Die wêreld aan jou voete

2012-01-28 13:40

Die sitkamer in die suite bied 'n asemrowende uitsig oor die see.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kan jy jou indink hoe dit sal wees om ononderbroke ’n luukse bootreis te onderneem? Een wat elke dag ’n eksotiese hoek van die wêreld verken en jou die geleentheid bied om ’n magdom verskillende kulture te ervaar.

Daar is net een manier hoe jy hierdie ervaring kan meemaak, en dit word The World genoem X die grootste private residensiële seiljag op aarde.

Met 165 suites is daar slegs ’n uitgesoekte aantal mense wat hierdie ongelooflike leefstyl kan ervaar.

Die geluk was aan my kant toe ek die voorreg gebied is om saam met die uitgesoektes die lewe aan boord te ervaar.

Ek is op ’n induksietoer geneem om die skip in al sy glorie waar te neem. Die skip is 196 meter in lengte en 30 meter in breedte en het weelderige gange wat na die private suites lei.

Elke suite het sy eie balkon wat letterlik aan die eienaars ’n venster op die wêreld bied.

Die verblyfdirekteur vertel my meer van die talle restaurante en elegante kroeë, ’n teater, ’n plek van aanbidding, ’n biblioteek, konferensiefasiliteite, ’n sigaarklub, boetieks, ’n spa en al die eksklusiewe geriewe wat mens van ’n drywende gemeenskap sou verwag.

Daar is verskillende restaurante aan boord wat aan inwoners ’n eklektiese mengsel van smake bied. Dit was egter Fredy’s Deli wat my daaraan herinner het dat die skip wel ’n tuiste bied aan die inwoners. Fredy’s bied ’n mini-gourmetmark propvol daaglikse noodsaaklikhede, vars plaaslike produkte en spesiale items wat hulle op die verskillende hawens aankoop sodat jy ’n tuisgemaakte maaltyd kan geniet.

Die toer neem ons na die groot wynkelders wat ongeveer 12 000 bottels wyn huisves. Die inwoners kan kies uit 600 etikette uit 18 lande. Ek sou kon raai watter Suid-Afrikaanse wyn in voorraad is en is glad nie verbaas nie. Dis die Meerlust Rubicon, natuurlik.

Uitvoerende sjef Peter Hoefler, ’n vriendelike Duitser, het my trots gewys hoe sy kombuis werk. Bo en behalwe die lewering van deurlopende kulinêre uitnemendheid, moet die sjefs ook outentieke kos lewer van waar hulle hul ook al in die wêreld bevind.

My uitstappie eindig op Dek 10 en dit is waar die kroon van die suites is X ’n ses-slaapkamer hawe van suiwer weelde wat tans op die mark is.

Ek is nuuskierig om te ontdek watter persoon hierdie eksklusiewe lewenstyl kan bekostig en ook wie die tyd het om dit te koester.

Sommige inwoners is huishoudelike name, maar almal van hulle het ’n gemeenskaplike skakel: rustige, welvarende, eendersdenkende avontuursoekers wat ’n dors het vir kennis en reis. Die gemiddelde ouderdom van die inwoners is ongeveer 60 jaar oud.

Daar is inwoners wat meer as een suite het, sommige leef voltyds op die skip terwyl ander weer vlugte haal na ander bestemmings wanneer die skip geanker is.
Die nasionaliteit van inwoners aan boord The World wissel, maar sowat 50 persent kom van Noord-Amerika, met verskeie Suid-Afrikaners wat dit tot op die beperkte inwonerslys gemaak het.

Ek is meegedeel dat The World vir die eerste keer sy seile in Maart 2002 gespan het, en het reeds meer as 800 hawens in ongeveer 140 lande besoek met ’n gemiddelde verblyf van 2,5 dae in elke hawe.

Die deurlopende wêreldwye reisplan X wat bepaal word deur die kapteins en die inwoners X stel hierdie drywende gemeenskap in staat om elke twee tot drie jaar om die wêreld te seil. Daar is jaarliks twee sorgvuldig beplande ekspedisies wat inwoners en gaste na eksotiese bestemmings vervoer.

The World het ook ’n gasverblyfprogram vir diegene wat die leefstyl eerstehands wil ervaar voordat hulle moontlik ’n suite wil aankoop.

As jy ’n inwoner is, word elke voorkeur wat jy het in rekenaars gestoor om te verseker dat ’n versoek vir, byvoorbeeld ’n Martini, geen verdere verduideliking nodig het nie. Dit kom geskud, nie geroer nie, met 2.5 olywe X net soos jy daarvan hou.

The World het ook ’n Call-a-Chef ™-program waar sjefs etes in ’n inwoner se suite voorberei. Wanneer jy jou bure wil vermaak, kan jy die spyskaart beplan nes jy wil.
Ek laat nie twee keer op my wag om so ’n ervaring te beleef nie, en word na ’n Texas-paartjie se suite op Dek 8 geneem. Die paartjie neem my op ’n toer van hul suite en ons drink elk ’n glasie smaaklike wyn terwyl ons hul sienings oor die lewe en hierdie buitengewone lewenstyl bespreek.

Volgens die paartjie het hulle min getwyfel oor die besluit om hierdie eksklusiewe geleentheid aan te gryp.

Na ete het ek verder getoer en was aangenaam verras om te vind dat die inwonende pianis ’n Suid-Afrikaner is. Elke keer as ek probeer om die skemerkroeg te verlaat, begin hy die volkslied speel, toets my patriotisme en terg my terug tot op my stoel!

As ’n testament van die skip se onberispelike instandhouding, was dit genotvol om twee mans op te merk wat onder in ’n klein boot met verfkwas sit om die skip se romp op te knap.

Daar is ook ongeveer 260 onberispelik opgeleide personeellede uit alle dele van die wêreld wat onopvallend op enige gegewe tyd tussen 150 en 200 inwoners en gaste rondbeweeg.

Ander ervarings op The World was ’n massering in die bekroonde Banyan Tree Spa, die enigste een op see. Die Thai-masseuse het net geglimlag toe ek gevra het of ons van voor af met my hemelse behandeling kan begin.

Die kort besoek aan hierdie ander wêreld het my laat besef dat die luukse in die detail is, en dit was ’n nederige teesakkie wat dit tuisgebring het.

Aan boord kom teesakkies op hul eie klein, spesiaal-ontwerpte bordjie, kompleet in ’n klein dosie.

As jy die dosie oopmaak, is daar ’n sjiek piramide wat die tee van jou keuse huisves met ’n lang blaarsteel as lepel. My opsomming is X van die teesakkies tot die luukse suites X dat hierdie drywende gemeenskap pure styl is.

* Besoek www.aboardtheworld.com vir inligting.

binne rapport

Weer
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 12-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 13-30°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 18-33°C More sun than clouds. Hot. PE: 12-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!