Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Wie regeer nou eintlik die land?

2010-03-13 18:08

Dit is bepaald nie vir Rapport lekker om vandag ’n ontstellende hoofberig te moet publiseer oor die regering se nuutste gevaarlike rondvallery oor grondwetlik verskanste eiendomsreg nie.

Net soos die bontpratery oor nasionalisering dui op die vakuum wat daar op beleidsvlak rus in ’n regering waar populisme stelselmatig belangriker word as politieke beginsel.

Vandag se voorbeeld is mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Sy oggend- en aandpraatjies verskil, en dit gaan hier oor mense se lewensbrood.

Op 2 Maart nog het hy onomwonde gesê die regering beplan slegs om in te gryp in die produktiewe bestuur van grond wat herverdeel word of in kommunale besit is. Nou praat hy sy direkteur-generaal na, en is alle produktiewe landbougrond moontlik in die visier, art. 25 van die Grondwet ten spyt.

Op watter afgesonderde werkwinkel die betrokke amptenary en minister mekaar sit in opstoom het om tot die besluit te kom dat hierdie ’n goeie besluit is, weet nugter. Ervaring wys gelukkig dat baie van hierdie onbekookte idees in die snippermandjie beland wanneer nugter bydraes in ’n wyer debatskring volg.

Wanneer die regering die foute van sy weë besef (en watter genade is dit nie telkemale nie!) word daardie ou holruggeryde verskoning gebruik dat die betrokkenes buite konteks aangehaal is, of dat alarmisties opgetree is.

Dit het Rapport nie gedoen nie. Ons is bewus daarvan dat die moontlike wegneem van eiendomsreg een van die grootste vrese van ons lesers is en dat dit neerkom op ’n verkragting deur die ANC van die onderhandelde skikking wat ons Grondwet ondervang.

Ons berig dus nie ligtelik hieroor nie. Ons het sowel vir Nkwinti as mnr. Thozi Gwanya, direkteurgeneraal van grondsake, in kennis gestel van sowel die inhoud van die berigte as hul waarskynlike uitwerking. Die wyse waarop die twee ooreengekom en verskil het, word in ons berig op bl. 2 vervat. Meer kon ons nie doen om hulle teen die gevolge van hul ondeurdagtheid te waarsku nie.

Pres. Jacob Zuma kuier graag saam met allerlei mense, en hierdie week was dit ’n paar Afrikaners wat sy ampswoning besoek het. Mens wens hy wil hom dit aan die verstand bring dat ’n paar drankies en geselsies oor koeitjies en kalfies nooit kan opweeg teen die vergrype wat die aanslag op eiendomsreg verteenwoordig nie.

Hopelik keur sy kabinet hierdie stommiteit af. En hopelik help ons publikasie daarvan dat sy regering die Grondwet eerbiedig en eiendomsreg waarborg. Dis ons bede.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Christof 3/13/2010 6:56:09 PM
Kom ons benader 'n slag hierdie probleem van onkunde by hierdie instelling as volg:

Hoe Skerp is Raadslede, Ministers en Persone in die Openbare Sektor?

In die private sektor, by die groot instansies ten minste, was die werkers se intelligensie en vaardighede in die vroëre jare van tyd tot tyd gemeet. Hierdie was standaard praktyk en het almal dit verwelkom.
Heel logies was hierdie metings vir die maatskappye veral van kardinale belang om hulle in staat te stel en om hulle by te staan om die betrokke persoon in die regte rigting en pos in daardie maatskappy aan te wend.

Ook was hierdie van kardinale belang vir die maatskappy om te kon evalueer of die persoon geskik vir ‘n betrokke pos, waar dit vereis word, of werk in die maatskappy, sou wees en om te verseker dat hy of sy dit sou kon hanteer.

Van tyd tot tyd is persone, in ‘n spesifieke groep of individueel, in die maatskappy gemeet en getoets en is hierdie metings in ag geneem voor sodanige persone vir bevordering na bestuursposte, en hoër, in aanmerking geneem is.

Al hierdie was vir almal dood logies en krities aanvaarbaar deurdat dit verseker het dat die werk wat die betrokke pos behels nie bo die persoon se vuurmaakplek was nie en dat hy die verantwoordelikheid, wat saam met die betrokke pos en werk gaan, sou kon hanteer.

Nie net was hierdie van die uiterste belang vir die betrokke instansie nie, maar ook vir die betrokke persoon wie dan verseker was dat hy nie blootgestel gaan word aan ‘n pos en werk waarvoor hy nie die vermoë het nie.
Ook was hierdie ‘n gerusstelling vir die werker en bevestiging van die maatskappy se vertroue in daardie persoon en het dit sy selfvertroue bevorder. Let wel, die voormelde metings se uitslae was egter nie ‘n waarborg dat sodanige persoon suksesvol sou wees nie.

