Die heerlike bederf van eiesoortige landelikheid

2012-09-01 15:36

Ek en sewe vroue word in luuksheid en soos wafferse Hollywood-sterre by Scuci in Parkview, Johannesburg, met ’n Range Rover Evoque en ’n Jaguar V8 opgelaai. Ons eindbestemming is die De Hoek Country Hotel in die Magaliesburg-omgewing.

Ek weet nie of dit die sagte rit, die landskap of die goeie geselskap is nie, maar die pad tot by De Hoek snel verby en kort voor lank ry ons oor ’n indrukwekkende brug wat uit ’n ou staalhyskraan gemaak is.

Die hotel is ’n merkwaardige meesterstuk van sandsteen en binne is dit net oregon-dennehout, pragtige materiale en handgemaakte mahonie-meubels.

Ons word hartlik verwelkom deur Michael Holenstein, mede-eienaar, bestuurder en ook uitvoerende sjef. Michael het al wêreldwyd bekendheid verwerf as sjef.

Die hotel bestaan uit 20 luukse suites, elk met ’n eiesoortige landelike gevoel, wat uitkyk op die pragtige tuine. Ons word meegedeel ons het sowat ’n halfuur om lipstiffie aan te smeer en ons kamers van nader te beskou – daarna is dit tyd om ons staal te wys in boogskiet.

Ek het nog nooit voorheen boog geskiet nie en is kinderlik opgewonde oor dié vooruitsig. Ek besluit om eers die ander Sex and the City-dames (soos ek na my en my metgeselle verwys) se tegnieke te beloer voordat ek dit probeer. Met ’n kristalglas gevul met jenewer en kinawater word daar heerlik gekuier en elke boogskiet-poging word toegejuig. Wat kan nou lekkerder wees as om met ’n drankie in die hand goeie (vroulike) geselskap te geniet? Ek voel soos ’n miljoenêr.

Voëlsang verhelder die middag en ons sien hoe die son in die weste sak en die hemel in rooi en oranje omtower.

Later sit ek voor die kaggel in een van die vele sitkamers. Die atmosfeer is romanties en die strelende musiek maak my nostalgies.

Michael, Jan (die voedsel-en-drankbestuurder) en ’n paar kelners kom binne en ons kry elkeen ’n voorskoot met ons name daarop geborduur. Ek kyk skepties rond en weet as dit van my afhang om vanaand se ete voor te berei, gaan ons verbrande kos eet of geen kos kry nie.

Michael sê laggend hy en die sous-sjefs gaan vir ons ’n kort kookdemonstrasie in die kombuis aanbied. Gewapen met die voorskoot en sjefhoedjie stap ek die kombuis in en maak of dit die natuurlikste ding onder die son is.

Die kombuis is enige sjef se droom met die nuutste toerusting waaraan jy kan dink. Om eerlik te wees, ek het nie ’n benul waarvoor die helfte van die toerusting gebruik word nie. Michael en sy sous-sjef Robert steek ons aan die werk sodat ons eerstehands kan leer hoe sekere disse gemaak word.

Ons maak Chinese rolletjies (spring rolls) en pasta, wonderlike soetighede vir nagereg en ons sien ook hoe om ’n hoender te ontbeen.

Tussenin word hartlik gesels, stories uitgeruil, lekker gelag en vir die een foto ná die ander geposeer.

Ons word vergoed met die heerlikste en sappigste watertand-disse. Die personeel het moeite gedoen en die eetkamertafel met die beste servies, kristalglase en blinkgepoetste eetgerei gedek.

Die volgende oggend geniet ons ’n heerlike ontbyt wat met vonkelwyn en vrugtesap daarmee saam bedien word.

Daarna word elkeen met ’n rug- en nekmassering gepamperlang en ek voel hoe die styfheid uit my spiere vloei.

Ons gaan vir ’n toer deur die hotel en ek kan sien waarom De Hoek ook bekend is vir sy konferensiegeriewe.

Die rustige omgewing en die pragtige konferensiekamers sal enige korporatiewe groep tot hoër hoogtes en innoverende denke neem.

High tea is definitief ’n hoogtepunt en dis veral die wortelkoek wat my laat teruggaan vir ’n tweede stukkie. Met die son wat sak, sit ons en teug aan ’n skemerkelkie op die patio.

Ek staar die niet in en ek weet: Hier sal ek vir dae kan ontspan, die omgewing indrink en die gasvryheid en uitstaande diens van die personeel kan waardeer.

De Hoek bied al hierdie dinge in luuksheid om jou soos ’n koninklike te laat voel.

Goed om te weet

* Daar is 16 superieure suites met en suite-badkamers wat groot genoeg is om in te verdwaal.
* De Hoek is bekend om vyfgang-kersligetes.
* Die Point Room is die private eetkamer en maak ’n draai in die Gimbal-biblioteek.
* Daar word boogskiet, boule en kroukie aangebied.
* Daar is heelwat bergstaproetes wat dit ’n voëlparadys maak en voëlkyk-liefhebbers sal in hul element voel.
* Kinders ouer as 12 jaar is welkom.
* Vervoer van en na Johannesburg en Pretoria kan gereël word.
* GPS-koördinate na hoofingang: 25 57.217 S en 27 32.453 O.



De Hoek
014 577 9600
www.dehoek.com
Navrae kan gedoen word op die webwerf.

Margaret Mentz het De Hoek Country Hotel op uitnodiging besoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.