Waar 'n ryk geskiedenis & die bos mekaar ontmoet

2011-11-26 15:22

Voor ons op ons wildrit vertrek het, het ons high tea met ’n ongelooflike uitsig vanaf die houtdek geniet. | Foto: Margaret Mentz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is soveel van my mede-landsgenote wat spreekwoordelik hul regter-voorarm sal gee om luiperds in die natuur te kan sien, want soos so baie al getuig het, is dié dier skaam om gesien te word. In dié verband is ek dan seker een van die witbroodjies, want tydens my onlangse besoek aan Jock Safari Lodge in die Krugerwildtuin het ek op twee geleenthede die plesier gehad om hierdie grasieuse dier te besigtig. Maar dis nie net die wild- en natuurlewe wat die gebied ’n moet-bestemming maak nie X dit is ook bekend vir sy ryk geskiedenis.

Met die draai van die eeu, het goud ’n stormloop veroorsaak en mense van alle uithoeke van die wêreld het na die Laeveld-streek getrek. Sir Percy Fitzpatrick, skrywer van die klassieke Jock of the Bushveld, was ook onder hulle.

Dit is in hierdie gebied waar Jock Safari Lodge geleë is met die ou Delgoabaai-wapad (nou bekend as Maputo) as suidelike grens. Die lodge is deur Fitzpatrick en die Niven-familie gestig, en fondse is verkry uit Fitzpatrick se trust. Die lodge maak deel uit van die oorspronklike konsessie wat Fitzpatrick en die Nivens gestig het en is in die vorm van die hond, Jock, se syprofiel. Die lodge is gebou waar Fitzpatrick en Jock gebly het.

Soos in die vorige eeu, is die gebied vandag nog bekend vir sy natuurskoon en wildlewe en is ook die tuiste van die Groot Vyf. Jock Safari Lodge is in die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin geleë waar die Mitomeni- en die Biyamiti-rivier ontmoet en sowat halfpad tussen Skukuza en Malelane.

Dit is ’n baie warm lentedag en ek is dankbaar vir die lugversorging in SANParke se kantore by die Malelane-hek. Nadat ek en my man, André, ’n bewaringsfooi betaal het en die papierwerk afgehandel is, ry ons stadig die Wildtuin binne. Ek moet skaam erken dat, hoewel ek al by baie verskillende wildreservate en lodges was, ek die Wildtuin maar slegs een of twee keer besoek het.

Ons draai ons voertuig se vensters af en asem die vars reuk van die bosveld in. Na skaars 10 minute se ry, vra ek versigtig X aangesien ek nie die beste sig het nie X of dit ’n luiperd is wat daar voor in die pad loop.

Aanvanklik is die antwoord van André: “Nee, ’n mens sien mos nie luiperds so maklik nie.” Maar met die nader ry, is dit voorwaar ’n pragtige mannetjie wat lui oor die teerpad stap. Ek kan my oë nie glo nie. Ons stop dadelik die motor wat van voor af kom, aangesien hulle salig onbewus is van die dier se teenwoordigheid. Ongelukkig is my kamera se lens te kort en ek verwens myself weereens dat ek nie die oomblik op film kon vaslê nie.

Kort voor lank stop ons voor die lodge. Die lodge bestaan uit die hoof-lodge wat as Main Jock bekend staan en ’n bietjie verder, maar heelwat kleiner, is Little Jock geleë. Ons word ingelig dat ons vir die naweek in Little Jock bly.

Met net drie suites bied Little Jock die ideale geleentheid vir vriende en familie om ’n intieme naweek te beleef, en sal jy voorwaar soos koninklikes voel aangesien die personeel die gaste op die hande dra. Elk van die drie suites het ’n houtdek waar jy lekker kan sit en ontspan met ’n boek terwyl jy die uitsig oor die Biyamiti-rivier en die betowerende bosveld kan inneem. Little Jock het sy eie sjef en wildbewaarder. Die plonsswembad bied lafenis tydens die warm somers en ’n gemaklike sitkamer wat met lugverkoeling toegerus is.

Die aand eet ons by die hoof-lodge. Nadat ons ’n yskoue drankie op die uitkykhoutdek gedrink het, stap ons af na die Boma waar ons ons vingers afeet aan ’n egte Bosveldbraai met heerlike brode en vars slaaie wat aan ons voorgesit word.

By die hoof-lodge is daar 12 individuele grasdak-suites. Die suites is omring deur bome en rietmure wat aan elke suite baie privaatheid bied. Dit bied ook ’n unieke ervaring met ’n deftigheid en ou wêreldse elegansie in die middel van ongerepte natuurskoon.

Die volgende oggend vroeg gaan ons op ons eerste wildrit en die Wildtuin beloon ons met ’n manjifieke sonsopkoms. Ons is baie gelukkig om olifante, buffels en kameelperde te sien. Maar die grootste verrassing was die twee klipspringertjies wat saggies tussen die bosveldgras ritsel, oppad na ’n plaat rotse.
Teen laatmiddag gaan ons op ons tweede wildrit en kom op ’n trop olifante af wat al kuier-kuier met die rivierbedding af wei.

Daar is ’n klomp kleintjies in die trop en dit verstom my dat hulle die riete so vernuftig met hul slurpe afbreek.

Net ’n paar treë verder kom ons af op ’n unieke skat X ’n wyfie- en mannetjie- luiperd wat paar.

Ons wildbewaarder vertel ons dat die wyfie die mannetjie uitnooi om te paar deur haar gebied te merk. Die reuk kan vir kilometers deur die mannetjies geruik word. Die paring gebeur ook nie onmiddellik nie, aangesien die mannetjie en wyfie eers aan mekaar moet gewoond raak. En dit word gewoonlik nie saggies gedoen nie, want hulle stoei en worstel behoorlik om aan mekaar gewoond te raak. Die paring strek oor ’n paar dae en sodra hulle klaar is, sal die mannetjie die wyfie se gebied verlaat en haar alleen laat om die welpies groot te maak.

Met ons terugkoms by Little Jock word ’n heerlike aandete uit die boonste rakke op die houtdek bedien. En tot ons verbasing hoor ons die trop olifante van vroeër met die rivierbedding afgeloop kom. Elke suite het ’n sterk flits en dit is ongelooflik om die Ollies te sien. En kan hulle nou vir jou ’n lawaai opskop! Dit klink behoorlik soos gangsters wat plunder. Ons hoor hulle tot laataand nog vreetsaam verkeer en bied die perfekte einde aan ’n opwindende dag en naweek.

Goed om te weet

* Jock Safari Lodge is ongeveer ’n uur se ry van die Malelane-hek.

* Besoekers aan die Krugerwildtuin mag nie nadat die hekke gesluit is, rondry nie. Daarom moet gaste wat Jock Safari Lodge besoek, hul tyd só beplan om betyds by die lodge te arriveer voor die hekke sluit.

* GPS-koördinate vir Main Jock: S 25’ 13.059’ / E 031’ 33.850’.

* Besoekers aan Jock Safari Lodge kan gerus die Pilgrims Rest Retreat besoek waar hulle heerlik gepamperlang sal word.

* Voëlkyk-liefhebbers kan uitsien na ’n groot verskeidenheid voëlspesies, onder andere roofvoëls soos visarende, breëkoparende, rooftjokarende, steppe-jakkalsvoëls en ander voëls wat endemies tot die streek is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.