Daar oorrompel Durbs toe 'n skeptikus

2012-12-09 00:07

Laatoggend land ek op die King Shaka Internasionale Lughawe. Ek vertrek per bussie na die Southern Sun North Beach Hotel. Die hotel is my tuiste vir die volgende twee dae langs die warm Indiese Oseaan.

Die Southern Sun North Beach Hotel se kamers is ruim en luuks. Nadat ek my tassie uitgepak het, vertrek ek na die Suncoast Hotel & Towers vir ’n laat middagete in die Penthouse, die eksklusiefste suite in die hotel. Eksklusief is dit beslis, ’n pragtige uitsig begroet my en ek vergaap my aan die ellelange kuslyn, blougrys branders en enorme skepe wat in die verte in en uit die hawe vaar.

Eetgoedjies te kies en te keur, maar voor ek aan al die eetgoedjies kan begin smul, gaan ek eers vir ’n spa-behandeling in die hotel se spa. Vir ’n stywe nek, seer rug en moeë lyf is dit net die regte medisyne, dink ek by myself. Die masseuse ken beslis haar storie en kort voor lank voel my lyf weer mens en kerm my maag behoorlik vir iets te ete. Die kos is heerlik en die Durbankerrie brand tog nie so erg soos wat ek verwag het nie. Alle komplimente aan die sjef vir die heerlike plaaslike disse.

Op sulke uitstappies eet mens gewoonlik meer as wat jy moet en dit is dié keer ook die geval. Die buffet-aandete by die Lingela-restaurant is te blameer daarvoor dat ek ’n paar kilo’s swaarder weeg. Van soesji, slaaie, kerries, boerekos, nageregte...



Ná ’n heerlike nagrus is dit vroeg uit die bed. Die oggend bring ek deur saam met KwaZulu-Natal Toerisme. By Wilson’s Wharf klim ek op die Spirit of eLan, ’n vyfster- diepsee katamaran, vir ’n twee uur lange plesiervaart.

Later vertrek ek na Umlazi vir middagete by Max’s VIP Lounge, ’n kuierplek waar ek aan wors en pap met uie-en-tamatiesmoor smul.

Vir iemand wat nog nie vantevore in Durban was nie, is dit seker wys om die bekende uShaka Marine World te besoek. Gelukkig is ek net betyds om ’n dolfynvertoning by te woon en wat ’n unieke ervaring was dit nie.

As diereliefhebber weet ek hoe groot ’n olifant is, maar by uShaka het ek met ’n skok besef hoe min ek van ons seelewe weet. Ek kan my oë nie glo dat ’n dolfyn in lewende lywe só groot is nie. Hulle is heelwat groter as wat ek gedink het en met hul watermanewales en toertjies dwing hulle beslis baie respek by my af.
Dis manjifieke diere met wonderlike persoonlikhede.

Gambit met sy sagte geaardheid steel beslis besoekers se harte, want die reuse-stompneusdolfyn is 3,65 m lank en weeg ongeveer 490 kg.

Nou kyk, dit is waarna ek op soek was: Iets in Durban wat asemrowend is, en hierdie dolfyne en uShaka Marine World is beslis indrukwekkend.

Ek verstom my aan die pikkewyne, verskeidenheid visse en die haaie wat sonder moeite deur die water beweeg. Ek is net jammer ek het nie meer tyd om hier deur te bring nie. Stadig stap ek met die promenade langs terug na die Southern Sun North Beach Hotel.

Die dolfyne het iets in my wakker gemaak, iets unieks, besonders, iets wat my aan die hart geraak het. Voorwaar ’n onvergeetlike ervaring en beslis ’n plek wat ek in die toekoms weer sal besoek.

Die aand is dit die Suncoast-casino en sy vermaaklikheidswêreld. Ná aandete by die Havana-restaurant is dit tyd om ’n paar rand in die casino te gaan blaas. R100 om presies te wees. Maar die dobbelry is van korte duur, want binne vyf minute is ek R100 armer. Dobbel is nie vir my nie en ek kry ’n Mozzie-taxi wat my terugneem hotel toe. Ek is sommer vroeg in droomland.

Vroegoggend vertrek ek na die beroemde The Beverly Hills Hotel langs die ligtoring by Noordstrand. Ná ’n plaatkoekie-en-wafelontbyt moet ek dit eers gaan afstap op die Umhlanga-promenade voordat ek na die lughawe vertrek om terug te vlieg Johannesburg toe.

Ek kyk na dese met heel nuwe oë na Durban, sy vriendelike mense, heerlike kerrie en die asemrowende uShaka Marine World met sy pragtige dolfyne.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.