Zuma moet sweep klap oor eiebelang

2010-01-23 19:51

 Die jaarlikse bosberaad van die kabinet het gekom en gegaan, maar as al die planne met dienslewering wil werk, moet pres. Jacob Zuma die sweep klap oor die ego’s wat bieker en eintlik viool speel terwyl die land brand.

Die spotprent hiernaas bied ’n ligte blik op ’n ernstige probleem, want die ANC raak intern al hoe meer soos ’n piesangrepubliek, met persoonlike opstootjies, eiebelang en die soeke na hoogs betalende en invloedryke posisies wat alte gereeld die nuus oorheers of die koers van die regerende party bepaal.

Voorbeelde is talryk. Verlede jaar het die minister van huisvesting, mnr. Tokyo Sexwale, in ’n kattegeveg met sy voorganger, me. Lindiwe Sisulu (nou minister van verdediging), betrokke geraak ná ’n paar tipies breedsprakige uitsprake van Sexwale oor die peil van staatsbehuising in die tyd toe Sisulu minister van behuising was.

Nadat nydighede ’n ruk lank heen en weer geslinger is, is die twee tot orde geroep. Dit was ’n vermaaklike en woordryke stryd tussen twee van die land se mees formidabele ego’s, maar het dit ’n snars verander aan die standaard van behuising? Nog nie.

Voorts is daar die stryd oor die nasionalisering van myne tussen mnre. Julius Malema en Jeremy Cronin. Dis weliswaar ’n nodige debatskwessie, maar die lae peil daarvan beteken dit ontaard in ’n moddergooiery wat Malema in eiebelang gebruik. Het dit die debat oor nasionalisering laat vorder? Nog nie.

Dan praat ’n mens nie eens van mnr. Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, se poging om mnr. Gwede Mantashe as sekretaris-generaal van die ANC te ontsetel nie; ’n poging waarmee einste Sexwale se onlangse verslag teen die SAKP (gerieflik aan die media gelek die afgelope week) baie sterk verband hou.

Die volgende ANC-konferensie is nog byna vier jaar in die toekoms, maar dis waaraan mense soos Mbalula en Sexwale te veel van hul tyd wy – posisionering in eiebelang.

Hierdie gedrag setel in twee huidige kenmerke van die ANC. Eerstens die geloof (soos verwoord deur Zuma) dat “die party sal regeer tot Jesus terugkeer”, wat die tipies nasionalistiese onvermoë om tussen staat en party te onderskei ten grondslag lê.

Tweedens, die presiese ideologielose populisme wat Zuma self teen oudpres. Thabo Mbeki gebruik het, en wat maklik omsit in die bevordering van eiebelang om topposisies te verkry.

In ’n sin maai Zuma dus die onkruid wat hy gesaai het. Nogtans sal hy hierdie neiging tot eiebelang moet hokslaan, anders sal al die kabinet se mooiste planne hulle daarteen te pletter loop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.