Wat 'n Lotto-skande!

2012-02-04 14:43

Met die afskop van die Nasionale Lotery in Maart 2000 is groot gewag gemaak van die enorme bydrae wat dit kan lewer tot algemene opheffingswerk in die land deur maatskaplike welsynsprogramme te finansier.

Die geld in die lotery se verspreidingsfonds sou broodnodige bystand verleen aan talle welsynsorganisasies wat met min hulpbronne die mees behoeftiges moes dien. Helaas.

Die afgelope jare is tientalle kere berig oor hoe baie van dié organisasies in skuld gedompel is – hoe van hulle die handdoek moet ingooi en sommige desperaat dreig om hul deure toe te maak weens die gesloer met die uitbetaling van toelaes.

Vandag berig Rapport opnuut oor ernstige onreëlmatighede in die toekenning van hierdie geld. Daar is sprake van wanadministrasie en korrupsie en dit kom ná talle kommerwekkende gevalle van klaarblyklike wanbesteding van Lottogeld.

So is R15 miljoen geskenk aan ’n stigting van een van die lede van die trustfonds. Die groep Earth, Wind & Fire is met R3,7 miljoen geborg vir ’n optrede in Johannesburg. R1 miljoen is aan Cosatu gegee vir ’n partytjie. Die berugte wêreldjeugfees is met R40 miljoen gefinansier. Die sokkervereniging Safa het byna R30 miljoen ontvang.

Niks hiervan het enigsins iets met armoedeverligting te make nie. Dit is ’n absolute skande.

Nie net is daar reeds agterdog by die publiek oor die manier waarop prystrekkings hanteer word nie; die klaarblyklike onbevoegde amptenare by die lotery hou ook broodnodige hulp weg van die armste Suid-Afrikaners.

Dit is hoog tyd dat die minister van handel en nywerheid die sweep klap. Hoe gouer, hoe beter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.