Eeue se kulturele erfenis in Andes

2013-09-07 23:57

Foto's: Margaret Mentz

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Otavalo word deesdae onder een van die moet-sien-bestemmings in Ecuador getel. Dié dorp is sowat ’n anderhalfuur se ry van Quito, die hoofstad van Ecuador, en bied ’n outentieke en kulturele ervaring soos min.

Otavalo bied ’n kulturele erfenis wat verryk word deur duisende tradisies, mites, legendes en gebruike. Dit alles is vasgevang in die Andes-landskappe se uitgestrekte skoonheid van berge, mere, watervalle en riviere.

Ons verken die dorp op ’n daguitstappie en word vooraf gewaarsku: “Dit is ’n inkopie-mekka.”

Otavalo is ook wêreldwyd bekend om sy inheemse bevolking, die Otavaliërs, se handwerk en Andes-volksmusiek.

Die inwoners word as die ekonomies suksesvolste inheemse groep in Latyns-Amerika beskou, maar baie van die Otavaliërs leef in armoede in omliggende dorpe.

Die dorp is geleë in ’n vallei wat deur vulkane omring word en is sowat 2 500 m bo seespieël.

Pre-Inka-mense het hulle in die gebied gevestig en was baie suksesvol met landbou in die vrugbare vulkaniese grond. Hulle het veral aartappels verbou.

Otavalo het dus ’n handelspunt geword en die eerste markte is ’n paar honderd jaar voor die Inka-inval van die 15de eeu gestig.

Die Otavaliërs moes onderdanig wees aan die Inkas totdat die Spanjaarde Otavalo in 1534 ver­ower het.

Die tyd onder Spaanse beheer was veel erger as onder die Inkas.

Die Otavaliërs was in wese die Spanjaarde se slawe en slagoffers van rassediskriminasie.

Die Spaanse owerhede het vinnig hul vaardigheid as wewers raakgesien en hulle in die teks­tielfabrieke laat werk.

Nadat die Spaanse heerskappy beëindig is, het ’n groot deel van die Otavaliese bevolking voortgegaan om in die tekstielfabrieke te werk. Die weeftradisie leef dus steeds voort en word van een geslag na ’n volgende oorgedra.

Otavaliërs word maklik aan hul tradisionele drag uitgeken. Die mans dra wit broeke en ’n donker poncho en vroue dra ’n donker romp en wit bloes met kleurvolle borduurwerk en ’n kleurvolle band om die middel.

Die mans en vroue se hare is lank en die meeste van die tyd is die mans se hare in ’n enkele vlegsel gevleg. Hulle lyk nogal baie soos die Indiane uit die ou western-flieks waarin John Wayne altyd gespeel het.



Ons stap deur die dorp se grootste kosmark, Mercado 24 de Mayo. Die mark is elke dag oop en bied van gedroogde bone, meer as tien soorte aartappels tot vars uitgedrukte sap en ry op ry hoender- en rooivleisprodukte. Aanvanklik is ek skepties oor dié manier van koop, maar dit is duidelik die plaaslike gemeenskap verkies om hul kotelette vars te koop.

Wanneer jy Otavalo besoek, moet jy gemaklike stapskoene dra, want die beste manier om die dorp te leer ken is te voet.

Ek vergaap my aan die vele winkels wat tradisionele kleredrag en die mooiste en kleurvolste lappe wat ek nog gesien het, verkoop.

Dit is vir my onverklaarbaar, maar tog ook prysenswaardig dat dié mense elke dag dieselfde aantrek. Dié vroue het sekerlik nie ’n probleem om soggens ’n uitrusting te kies nie. Maar in my meer “Europese” wêreld is dit vir my maar bra vervelig.

Die dorpsmark (Mercado Artesanal) in die Plaza de Ponchos is volgende aan die beurt, en dit is hier waar ek my hangstoele sien – kleurvol en met tossels wat in die wind waai. Wie kan dié prentjie weerstaan?

By nadere ondersoek vind ek uit dit kos $25 per stoel, maar om te kibbel word aangemoedig en ek stry die prys af tot $20 per stoel. Vir die eerste keer wonder ek hoe ek die stoele in Suid-Afrika gaan kry. Die eienaar sien my twyfel en bied nog ’n verdere $2 afslag. Met groot hand­gebare verduidelik ek dit is nie oor die prys wat ek huiwer nie, maar omdat ek van Suid-Afrika is en nie weet hoe ek die stoele terug huis toe vervoer gaan kry nie!

“Geen probleem nie,” sê hy, en ruk ’n massiewe materiaalsak (wat soos ’n lappieskombers lyk) uit. In ’n japtrap rol hy die stoel (met spons en al) op en druk dit in die sak. Hy glimlag breed.

“Sal jy nog een kan inpas?” vra ek skepties.

Ek word met ’n nog breër glimlag begroet en die tweede stoel word platgedruk, opgerol en in die sak gebêre.

Hy gryp ’n stuk kleefband en bind die houtraam bo-op die sak vas en oorhandig die sak aan my. Met die wegstap besef ek, ek moet darem soos ’n ware toeris lyk.

Maar die sak en die goedere binne-in was ’n winskopie – nou moet ek net vir manlief laat weet ek het meer bagasie as waarmee ek gegaan het.

Net voor middagete besoek ons ’n wewery. Hier kleur hulle self die wol. En ek maak kennis met die Aya Uma-geweefde masker wat soos ’n eiesoortige duiwel lyk.

Ons vertrek na die Hacienda Pinsaqui waar ons middagete geniet. Dié hacienda met sy meer as twee eeue van geskiedenis was in 1790 ’n koloniale tekstielonderneming. Dit is later in ’n hotel omgeskep. Dit is sowat 5 km van Otavalo se sakesentrum af, maar bied ’n rustige en vreedsame omgewing.

Terug in Quito die middag is dit tyd om die stoele-aankopie met André te bespreek en ek ­Skype hom. Ná ’n doodse stilte gee hy ’n lang, uitgerekte sug en sê: “Ja wat, dit sal mooi lyk op die stoep.”



Goed om te weet:


* Dit is aanvaarbare praktyk om op die markte oor die prys te kibbel.

* Maak ook ’n draai by El Lechero. Dit is ’n bekende boom wat glo magiese en helende kragte het. Die indrukwekkende staproete tot by die boom loop deur ’n pragtige omgewing.

* As jy van antropologie hou, moet jy vir seker die Instituto Otavaleño de Antropología besoek. Dit is propvol artefakte van die omgewing. Dit is by die Universiteit van Otavalo geleë.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C More sun than clouds. Mild. Pta: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-22°C Morning clouds. Mild. Bfn: 14-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 17-27°C More sun than clouds. Warm. PE: 14-21°C Numerous showers. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Afrikaans dames nodig DRINGEND

Midrand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Immediately Available Afrikaans speaking individuals needed

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Beauty Sales Consultant

Midrand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R45 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!