Skryf in vir fotokompetisie en wen

2013-01-27 23:48

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Ons lesers se foto’s is vir ons ’n inspirasie en ons hoop vanjaar se fotokompetisie sal weer inskrywings van hoë gehalte oplewer.
 
“Die paneel wat die wenners kies, het behoorlik kopgekrap verlede jaar en ek weet sommer ons gaan weer sukkel om die wenners te kies,” sê Edwina van der Burg, redakteur van Rondrits. 

“Fotografie en reis is goeie pasmaats en die verbintenis met Canon gaan verseker dat Rondrits se lesers die geleentheid gebied word om hul pragfoto’s te deel en hulle sal terselfdertyd wenke kan insamel oor hoe om beter foto’s te neem,” sê Van der Burg.
 
“Canon is baie opgewonde om deel te wees van hierdie fotokompetisie wat ons vir die eerste keer saam met Rapport Rondrits aanbied. Ons sien uit daarna om inskrywings te ontvang en is seker die deelnemers gaan baie kreatief raak. Daar is ongelooflike talent in ons land en ek hoop die kompetisie sal lesers aanmoedig om fotografie te geniet en alle moontlikhede rondom die stokperdjie ten volle uit te leef,” sê Michelle Janse van Vuuren, bemarkingsbestuurder van Canon Suid-Afrika.
 
Elke jaar leer ons waardevolle lesse uit die vorige jaar se kompetisie en ons het die reëls bygewerk (lees asseblief die volledige reëls hiernaas). Die kompetisie sal oor die volgende 11 maande aangebied word en daar is nege temas. Lesers wat as maandelikse wenners aangekondig word, sal ’n PowerShot SX260HS-kamera ter waarde van R3 299 wen. Die algehele wenner wat in Desember aangekondig word, wen ’n Canon EOS 650D-dubbellens-pakket (’n 18-55 mm ISlens en 55-250 mm-lens), ’n Sandisk 8 GB- eksterne kaart en ’n Canon 300EG-sak ter waarde van R10 999. 

In November sal die finaliste se foto’s gepubliseer word en die wenner van ons groot prys sal in die Desemberuitgawe aangekondig word. 
Elke tema sal duidelike aanwysings en beperkings gee oor watter soort foto’s aanvaar sal word. Die foto’s sal op Rondrits se Facebook-blad gelaai word en lesers is baie welkom om daarna te kyk en kommentaar te lewer. Vanjaar sal die wenners en naaswenners weer deur ’n paneel bepaal word. Die paneel sal saamgestel word uit onder andere die redakteur van Rondrits en fotograwe van Foto24. 

Onthou asseblief net amateurfotograwe mag aan die kompetisie deelneem. Rondrits wil ook lesers wat nie voorheen pryse gewen het nie ’n kans gee. ’n Leser wat die afgelope twee jaar enige fotokompetisie in enige Media24-publikasie gewen het, mag dus nie deelneem nie. Inskrywings word beperk tot drie per leser per tema.

Ons eerste tema
Ons eerste tema is Vakansiepret! en lesers kan hul vakansie­-­foto’s gerus vir dié tema inskryf. E-pos foto’s (slegs drie per persoon) na rondrits@media24.com. 

Die reëls 
Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad is deel van die voorwaardes en bepalings van deelname en inskrywing.

Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.

Enige persoon wat ’n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant is van Rapport of van die borge of agentskappe wat by hierdie kompetisie betrokke is, of ’n eggenoot, lewensmaat, ouer of familielid (insluitend aangeneem of aangetroud), of enige sakevennoot van ’n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem nie. 

Rondrits behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Pryswenners sal in Rondrits aangekondig word.

Alle inskrywings word die eiendom van Rapport en sal in ’n databasis vasgelê word vir toekomstige promosiedoeleindes.
 
Die promotor is Rapport Rondrits. Indien wetgewing of verandering aan wetgewing dit vereis, sal Rapport Rondrits die reg voorbehou om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig. In die geval van sodanige beëindiging stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Rapport Rondrits, sy agente of borge sal indien nie.

Produkpryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie. 

Rondrits aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige belastingverpligtinge voortspruitend uit die aanvaarding van pryse nie. Onafhanklike finansiële advies behoort vir sodanige doel ingewin te word.

Rondrits kan nie verantwoordelik gehou word vir enige onvoorsiene onkoste rondom die aanvaarding van ’n prys buiten dit wat in die kompetisie gestipuleer word nie.

Alle deelnemers vrywaar Media24/Rapport, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van alle skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die pryse. 

Die beslissing van die redakteur van Rondrits oor enige geskil in verband met die spel en pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Die Rondrits/Canon-fotokompetisie begin op 27 Januarie 2013. Slegs amateurfotograwe mag deelneem aan die kompetisie. Die wenner sal in die laaste uitgawe van Rondrits vir 2013 aangekondig word. Daar is nege temas wat maandeliks in Rondrits aangekondig sal word. Foto’s moet aan elk van die temas voldoen om in aanmerking gebring te word. 

Vorige wenners wat die afgelope twee jaar (2011 en 2012) aan fotokompetisies in publikasies in die Media24-groep deelgeneem het, mag nie weer inskryf nie. 

Die maandelikse wenners en naaswenners van die kompetisie mag nie weer foto’s instuur nie.

Die wenners en naaswenners van die nege temas se inskrywings sal in ag geneem word vir die groot prys in Desember 2013. Die beoordeling vir die algehele wenner sal deur Rondrits en Rapport gedoen word.

Inskrywings word tot drie foto’s per leser per tema beperk. 

Foto’s moet oorspronklik en groot genoeg wees vir publikasie (sowat 1 MG).

Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word nie. Om ’n foto te sny (crop) word nie as manipulasie beskou nie.
 
Foto’s kan alleenlik per e-pos ingestuur word. Die e-pos-adres is rondrits@media24.com. 

Alle inskrywings sal op Rondrits se Facebook-blad gelaai word, maar die maandelikse wenner en naaswenners sal bepaal word deur Rondrits en Foto24 se redakteurs. 

Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word en hul name en foto’s sal in Rondrits gepubliseer word.








binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.