was, om elke hoek en draai, waar die regering ‘n geleentheid sien, misken en afgebreek.
Kyk maar na die daaglikse aanslag van die Staat teen die Afrikaanse taal, sy skole en sy universiteite. Plaas dat die Staat dit as voorbeeld gebruik van standaard en voortreflikheid en ook die ander groepe se taal en kultuur ophef, maar nee, die Staat is te onbevoeg en te onkundig om dit te kan doen. Die Staat het nie visie nie.
Daarom misken die Staat eerder die Afrikaner en die Afrikaanssprekende sy taal en kultuur en word dit stelselmatig afgebreek, soos ook die Regering van die dag gefaal het om na die burgers van die land se veiligheid om te sien. Ook is hierdie strukture wat in plek was oor ‘n tydperk afgekraak en afgebreek tot die standaard wat dit vandag is.
As die voormelde waar is, hoe seker is ons daarvan dat dit wel onkunde van die Regering is en kan die voormelde net sowel 'n strategie van die ANC wees slegs ten einde die Afrikaner en Afrikaanssprekende hom van sy taal en kultuur te ontneem. Dit ten koste van om dit as vertrekpunt te neem as voorbeeld en om ander groepe op te hef, maar dan sal die ANC die ander groepe dit eerder ontneem net omdat hy die Afrikaner en Afrikaanssprekende nie kan verdra nie.
Dan kan ons ook die vraag vra oor wat werklik die pad vorentoe en die strategie van die ANC is met die ekonomie en die private sektor. Swart bemagtiging, kwotas, transformasie, grondonteiening en dies meer, was hierdie maar net die begin en wat is die werklike en uiteindelike oogmerke van die regering?

Christof 1/30/2010 9:20:38 PM
Die behoefte van die Afrikaanssprekende betreffende moedertaal onderrig moet in ag geneem word en moet die gesprek die voedingsbron vir die Afrikaanse universiteite insluit soos skole in moedertaal onderrig, in die geval Afrikaanse skole. Ook moet die gesprek die Afrikaanse taal in die werkplek insluit. Die verdere realiteite is dat hierdie kan nie in ‘n vakuum iuitgeleef en toegepas word nie. Die aspirasies van die ander groepe betreffende ook hul taal moet in aggeneem word en juis omdat die regering Afrikaans en die Afrikaanssprekende misken moet hierdie by die gesprek ingesluit word. Derhalwe ook moet daar ‘n manier gevind word om ook die regering te betrek en te laat insien dat die aandag gee aan hierdie aspirasies en opheffing van die taal van ook die ander taalgroepe net ‘n voordeel in die oorlewing en vooruitgang van die land met sy diverse tale ten gevolge sal hê.
JJJA1 1/31/2010 5:46:31 AM
`n Poëtiese stukkie skryfwerk. En inspirerend vir die dromerige Rondebosch-langs-die-swembad tipe, of die arm kleurling wat hoop om in Afrikaans op Stellenbosch te studeer. Maar vewyder van die werklikheid. Ironies genoeg: "Of dit nou gegiet word in die vorm van parallelmedium-onderrig, tolk-opsie of tweetaligheid."- Dis presies wat ek elders sê sal dadels van kom. En jy kan dit maar snedig etiketteer: "’n redelik klein en homogene groep" - hierdie groepie, wat besef dis konfrontasie of uiteindelik onafwendbare stelselmatige uitfasering (presies soos dit was met die Kemptonpark-onderhandelings) wat die laaste stukkie vlag sal dra voordat dit onder die water verdwyn. Maar verdwyn sal dit verdwyn.
Henk 1/31/2010 6:49:43 AM
Ek wil graag op grond van die volgende definisie 'n paar stellings maak. Definisie: "Multiculturalism is a fair system that allows people to truly express who they are within a society, that is more tolerant and that adapts better to social issues. In societies where ethnic groups have comparatively equal status, difference is tolerated better." Om bogenoemde te laat werk moet mense kultureel bevoeg wees en om dit te wees moet mens na die volgende let: a)Jou eie kultuur ken en die se beskouing goed onder die knie he, b) 'n positiewe houding teenoor kulturele verskille he. c)Kennis he van die ander kulture waartussen jy beweeg en hulle respekteer d) oorgrens-kulturele bevoegdheid he. As mens kulturele bevoegdheid ontwikkel gee dit jou die vermoe om verskillende kulture te verstaan, effektief met hulle te kommunikeer en lei dit tot 'n effektiewe interaktiwiteit. Ons moet hierby uitkom om alle tale ‘n kans te gee. Almal wat Engels praat is nie Engelse afkomstig van Engeland nie. Dit geld vir Duits, Frans, Portugees,ens, ens. So daar is iewers vir elke taal 'n kern oorsprong en dit is gewoonlik daardie mense wat om die behoud van 'n taal veg. Daar sal altyd mense met verskuilde agendas wees wat ook deelneem waar hulle nie eintlik hoort nie. Jy moet self besluit hoekom die taal waarin jy jou diepste emosies uitdruk vir jou belangrik is. So dit maak werklik nie saak wat elkeen se rede is waarom hy vir 'n spesifieke taal se voorbestaan veg nie. Afrikaans is vir miljoene mense om verskillende redes belangrik en wat die redes is, is dus irrelevant. Dit is gewoondlik die gryses van enige kultuur wat die voortbestaan van wat vir daardie kultuur belangrik is dryf sodat dit vir die nageslag behoue bly. Die ANC probeer ‘n kultuurlose omgewing skep, A No Culture society (ANC). Die resep vir vernietiging van alle waardes vir alle kulture. Die ander Kulture begin dit hier en daar verstaan. So dankie aan almal wat 'n positiewe bydrae maak tot die behoud van Afrikaans, 'n taal waarin miljoene hulself pragtig en met trots uitdruk.
