Land vol juwele

2012-10-05 14:49

Afrika word wakker met die son wat naby Okaukuejo in die Etosha- nasionale park verrys.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer sy aan Namibië dink kom die grootsheid en uitgestrektheid van die Namib by haar op. Dié land bied besoekers die kans om op ’n ontdek­kingstog te gaan – van die ongerepte natuur tot avonture vol adrenalien. Die Namibiëse Toerismeraad het hul bemarking van dié unieke land meer opwindend gemaak en met Rondrits gedeel. Hier is ’n paar redes waarom jy Namibië jou volgende bestemming moet maak, skryf Margaret Mentz.

Daar word soms na Namibië verwys as ’n rowwe diamant, maar hierdie land bied besoekers soveel interessante en uiteenlopende aantreklikhede dat dit ongetwyfeld deur mense met ’n bietjie meer tyd op hande ontdek kan word.

Dié Afrika-skoonheid wemel van die wild wat selfs die ywerigste reisiger wat glo hy het al alles gesien, sal verras. Van die kleinste miskruier wat energiek sy gang gaan onder die warm Namib-son tot die majestueuse woestyn-olifant wat sy pad stadig deur ’n skynbaar verlate woestyn vind – Namibië se natuurlewe is beslis ’n bate wat die moeite werd is om eerstehands te ervaar en ontdek.

Die staatsbeheerde reservate en wildtuine van dié land beslaan sowat 18% van die landoppervlak van 824 268 km² en is hoofsaaklik in die noorde en weste van die land geleë.

Die land spog met 23 regeringsparke en -reservate en ’n hele 161 wildreservate in private besit. Dit bied toeriste die geleentheid om ’n verskeidenheid wild te besigtig en van nader te leer ken.

Daar is volop wild om te sien. Namibië is tuiste vir die Groot Vyf en groter wildsoorte wat gesien kan word sluit in kameelperde en jagluiperds.

Namibië spog met agt inheemse soogdierspesies insluitend swartrug-rooibokke, muise, nagmuise en vlermuise, terwyl die Namib-woestyn ook gasheer is vir ’n groot aantal duinbewoners soos akkedisse, waarvan daar 30 inheemse spesies is.

Namibië is bekend om die Etosha- nasionale park, een van die bekendste besienswaardighede en geleë in die noorde van die land. Dié park is een van die grootste wildreservate in Afrika en beslaan 22 912 km².

In die hartjie van die park is die Etosha-pan, ’n unieke vlak pan van ongeveer 5 000 km² waar diere kom water soek. Van die 887 voëlspesies wat in Suider-Afrika gelys is, kom 676 in Namibië voor. Die Caprivi is bekend as ’n voëlkykparadys met meer as 70% van die ­voëlspesies in hierdie gebied.

Swakopmund is seker een van die grootste toeriste-trekpleisters in Namibië. Met sy baie duine is dit die ideale speelplek vir avontuurlustiges met aktiwiteite soos sandduinplankry, vierwielfiets, visvang, sandski of 4x4-saamtrekke. En as dít nie genoeg is nie, kan toeriste op ’n kano vaar in die Caprivi, grot-skubaduik in die Arnhem-grotte of rotsklim in die Spitzkoppe-omgewing.

Daar is ook Walvisbaai met sy walvisse en dolfyne en bootritte in die hawe, die pragtige hemelruim in die Gamsberg, Sossusvlei se pragtige omgewing en die Visrivier-canyon se staproete.

Met die Oranje-, Kunene- en Okavango-riviere op Namibië se voorstoep wag daar opwinding en pret op enige besoeker, om nie van die magiese Skedelkus te praat nie. Namibië moet ongetwyfeld op jou lysie van moet-sien-plekke wees.

* Vir meer inligting kontak die Namibiese Toerismeraad by 011 702 9602 of 021 422 3298. Stuur ’n e-pos na namibia@lloydorr.com of namibia@saol.com. Daar is ook baie inligting beskikbaar op die webwerf www.namibiatourism.com.na.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.