'n Polsende stad met 'n vernielde hart

2012-08-12 00:09

Dié lewensgrootte muurskildery in Donegallstraat spreek boekdele. Foto: Margaret Mentz

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Queen’s Bridge is ’n wonderlike, robuuste stuk Victoriaanse ingenieurswese wat oor die Laganrivier strek. Dit is in 1844 voltooi en is tydens koningin Victoria se besoek in 1849 amptelik geopen. Dit is deur die bekende argitek Charles Lanyon ontwerp en daarom word soms na Belfast verwys as Lanyon City.

Die lamppale is iets uitsonderlik en ek kan my net indink hoe perdekarre en voetgangers uit vervloë dae die brug oorgesteek het.

Die geskiedenis van Belfast gaan terug tot die Bronstydperk. Die stad het ’n baie tragiese geskiedenis waartydens daar groot konflik tussen die Katolieke en Protestantse inwoners ontstaan het. Dit het veroorsaak dat die stad ook geografies verdeel het tussen die Katolieke en Protestante. Maar gelukkig is daar in die laaste paar jaar vrede tussen dié twee groepe bewerkstellig.

Ek stap na Queen’s Square en verkyk my aan die Albert-gedenkklok. Ek moes my oë eers ’n paar keer knip om seker te maak dis nie ’n optiese illusie nie – die klok en toring leun werklik oor na die een kant. Die sandsteentoring is tussen 1865 en 1869 deur die Fitzpatrick-broers gebou en staan 113 voet (sowat 34m) hoog. Die ontwerp is ’n mengsel van Franse en Italiaanse gotiese boustyle.

En die rede vir die helling van die toring? Dit is op houtbalke op moerasagtige, herwonne grond rondom die Farsetrivier gebou en daarom hel die toring vier voet (sowat 1,2m) van sy loodregte lyn oor.

Ek stap verder na die Belfast-stadsaal en die gebou slaan my asem weg. Die stadsaal is tussen 1896 en 1906 opgerig en is ’n indrukwekkende meesterstuk wat van portlandsteen gebou is.

Die pragtige tuine en lowergroen grasperke trek my soos ’n magneet aan. En die spreekwoordelike kersie op die koek is die kopergroen koepel wat deur die St. Paul-katedraal in Londen geïnspireer is. Die koepel staan 53m hoog en ek het gedink dit is indrukwekkend van buite, maar die binnekant slaan my stom.

In die ingang word my oë boontoe gedwing en ek staan oopmond en vergaap my aan die koepelgebou wat sierlik versier is. Daar is ook die bekende fluistergalery waar jy in een hoek fluisterend met ’n geliefde of vriend in ’n ander hoek kan praat. Aan die bokant van die galery is die pragtigste loodglasvensters met tekens van die diereriem wat vermeng is met skepe en klok-simbole wat uit die Belfast-wapenskild geneem is.

Die Belfast-stadsaal is meer as net ’n indrukwekkende gebou – dit is ’n uitbeelding van die trots van Belfast se inwoners. Dit is ook een van die belangrikste voorbeelde van die klassieke Renaissance-styl van die Britse eilande.

Wat is ’n besoek aan Belfast en Ierland sonder ’n kroegkruip-sessie? Belfast is opgedeel in verskillende “quarters”, byvoorbeeld die Cathedral Quarter.

Ons stap met Donegallstraat op en kom af op die twee muurskilderwerke oorkant The Duke of York. Die bekende muurskilders Danny Devenney en Marty Lyons het in 2010 lewensgrootte afbeeldings van bekendes uit Belfast, onder andere John Lennon, Van Morrison en Bob Dylan, op die mure geskilder. Daar is ook ’n paar ander bekendes wat nie in Belfast gebore en getoë is nie.

The Duke of York is toevallig (en vir die Iere dalk gerieflik) naby die St. Anne-katedraal geleë.

Die tradisionele musiek kielie my voete en ek kan nie help om op die maat daarvan te wieg nie. Ná ’n halwe pint bier stap ons net oor die stegie na The Dark Horse, wat ook bekend is as een van die gewildste koffiehuise in Belfast. Maar ons kan altyd later by die hotel koffie drink...

Saam met my Murphy-bier bestel ek ’n kroeghappie of twee. As ’n nie-bierdrinker verkies ek Murphy bo Guinness en daar word goedhartig gespot met dié Suid-Afrikaner. By nadere ondersoek sien ek die kroeg het interessante hoekies en draaitjies en aan die agterkant kom ek op ’n gebrandskilderde venster met die lirieke van Oh Danny Boy af. Ek weet nie of dit die woorde of die pinte bier is nie, maar ek voel skoon
bewoë.

Met die terugstap na die hotel vergaap ek my aan die straatname wat in Engels en Kelties verskyn. Agter elke straatnaam is daar ’n storie, soos byvoorbeeld Skipperstraat, waar die kapteins van die skepe in die ou dae oornag het.

Belfast is ’n stad van kontraste. Voorheen geteister deur konflik, maar tans ’n stad van hoop, opbouing en herstel. Gaan maak gerus ’n draai in die hoofstad van Noord-Ierland en ervaar die mense se hartlikheid.

Goed om te weet

* Die Belfast-stadsaal is in die hartjie van Belfast en daar is baie om te sien en doen.
* Besoek die Linen Hall Library (1788), die Grand-operahuis (1895) en die St. Malachy-kapel (1840).
*  Vir diegene wat wil inkopies doen, is daar ’n groot verskeidenheid winkels langs Donegall Place en Royallaan. Victoria Square bied wonderlike inkopie-genot en is ’n argitektoniese moet-sien.
*  Die Crown Liquor Saloon (1885) sal ook sorg dat jou ergste dors geles word.



Die binnekant van Belfast se stadsaal is nog meer indrukwekkend as die buitekant.| Foto: Margaret Mentz




Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 11-25°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 11-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
Dbn: 19-22°C a few tstorms. Mostly cloudy. Mild. PE: 14-16°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!