Verligting vir reispyne

2013-01-08 16:00

Foto: Margaret Mentz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Is jou vlug gekanselleer? Jy kan vergoeding eis.

Gedurende die jaar werk ons hard en sien uit na ons vakansie. Wanneer ons op vakansie is en dinge loop nie vlot nie, kan dit ‘n groot demper plaas. En daar kan baie dinge verkeerd gaan soos wanneer verblyf nie op standaard is nie of jy jou vlug verpas of (miskien veel erger) wanneer jou vlug gekanselleer of vertraag word.

Ek het onlangs met ‘n baie bekende lugredery na Europa gevlieg en met die terugkom is ons vir sowat 12 uur vertraag. Wat ‘n nagmerrie en ‘n beslommernis, dit is definitief nie die manier hoe ek my tydjie in Europa wou afsluit nie.

Vir diegene wat ook die ongerief beleef het, is daar goeie nuus. Op 23 Oktober 2012 het die Europese Unie ‘n uitspraak gelewer waar verbruikers wat drie of meer ure by hul bestemming vertraag is, vergoeding kan eis. En wat meer is, dit is terugwerkend vir vlugte tot 17 Februarie 2005.

Let asseblief daarop dat die uitspraak slegs van toepassing is indien die vlug van 'n EU-lughawe vertrek, of as jy op 'n EU-lugredery vlieg of op ‘n EU-lughawe geland het.

Passasiers kan vergoeding van tussen € 250 (£ 200) en € 600 (£ 480) eis indien daar al die volgende voorwaardes voldoen word:

    Die vlug by sy bestemming drie uur of meer laat aangekom het.
    Die vlug op 17 Februarie 2005 of later vertrek het.
    Die vlug van 'n EU-lughawe vertrek, ongeag van die lugdiens, of dit op 'n EU-lugredery was en op 'n EU-lughawe geland het.
    Die vertraging was die lugredery se skuld.

Die vergoeding is bykomend tot kos en ander uitgawes soos byvoorbeeld verblyf. Nadere ondersoek het getoon dat Suid-Afrikaners wat vir 4 ure of meer gestrand en verder as 3,500km van die huis is, kan tot €600 (£480) as vergoeding eis.

•    Vir meer besonderhede, besoek http://www.moneysavingexpert.com/travel/flight-delays of http://flight-delayed.co.uk/.  
•    http://rondritsblog.wordpress.com/2013/01/08/vergoeding-vir-gekanselleerde-vlugte/



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.