As mens kyk na die vlak van kommunikasie, debatvoering en kundigheid van Raadslede en veral Ministers, partyleiers en sekere persone in die Openbare sektor, dan wonder mens of dit nie van kardinale belang is dat hierdie persone ook aan intelligensie- en vaardigheids toetse onderwerp moet word, by wyse van wetgewing as dit dan moet, alvorens hulle op ons losgelaat word nie.

Michael 3/13/2010 9:22:14 PM
Die anc kan nie eers plaas dorpies soos sanieshof en brits bestuur wat nog van s.a laat hulle eiendomme vat en dieselfde lot as zimbabwe sal volg, maar dan is daar mos die gesegde as die kop dom is moet die lyf swaarkry.
TB 3/13/2010 9:42:48 PM
Hou op gebede opsê en kom n slag by. Dit het nog nooit enigiets opgelos nie en sal nie nou nie.
James Foley 3/13/2010 11:07:45 PM
Nou weet ons hoekom Suid Afrika so traag is om Mugabe hok te slaan.
JJJA1 3/14/2010 3:16:35 AM
Absoluut korrek; `n paar prominente Afrikaners wat met `n joviale president, beskerm deur `n geslote "dinee" wat hom in staatstel om sy mees uitgesproke talent, naamlik om na die gehoor voor hom se voorkeur te praat, te beoefen, bsweer geen intelligente persoon se vrese nie. En in daardie opsig moet mens Steve Hofmeyer krediet gee; hy besef hy word bloot geko-opteer om geloofwaardigheid te gee aan `n bedrieglike klug wat bloot ten doel het om die Afrikaners te kalmeer en stil te kry. Ongelukkig werk dit. Selfs Mandela het gesien hy hoef bloot `n paar skewe strofes aan te haal uit `n Ingrid Jonker gedig, en almal rondom hom het in bedwelmde bewondering geswymel. My eie mense se "gullibility" maak my naar.
Anton 3/14/2010 5:25:51 AM
"Dis ons bede" - was Rapport se bede dan nie in die verlede 'n swart regering nie? Was julle dan nie voor in die koor met julle entoesiasme oor die bloederige NSA nie? Julle het julle bed gemaak. Slaap nou daarin as die ANC maak soos al die ander swart Afrika-regerings.
AA 3/14/2010 7:16:35 AM
Die ANC lei aan die Afrika siekte en dit is nie Afrika perde siekte nie. Dit is die Afrika kultuur en die gebrek aan oordeels-vermoë. Dit is besig om hulle vas te hou en in die proses gaan hulle hul self uiteindlik doodspartel en vernietig
Derick 3/14/2010 8:46:46 AM
Dit maak nie saak hoe jy daarna kyk, wie jy stuur om met die president te gaan praat, of hoe meer jy gaan kla nie; daar het baie dinge dinge in ons land verander in net die afgelope paar maane, en daar gaan nog dem baie dinge verander in die kort toekoms wat voorle.