Anton 1/31/2010 8:06:42 AM
Wat op dees aarde is 'n "Afrikaanse?" Is dit 'n volk? Nee. Is daar mense wat hulself Afrikaanses noem? Nee. Dis 'n belaglike Naspers-uitvindsel, die vuvuzela-blasers vir die mislukte mengelmoes van die gefaalde reenboognasie.
Dan Roodt 1/31/2010 4:50:57 PM
Ek en PRAAG is al 14 jaar besig met die taalstryd en is nie uitgenooi na FW se partytjie nie. So ook nie die FAK nie, want ons is mos wit en Afrikaans, dus nie "Afrikaanse" of kruiperig genoeg nie. Dis egter laat in die dag as FW wat terugskouend militêr aan Umkhonto oorgegee het - want beheer hulle nie nou die land se wapens en ontwapen ons nie? - hom oor Afrikaans moeg maak. Implisiet erken hy ook dat sy "wigte en teenwigte" en ander retoriese twak waarmee hy te koop geloop het, misluk het. Vandaar sy praatjiesmakery oor Afrikaans. Mzansi is 'n Engelse land; loop net in die straat af of gaan na jou winkelsentrum om dit te ervaar. Slegs 'n volkstaat in die Noorde sal Afrikaans red, want die "Afrikaanses" van Kaapstad en omgewing het reeds verengels, volgens gesaghebbende taalkundige studies... Vergeet van Stellenbosch University, die koeël is deur die kerk. Ons moet nou vir vryheid en onafhanlikheid van hierdie Britse-empaaier-in-die-kleine stry. In elk geval weet nóg De Klerk nóg die hoofartikelskrywer van Rapport enigiets van Afrikaans, ons geskiedenis of kultuur. Hulle praat net (soms) Afrikaans en huldig 'n 100% Engelse wêreldbeskouing, waarin hulle in hul waan neersien op Afrikaners, Duitsers, Franse, Russe en alle nie-Engelse. Pass the gin and tonic please. Skryf liewer vir ons oor SA se goeie Engelse grondwet en hoe transformasie versnel moet word, dan sal ons julle ernstiger opneem.
Matt Heyns 1/31/2010 5:13:36 PM
Op 20 Maart 1998 sê BB "Afrikaans mag nie net 'n gemakstaal of voertaal wees nie" Afrikaans stel ons in staat om ons identiteit te bepaal, om ons gevoelens te verwoord en idees neer te pen. As ons Afrikaans afskeep sal Olive Schreiner in sy graf hande klap. Engels is inderdaad 'n belangrike wapen in die imperialistiese arsenaal wat deur Islam ingespan word om bekeerlinge te werf. Meer as 'n derde van die wêreld se bevolking gebruik hierdie taal. Ons kan nie van die papier grondwet verwag om moedertaal skole daar te stel nie. Die KH het alreeds daarop gewys dat die powere grondwet nie daarvoor voorsiening maak nie. Vir SA, met sy meertalige samelewing, is die grondwet eenvoudig onvoldoende. Moedertaal onderrig sal nooit Afrikaanse onderwys beveilig nie. Al hoe meer moedertaal skole, met 'n bepaalde etos en karakter, sneuwel in die NSA. Hoe kan 'n taal op hierdie wyse sy hoë funksies behou. Moedertaal onderwys is nie die werklike strydpunt nie. Moedertaal skole is egter gebiedend noodsaaklik. Shalom!
JVR 1/31/2010 9:44:46 PM
Daar sal natuurlik niks kom van die Vredesheim debat nie. En die ANC sal nie vatbaar wees vir voorstelle oor taal nie omdat hulle nie vatbaar hoef te wees nie.
Joanie 2/7/2010 2:00:45 PM
Die regering is MOEDSWILLIG omtrent Afrikaans. En moenie dink hul sal verander nie. Die ergste is: ons klomp slapgat Afrikaners wat nou ons kinders in Engelse skole sit, Engels praat in winkels (dikwels met mede- Afrikaners,) 'n sieklike brabbeltaal handhaaf om sodoende IN te wees. Ons is die mense wat ons wonderlike skatkis van letterkunde te vergeet, ons akademiese taal weggooi.Ons stap aan agter die lamlendige menigtes. Het ons dan ons TROTS verloor?? Is ons nou soos N KLOMP STRAATHONDE wat nie weet waarvandaan ons kom nie?? Het ons nie n wonderlike kultuur nie??? Ag nee wat burgers, staan op en wys dat julle murg in julle pype het!!! Ek sal my wonderlike taal AFRIKAANS bevorder, al is ek die enigste piepstemmetjie in die woestyn. |WANT EK IS NIE N SLAPGAT NIE!!!!!
MJ 2/15/2010 8:52:33 PM
`n Welkome ligstraal vir wie????
Stoffel 2/21/2010 6:31:26 AM
As ek net kyk na die lengte van die kommentare wat gelewer word op hierdie forum(sommige kom sommer terug vir 'n tweede sessie)!! As jy in Afrikaans nie in een of twee sinnetjies kan sê wat jy wil sê nie, lei jy aan verbale diarree en niemand luister na jou nie. Sê jou sê kort en kragtig. (Netso! -- inhoudsred.)
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...