Waar jy kan droom van sneeu-engele maak

2013-01-28 00:32

'n Asemrowende blik op die dorpie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Sy is kinderlik opgewonde toe sy hoor van die besoek aan die Club Med Pragelato Vialattea-oord in die Italiaanse Alpe in Desember verlede jaar en die besoek is boonop in die middel van die Europese winter. In haar geestesoog is sy reeds besig om met die ski-hellings af te sjoep-sjoep-sjoep, skryf Margaret Mentz.

Wie sal die versoeking om die opening van ’n nuwe ski-oord mee te maak, kan weerstaan? Want die belofte was dat dit ’n fênsie affêre sou wees, en ’n onvergeetlike sprokieservaring in die sneeu.
 
Reeds met die neerstryk op die Turyn-lughawe in die noorde van Italië is die uitsig vanuit die vliegtuig asemrowend. So ver as wat die oog kan sien, is dit wit, wit, wit. Hier en daar is nog ’n donker spatsel, die bome en kranse waaroor die sneeu nog nie sy magiese wit gesprei het nie. 

Die roete van Turyn na Pragelato, waar die oord geleë is, is pragtig en die argitektuur van die klein dorpies waardeur ons ry, teken so te sê ’n prentjie van die geskiedenis.

Pragelato is sowat 90?km wes van Turyn en dit neem net meer as ’n anderhalfuur om by die oord aan te kom. 

Die Club Med-oord is in die hartjie van die Piedmont-streek, wat bekend is om die ryk erfenis van kastele en forte. Dit is ook waar die Turynse Olimpiese Winterspele in 2006 gehou is.
 
Wat die oord uniek maak, is dat dit nie uit een groot gebou bestaan nie. 

Daar is ’n hoofgebou wat restaurante, kroeë en knus kuierhoekies bied en kleiner, losstaande “woonstelblokke” met Alpynse hutte vir kamers. Ek gebruik die woord “kamer” losweg omdat die kamers eerder villas is en dit maklik ’n gesin van vier in luuksheid kan huisves. 

Dit is asof ’n mens in ’n klein dorpie of nedersetting woon. Ek kon net sowel Heidi gewees het, en ek wonder wanneer Peter met sy bokke om die hoek gehardloop gaan kom. 

Ná ’n heerlike warm drankie om ons te verwelkom, móét ek net in die sneeu kom. Die sneeu is so diep, ek sak daarin weg. Ek kan dit nie weerstaan om aan die sneeu te raak nie: Dis poeiersag en ysig en die prikkels op my hande is ’n sensasie van ongemak, maar ook verfrissing en afwagting. Ek wil weet hoe dit voel om in die sneeu rond te rol en kan nou verstaan waarom mense graag sneeu-engele maak.
 
Maar so omring deur die koue is my eerste prioriteit om iets te ete te kry. Die hoofrestaurant, Il Piemonte, bied ’n buffetete, en daar is ook twee spesialiteitsrestaurante, La Tana en La Trattoria. 

Die Il Piemonte het vier eetkamers, elk met ’n eie ambiance. Hier kan jy kies en keur, van watertand pizza en pastageregte of seekos tot bruingebraaide aartappels en gebraaide filet of lam. Op die tafels staan ’n sintuiglike en gastronomiese feesmaal. Die restaurante en kroeë bied ook uitsoekwyne van Frankryk.
 
Maar dit is my soettand wat my ook na die nageregbuffet laat loer. Genade tog, mag ’n mens se hele ete uit poeding bestaan? Daar is dan 16 soorte roomys en gevriesde jogurt. 

Ná so ’n heerlike maaltyd is die versoeking om ’n middagslapie te neem moeilik weerstaanbaar, maar al die verskillende aktiwiteite wat die oord bied, kan tog ook nie versmaai word nie.

Club Med verskaf aan besoekers ski’s en skistewels, asook sneeuplanke. Daar staan ry op ry skistewels, elke paar splinternuut. Die personeel is behendig en in ’n japtrap het ek alles wat ek nodig het. ’n Mens moet net vir jou eie handskoene, sneeubril en sneeupak sorg.
 
Ek voel behoorlik soos die Oros-mannetjie met al die klere aan. Hoewel ek al voorheen geski het, was dit seker tien jaar gelede en ek voel bra onseker op die skistewels. 

So vir eers pak ek al die toerusting in my sluitkas – die spa kom eerste. 

Met die instap vloei ’n behaaglikheid oor my. Die rustigheid en kalmte is net die verkwikking wat my moeë lyf ná die lang vlug nodig het. Hier kan ek sowaar ’n hele dag deurbring. Ek word vriendelik op Italiaans gegroet, maar toe dit blyk dat my Italiaanse woordeskat tot bonjourno beperk is, praat ons Engels. 

Daar is ’n verhitte binnenshuise swembad, Turkse baddens, ’n Finse sauna met ’n regstreekse uitgang na buite, asook ’n klassieke sauna en ’n gimnasium. 

Die spa het sewe behandelingskamers, ’n haar­salon en ’n ontspanningskamer. 

Maar die volgende oggend is die tyd vir gepamperlang verby. Ek voel soos Buzz Light­year van Toy Story met sy “To infinity and beyond” toe ek my na die ski-hellings begewe.

Soos enige gesoute skiër neem ek die hysstoel na bo, maar net na ’n babahelling, nie na een van die “rooi” hellings nie. Mens moet seker eers jou ski-bene uittoets voor jy jou aan die genade van groter en meer intimiderende hellings oorgee, dink ek in my enigheid. 

Dit is ook maar goed, want met die eerste draai stoot ek my ski te ver uit. Tot nou toe weet ek nie hoe ek dit reggekry het nie, maar toe ski ek met ’n vaart agteruit. Al gillende, natuurlik. Ek het darem nie te ver gevorder met dié onverwagte (en spe­siale) tegniek nie en het genadiglik myself tot stilstand geval. 

En nou moet ek bieg, dit is regtig harde werk om te ski as jy, soos in my geval, so rond soos ’n balletjie en onfiks is. So, voor jy besluit om op ’n ski-vakansie te gaan, gaan stap maar ’n paar keer om die blok, want stamina gaan jy nodig kry. Geleidelik onthou ek die ski-les van tien jaar tevore en stadig kry ek my ski-bene terug.

Met die wind en fyn sneeuvlokkies op my gesig voel dit asof ek enigiets ter wêreld kan vermag. Dit is bevrydend en, dink ek, ek het dalk selfs vlerke van ys.

Goed om te weet
Pragelato is nie net ’n winterbestemming nie. Gedurende die somermaande (Julie en Augustus) kan besoekers verskeie staproetes tydens ’n bergvakansie verken. 

Jy kan historiese plekke soos Fenestrelle Fort, die Mont Cenis-meer en die Sacra di San Michele-basiliek besoek. 

Die oord bied toegang tot die kabelkarretjie vanaf die oord na Vialattea se ski-hellings, ’n gratis pendeldiens na ski-hellings asook na die nabygeleë dorpie.

Die hysstoele is van 08:00 tot 17:00 oop en van die ski-hellings bied skiërs die geleentheid om tot voor die oord te ski.

Daar is ski-hellings vir beginners en ander hellings vir gemiddelde en goeie skiërs. 
Oorland-ski en Nordiese staproetes is nog alternatiewe.

Vir nadere besonderhede oor die oord besoek www.clubmed.co.za of skakel 0860 258 293.

 Met die wind en fyn sneeuvlokkies op my gesig voel dit asof ek enigiets ter wêreld kan vermag. Dit is bevrydend en, dink ek, ek het dalk selfs vlerke van ys.

 

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.