Zuma se sekslewe ís hier van belang

2010-02-06 15:39

“Ons verlang leiers wat nie ons koppe sal laat hang nie. Ons soek nie leiers vir wie ons ons koppe in skaamte sal moet wegsteek nie.”  Dié woorde van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu na aanleiding van mnr. Jacob Zuma se bontpratery oor landsbeleid voordat hy president geword het, was die afgelope week net so geldig.
Suid-Afrikaners kon eintlik maar weer die koppe laat sak. Dié keer oor pres. Zuma se ongure buite-egtelike manewales wat tot wyd in die buiteland weerklank gevind het.

Terwyl Suid-Afrikaners teen dié tyd al met hul president se poligame lewenswyse begin vrede maak het, was die nuus – op die vooraand van die parlementsopening – dat die president sy 20ste
baba in ’n buite-egtelike verhouding verwek het, skokkend om die minste te sê.

Dit het absoluut niks met sy kultuur te maak nie, maar eerder oor sy vermoë (of gebrek daaraan) om homself te beheer.

In dié week moes die land nuwe visie van die staatshoof verwag. Ons moes oor die uitdagings in die land debatteer, want dié is enorm. Pleks daarvan is die tema van die gesprekke nou die president se private eskapades.

Opnuut was hy (welverdiend) die teiken van gekskeerdery.

Die man wat die hoop en aspirasies van die res van die land se inwoners verteenwoordig, behoort meer verantwoordelik te wees. Hy het opnuut gewys waarom hy nie geskik geag word om Suid-Afrika as staatshoof te lei nie. Veral omdat hy as rolmodel misluk het deur weer onveilige seks te beoefen in ’n land met so ’n hoë vlak van MIV- en vigs-infeksie. En dit ten aansien van die grootskaalse gebrek aan morele lewenswyse waaroor hy al self dikwels sy kommer verwoord het.

Die Sowetan het dit op ’n voorblad met sy “Shame of the nation”-hoofartikel goed opgesom.
Zuma is vanselfsprekend omgekrap oor die feit dat sy verhouding met me. Sonono Khoza en die nuus oor hul baba nou bekend is. Hy beskou dit as ’n private saak. Hoewel die Handves van Menseregte in die Grondwet elke burger die reg op privaatheid waarborg, is dit egter nie so eenvoudig nie.

Zuma beklee die hoogste pos in die land en sy leefwyse sál gedurig onder die vergrootglas kom. Daarvoor sal alle waghonde, die media inkluis, sorg – en dis iets waarmee hy vrede moet maak.

So het oudpres. Bill Clinton destyds byna sy pos verloor toe sy owerspelige verhouding met Monica Lewinsky op die lappe gekom het.

En ’n ware leier behoort van voor te lei.

Om links en regs op die ouderdom van 68 seks te hê sonder om voorsorg te tref en kinders te verwek terwyl jy nie die tyd het om hulle by te staan nie, is eenvoudig onverantwoordelik. Punt.

Die land makeer leiers met integriteit en wat voorbeelde stel. Dit kry ons nie van Zuma nie.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.