Rondrits: Sit aan vir feesmaal

2013-01-24 17:12

Kom hou makietie saam met Villiera.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die gasvrye wynmense van die Bottelary Hills – ’n sub-wynroete van die Stellenbosch American Express®-wynroetes – gaan sprankel met ’n somersvonkel wanneer die tafels vir hulle eerste ‘pop up'-wynmakermiddagete vir 2013 by Villiera-wynlandgoed op Sondag, 24 Februarie gedek word.

Hierdie elegante al fresco-fees beloof gastronomiese genot deur die sjef Christophe Dehosse van Joostenberg Bistro; hartlike, ongekompliseerde gasvryheid, en ’n ruimhartige keurspel van somerswyne van Goede Hoop, Hartenberg, Kaapzicht, Mooiplaas en Villiera. Met laasgenoemde – een van ons land se vernaamste Cap Classique-produsente – as gasheer van die dag, kan jy jou maar regmaak vir ’n elegante, vonkelende wynland-ervaring soos min.

Die Bottelary Hills-wynroete wat noordwes van Stellenbosch geleë is– half weggesteek op die R304 en M23 – bied ’n onontginde wêreld van gehaltewyn aan skerpsinnige wynliefhebbers en diegene wat ’n groot waardering vir die Kaapse erfenis koester. Hierdie onbekende ‘juweel’ van die Stellenbosch-wynlande wat skitter met ’n ryk geskiedenis, is die tuiste van van die oudste wynplase in ons land, insluitende Beyerskloof, Bellevue, Goede Hoop, Groenland, Hartenberg, Kaapzicht, Mooiplaas, Stellenrust en Villiera.

Die Bottelary-heuwels dra by tot die komplekse terroir van die area wat bekend is vir bekroonde rooiwyne, terwyl die hange van die heuwels gelawe word deur seebriese vanaf Valsbaai en Tafelbaai, wat weer gunstig is vir wêreldklas witwyne en Méthode Cap Classiques. 

Die groot sjarme van die wynroete is seker die feit dat meeste van sy plase aan families behoort wat dit al vir generasies lank bewerk en bewoon. Die ryke geskiedenis en familiegees wat daar heers kom duidelik na vore in hul wyne.

As jy hou van die idee van ’n luilekker Sondagmiddagete in die wynland, met goeie kos, gehalte wyn en hartlike geselskap by stylvolle tafels waar vreemdes vriende raak, is die Bottelary Hills-wynmakermiddagete by Villiera net die regte doepa om jou naweek op ’n hoë noot af te sluit.

Die feesmaal begin 12:00 en kos R250 per persoon wat ’n wynproe, asook ’n viergang-ete met ’n glas wyn vir elke gang insluit. Voorafbesprekings is noodsaaklik siende sitplek beperk. 

Om jou plek te bespreek skakel tel. 021 886 8275 of stuur ’n e-pos na marketing@wineroute.co.za. 

Villiera is geleë 40km vanaf Kaapstad, 20 km vanaf Paarl en 10 km vanaf Stellenbosch, op die R304.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Light rain late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.