'n Naweek lank verlore in 'n vlei

2012-09-09 01:21

Die pad na Verlorenvlei | Foto's Rozanne de Jager

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hierdie stadsmuis verander oombliklik in ’n plaasmuis toe my motorbande die grondpad tref. Die laaste herinneringe van verkeersknope waai by die venster uit toe ek by Vensterklip net buite Elandsbaai aanland.

Die plaas is in die hartjie van die Verlorenvlei geleë en is van groot argeologiese belang danksy die rotstekeninge wat hier gevind is. Lana en Albert Robertson is Vensterklip se eienaars en Lana se Weskus-sjarme spoel sommer dadelik oor my.

Hier is geen haas nie en ek kry rustig kans om my tassie uit te pak en die omgewing op eie trant te verken. Op die werf is twee groot honde wat lui ronddwaal. Die tuin is pragtig onderhou en pas perfek in by die besonderse landskap. Ek pluk sommer dadelik my kamera uit en begin foto’s neem.

Daar is ’n enorme ou skuur op die werf wat van die 1760’s dateer. Dié is omskep in ’n restaurant en dit is ongelooflik om te sien in hoe ’n uitmuntende toestand die oorspronklike klip en steen steeds is.

Die gewilde Tin Kitchen-restaurant is waar die smulpape hul aande deurbring. Reg langs die restaurant is ’n kroeg waar daar tot laataand jolig verkeer word.

Ná my uitstappie besluit ek om ’n entjie te gaan ry. Elandsbaai is slegs ’n klipgooi weg en is alombekend vir sy branders. Branderplankryers bring gereeld hul songebakte lywe hierheen om die veelbesproke water aan te durf.

Ek het skaars twee keer my oë geknip of ek was weer uit die dorp uit. ’n Straatkafee of twee is skynbaar al wat die locals hiér nodig het.

Die uitsigte is asemrowend en om ’n sonsondergang hier te kan beleef, is spesiaal.

Dit het vinnig koud geword en terug op die plaas vlug ek na my kothuis, een van vier waarin gaste kan bly.

Ek bly in die kothuis genaamd die Pompstasie, sowat 100 m van die hoofperseel. Hierdie kothuis is ideaal vir pasgetroude paartjies, aangesien dit hope privaatheid bied.

Die kliphuis is ruim en met die intrapslag is daar ’n lekker vuurtjie aan die gang om die koue te verdryf.

Daar is handgemaakte kuns teen die mure en rustieke meubels in die kamers. Die huisie het sy eie kombuis, leefarea en reusestoep met die mooiste houttafel wat sonder twyfel al heerlike aande van kuier om hom gehad het. Daar is ook ’n interessante boekversameling waarin ’n mens kan delf.

Aandete by die Tin Kitchen-restaurant is glad nie ’n statige affêre nie en ek voel gemaklik in my denim en wolstewels.

Ek eet ’n warm oondgebakte pizza en drink ’n glasie wyn terwyl ek voor die kaggel sit. ’n Paar vissermanne sit en geniet ’n biertjie in die kroeg. Almal is in ontspanne luim.

Aandete was heerlik, maar ek kan nie wag om terug te wees in my warm plaashuisie nie. Ek kies vir my ’n boek en krul soos ’n kat voor die vuur op.

Dit het deur die nag liggies gereën en toe ek opstaan voel alles sommer vars en skoon. Ek eet ’n lekker plaas-ontbyt van spek, eiers, varkworsies en, natuurlik, lekker boeretroos.

Ná ontbyt wys die opsigter, Edmond, my rond. Hy wys my hoe die ander kothuise lyk, asook die kampterrein en visvanggeriewe op die rand van die vlei.

Vensterklip het al ’n hele paar troues agter die rug en met dié pragtige natuurskoon is dit maklik om te sien hoekom soveel bruide hiér wil trou.

Ek bestee die res van die dag op die plaas en volg ’n paar grondpaadjies waar ek elke paar minute stop om die natuurskoon in te neem.

Ná ’n dag op Vensterklip is dit maklik om jou besige leefstyl te verruil vir ’n plaas aan die Weskus.

Maar vir dié wat nes ek nie sonder my slimfoon kan funksioneer nie, is ’n naweek voldoende. Wanneer jy niks, en soveel as moontlik daarvan, wil doen, is ’n paar dae in Verlorenvlei net die regte medisyne.



Goed om te weet
* Vensterklip onthaal gereeld troues en kan tot 150 gaste bedien.
* Verlorenvlei is ’n voëlliefhebber se paradys met sowat 240 voëlspesies wat jaarliks in die gebied voorkom.
* Daar is ’n hele paar staproetes so maak seker jy pak jou stapskoene in.
* Die vlei is ideaal as jy vroegoggend met ’n kano wil vaar.

Vensterklip

022 972 1340
www.vensterklip.co.za
info@vensterklip.co.za
albert@vensterklip.co.za
H?Vanaf N1-noord op N7 verby Malmesbury na Piketberg, volg die aanwysings tot by Elandsbaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.