Kommunisme. Raak gewoond daaraan, want dit was die beplanning van die begin af. Apartheid was maar net die propoganda wat gebruik was om alles aan die werk te kon kry.
Henk 3/14/2010 8:48:34 AM
Gebed en geloof gaan hand aan hand met doen. God het vir ons verstand gegee om te doen as hy ons lei. So wanneer begin die doen en wie gaan die leiding neem. Dit is die moelike een want elkeen wil homself mos lei. (lees net al die kommentaar op al die berigte in Rapport vandag) Ons trek almal in duisend rigtings en as die interne gevegte verby is, is dit in elk geval te laat want dan is die kind met badwater en al by die venster uit. Lees gerus 1 Kor 3:16 dan verstaan mens die bid, geloof en doen beter, asook waar God is!
Wim Kotze 3/14/2010 10:59:01 AM
A nee a, Anton. Te oordeel aan jou wanvoorstelling van die geskiedenis gaan jy eersdaags erelidmaatskap van die ANC ontvang. Izak de Villiers was destyds redakteur van Rapport toe die ANC die sleutels van die koningkryk ontvang het, maar, na bewering, het sy wee het met die van die koerant geskei juis omdat hy verseg het om die godelikheid van Mandela en die se gespuis in te sien. Gee die huidige redaksie net kans, want wysheid kom met ondervinding.
Hennie 3/14/2010 12:42:53 PM
Ek is nou totaal verward. Ek het seker 300 keer oor die laaste 15 jaar in hierdie einste koerant gelees hoe wonderlik ons grondwet is. Nou blyk dit die grondwet beteken op dees aarde niks. Dit is 'n stukkie papier wat nie eers in lyn is met ander moderne grondwette van multi-etniese state nie. Die populere leuen het 'n eier gelê en toe broei 'n klein monster uit. Die gemiddelde man in die straat kan nie vir ewig belieg word nie. Meneer en Mevrou neem kennis - julle is belieg in 1992. Daar was geen "onderhandelde skikking" of magsdeling nie, dit was slegs magsoorgawe. Dit was toe ten einde laaste net 'n kwessie van tyd.
jan 3/14/2010 9:43:38 PM
Ons grondwet is n eenvoudige "The winner takes all" wet. Punt. Dit beteken sweet blow all vir minderhede. Die gesagstrukture wat in gevolge die wonderlike wet ingestel is,word dan beheer deur die ANC-so,wat verwag julle?Daarom kan mense soos Malema met haatspraak wegkom en hy kom niks oor nie! Dis n flop.En moet tog asb net nie weer se ons moet begin bid nie.Dis futiel,God laat dan alles toe-net soos Hy die apartheidsregime en die Engelse toegelaat het om hierdie land se mense te laat ly.
Ben 3/21/2010 4:52:00 AM
Die Here laat nie met hom spot nie. Al die gelieg van die ou NP haal ons nou in.Hoe het die NP,Rapport,Izak de Villiers inkluis nie gelieg en bedrieg om die konserwatiewes as verkramp ,outyds,te godsdienstig af te maak nie.Hoe is gelag oor ons aansprake dat n swart president kom (regse bangmaakstories). Die wigte en teenwigte sou ons red.Hoeveel van julle wat nou kwaad is vir God was NP lede?? Nee menere,julle het nou die regering wat julle verdien. Kom ons begin nou saamstaan en planne maak (bid ook ,want ons het BAIE genade nodig).Kla julle net of DOEN julle? Kom bou aan n oplossing of dan net n veilige hawe op Orania.Of lag julle dit alweer af? Frustrasies verdwyn as mens positief werk aan n oplossing.
Hennerik 3/21/2010 6:33:14 PM
Ons kan die situasie in ons land in 'n paar woorde opsom. Dis 'n :"grab-and-run" mentaliteit, die oer-oue wet van "survival-of the -fittest". Ons het nou onlangs gesien wat het gebeur met die aansoek van Eskom by die wêreldbank. Daar is net één manier om die manne tot besinning te ruk, en dis om hierdie vergrype aan die groot wêrelklok te hang."Window dressing" is nie goed genoeg nie, die beskaafde wêreld daarbuite is nie so onnosel nie en sal gou-gou die kraantjies toedraai.
Kiewiet 3/29/2010 12:59:59 AM
Stem saam met Ben. Daar was net vir die volk gelieg en het die volk geglo. Waar is die "Eie Skole en Eie Woongebiede" vandag? Die plakkate was die land vol en was dit net leë beloftes! Word wakker mense, gebed is Kragtig!
arnie 4/10/2010 8:13:55 PM
Ja Ben en Kiewiet ek stem met julle saam. Vra gerus vir RAPORT om daarop te antwoord.
Daardie wigte en teenwigte was toe van watte gemaak. Net 'n bietjie druk toe val al daardie beloftes plat. Veduidelikings is nou oorverdowend stil
KOSIE 5/16/2010 8:09:30 AM
Dis net n kwessie van tyd,danloop Gustav Muller in as staatshoof.Sodra ons ,ons wapens reg het vir hierdie komende staatsgreep en burgeroorlog,dan vat ons Gustaf tot by die rang van diktator sodat ons hierdie k....rgors in die mooiste land in die wererlk weer st plek sal vostaa.Ons lys almal wat die swart vieslike regering goedgesind is,en daarmee die bewys dat onder die nuwe blanke regering n Neuremberg gaan weees soos nie in Duitsland,ot daai klug van n waarheidskommissie in SA NIE,DAAR GAAN NPAAR MANNE EN FAMILIES WEES,war deyr due wraak en bitterheid getref gaan word.Maak jou keuse nuy,Reik uit na jou eie,en veg saam ons.My My mense woed vermoor vir somtyds niks en dit laat hierdie gemors in ons samelewing geheel el al uitgewis moiet word,Voorbeelde,die fW de klerk afstammelinge.Bandvloek,die Boer se wraak gaan nie oor 100 jaar ontwak nie maar nou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!en hulle leef in vrees want die boere het planne,planne wat insluit groot masjiengewere met ouns war gens aan oorlogsmidade.Jy weg dieselfde manier as jou vyaund wat hom nie aandie Geneevse konfensie steur nie.Laat die Afrikaner ruis broers,ons manne is al te lank in die tonke!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Danie 5/17/2010 7:43:41 AM
Stem ek darem saam mt Kosie hierbo.n Oolog is wat ons nou gaan red.
Willem 5/17/2010 7:49:50 AM
Gustav Muller van Suidlanders.Julle weet mos wie dit is,die ou wat reeds duisende na syvergaderings trek,die polisie pas hom alreeds op,lank voor Zuma en LEEKOP-GEEN BREINS -weetnie wat n trassie is malema-pel van Storkop Zuma en liegbek korporaal Cele wat dink hy is hoof van die polisie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tester

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...