Plattelandse lafenis vir die stadsiel

2012-12-09 00:07

Plaas se baas: Jack | Foto's: Edwina van der Burg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek ry met die R44 langs en net duskant Somerset-Wes ná een, twee, drie draaie hou ek voor Klein Welmoed Luxury Guesthouse se groot ysterhekke stil. Die son hang laag, dit is warm en daar’s ietwat van ’n wasigheid aan die horison. Sonbesies (of is dit dalk krieke?) doen hul ding in die wingerde en hordes voëls twiet vir die vale. Hierbenewens is daar net stilte. En dít is waarna ek die meeste uitsien. My tas is juis gelaai met tydskrifte en ’n roman of twee wat nie my brein gaan taks om daardeur te kom nie.

Klein Welmoed is geleë op ’n werkende wyn-en-olyf-landgoed van 39 ha – die Klein Welmoed Wine & Olive Estate – en daar is skitterende uitsigte in elke rigting. Benewens ’n groot voëlbevolking wat tarentale, fisante, visarende en Egiptiese ganse insluit, het die landgoed ook 11 skape en Jack, die skaaphond.

Sodra ek voor die ontvangs stilhou, is dit dan ook met Jack, waar hy al blaffende op die stoep staan, wat ek eerste kennis maak. Ek paai en groet in daardie stem wat volwassenes spesiaal uithaal vir kinders en diere en hy beloer my, onseker of ek vriend of vyand is. Maar sodra die gastehuis se bestuurder, Heloise le Roux, my binne nooi, verander sy houding en laat hy my toe om sy kop te streel.

Later vertel Heloise dat Jack “saam met die plaas gekom het”. Toe die huidige eienaars, Glenn Hesse en Tim Featherby, in 2008 ontvangs van die landgoed neem, sou hulle ontdek dat die vorige eienaars alles, ook die meubels en hul skaaphonde, net so agtergelaat het. Jack en sy boeties is onmiddellik deur die werkers aangeneem en het gou diep in almal se harte gekruip.

Vandag is hy al een wat oorgebly het en hy kruip steeds in harte – net nou is dit gaste se harte. Heloise lag as sy vertel dat hy homself as baas van die plaas beskou en hom gemaklik sal maak in enige van die huise sodra hy ’n oop deur gewaar.

Glenn en Tim het onmiddellik begin werk om die erg verwaarloosde plaasgeboue om te bou en te restoureer. Die oorspronklike plaasopstal, wat vandag die gastehuis met vier luukse dubbelkamers huisves, het sy klassieke Kaaps-Hollandse voorkoms en gevoel behou en van die buitegeboue is omskep in vier moderne selfsorghuise.

In die gastehuis se sitkamer kan gaste deur foto-albums blaai wat die proses van begin tot einde vasvang.

Olive Cottage 1 (daar is twee, asook twee Shiraz- en twee Barn Place-huise) is waar ek tuisgaan. Met twee dubbelslaapkamers en twee badkamers (een en suite) is die huise baie gewild onder families en diegene wat hou van die bederf van ’n gastehuis, maar steeds op hul eie wil wees. Alle moderne geriewe is hier byderhand: DStv, internettoegang, lugreëling, ondervloerverhitting en kaggels vir koue winterdae.

Ná sonsondergang is die warmte daarmee heen en dit is net die verskoning wat ek nodig het om die aand deur te bring voor ’n vuurtjie wat ek self aan die brand gesteek het. (Ek bieg wel dat een van Klein Welmoed se span die vuur gebou het, maar ek het daardie vuurhoutjie aangesteek!) Met pizza, ’n bottel rooiwyn byderhand en sagte musiek in die agtergrond begin ek deur my hopie tydskrifte werk en toe Klaas Vakie ure later kom kuier, kruip ek sonder kommer tussen die lakens en is binne minute in droomland.

Klein Welmoed gee gaste die keuse om ontbyt te nuttig in die gesellige eetvertrek van die hoofhuis of, as die koue nie te veel byt nie, op die onderdakse stoep. Albei bied ’n pragtige uitsig oor die tuin. Ná ’n heerlike plaasontbyt wat ek soos ’n klein wolfie verslind (blyk my die plattelandse lug het ook ’n groot uitwerking op my eetlus) besluit ek oefening is miskien nie ’n slegte idee nie...

“Dalk ’n stappie om die dam?” stel Heloise voor. “Of ’n fietsrit in die omgewing?”

Nee, dink ek, ek op ’n fiets? So erg is ek nou nie oor oefen nie! Luilekker loop ek toe maar om die dam en probeer my bes om die verskillende voëlsoorte wat daar vergader te identifiseer. Vir ’n ruk stap Jack saam, maar iewers op pad terwyl ek die omgewing om my indrink, verdwyn hy en is dit net ek en die natuur. Links lê die Helderberge en voor my strek die Hottentots-Holland-bergreeks die verte in. Oral is dit groen en geil. En vir die soveelste keer in my volwasse lewe stuur ek ’n gebed van dankbaarheid na bo dat ek gelukkig genoeg is om in so ’n mooi land te woon.

Later die middag sal ek by die swembad of op die stoep deurbring, maar vir eers spring ek in die motor en vaar die gewoel van Stellenbosch se dorp, wat net 10 minute ver is, in.

Daar is baie te sien en te doen op die wynplase van Stellenbosch, die strande van Gordonsbaai en die Strand is net ’n hanetree van Klein Welmoed af en oor die Helshoogtepas wag Franschhoek om smulpape te bekoor met sy talle voorste eetplekke.

Maar as jy net by die gastehuis wil ontspan, sal Heloise en haar span ’n piekniekmandjie vol lekker kos en goeie wyn pak wat langs die swembad of onder een van die talle groot bome op die landgoed geniet kan word.



Ná ’n paar ure se stap in Stellenbosch se winkels en middagete by ’n oulike straatkafee (die groot eetlus seëvier weer!) draai ek terug “huis toe”. En die rus en vrede en Jack verwelkom my soos ’n ou vriend.

Te gou gaan nog ’n aand voor die kaggel verby en ná nog ’n fantastiese ontbyt is my naweek verby. My tydjie by Klein Welmoed was van korte duur, maar soos Jack vier jaar voor my ontdek het: Jy word gou hier verwelkom en die plek self kruip in jou hart.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.