Andries Bezuidenhout

As rockers digters wil word

2010-05-22 15:36

 “Waar en wie is die nuwe jong digters?” vra Antjie Krog ’n paar jaar gelede.

“Poësie is die barometer van ’n taal se welstand. Te oordeel na wat gepubliseer word, belewe Afrikaans ’n noodtoestand. So wat gaan aan?” vra sy.

Toe sy jonk was, sê Antjie Krog, wou almal digters wees. Deesdae wil hulle rocksterre word. Wat het dan verander?

Sy skryf: “My teorie is dat jong wit mense op alle plekke gekontesteer en betwis voel?… My vermoede is dat die jong mense instinktief aangevoel het: bly weg van al die dinge waaroor Afrikaners in hoofletters dink: Politiek, Rugby, Digter. Soek ’n plek wat hulle niks van weet nie, waar hulle onwelriekende verlede jou nie sal opspoor nie. Soek ’n plek waar ek hoegenaamd nie contested is nie – aangesien oumense nie die internet verstaan en digiote is, aangesien coloured uitwyk na hip-hop, rap en gospel toe, wyk ons uit na litnet, rock en punk toe.”

Dis vreemd hoe vinnig dinge kan verander. Destyds in 2004, toe Antjie Krog haar toespraak geskryf het, was daar maar min nuwe digters wat in Afrikaans gepubliseer het. Almal was egter opgewonde oor wat in rockmusiek gebeur het. Daar was Karen Zoid en Fokofpolisiekar. Kort daarna het Jan Blohm ook op die toneel verskyn.

Miskien is dit tyd, ses jaar nadat Antjie Krog ’n hele bohaai met haar toespraak veroorsaak het, om weer na haar argument te kyk. Daar het sedertdien ’n groot verskuiwing plaasgevind. In plaas van digters wat rocksterre wil word, lyk dit my, wil die rocksterre nou digters word. Laat ek probeer verduidelik.

Deesdae word daar ’n hele aantal debuutbundels per jaar gepubliseer. Hulle verkoop goed en wen pryse. Dink maar aan Loftus Marais, Ronelda Kamfer, Johannes Prins. En dan is daar onlangse debutante wat reeds tweede bundels
publiseer, soos Danie Marais en Carina Stander. Die pasgepubliseerde Nuwe stemme 4-bundel, wat ’n geleentheid aan nuwe digters gee om gehoor te word, kry ’n rave review van Joan Hambidge.

Dis ook baie interessant hoe hierdie digters met musiek praat. Loftus Marais skryf ’n wilde gedig oor die digter as rockstar, wat “woorde trash in hotelkamers”. Ronelda Kamfer praat met Tupac Shakur en Radiohead in haar gedigte. Danie Marais weef lirieke in as deel van baie van sy gedigte.

Dit lyk vir my asof die digters met die rockers in gesprek tree.

Maar iets anders het ook begin gebeur. Ewe skielik begin die rockers hul lyf digter hou. Fokofpolisiekar besluit om hul lirieke as ’n bundel te publiseer. En in die reeds genoemde Nuwe stemme 4-bundel maak Hunter Kennedy, die liriekskrywer van Fokofpolisiekar, sy buiging as digter.

Is die rede dalk dat rockmusiek besig is om vervelig te word? Waar is die nuwe klanke? Dit voel vir my asof te veel van die Afrikaanse rock bands soos Fokofpolisiekar probeer klink en nie ’n eie klank ontwikkel nie.

Al werklik nuwe klanke kom op die oomblik van mense soos Die Antwoord en Jack Parow, wat in elk geval hip-hop doen, nie rock nie. So daardie ding van hip-hop as “coloured” en rock as “wit” is ook besig om te vervaag.

Destyds, in 2004, wou Antjie Krog weet of Afrikaanse digters kan skryf oor “stadsheid, ongeankerdheid, enorme bereidheid om te akkommodeer, renons in issues, abandonment, dwelms, vigs, die internet.”

Wel, in 2010 lyk dit asof daardie kwessies sentraal staan tot die digkuns. Stemme wat voorheen van die kantlyn af moes praat, is nou die hoofstroom – gay, bruin, emigrant.

As taal se welstand aan die poësie gemeet word, lyk dit vir my daar is in 2010 glad nie meer sprake van ’n noodtoestand nie.

Dis so amper asof jong digters van iewers, uit donker hoeke te voorskyn getree het om Antjie Krog te beantwoord.

Dit lyk vir my asof die digters met die rockers in gesprek tree.

Lewer kommentaar op dié storie


Robbie Scholtz 5/23/2010 9:14:59 AM
Great artikel oor issue waarvan min van ons gepeupel iets weet. Andries bring altyd iets alternatief na die tafel en ek geniet dit baie!
Johan Swarts 5/27/2010 12:52:35 PM
Ek is nie seker of jy die stelling kan maak dat "rockers nou digters wil raak" en dit dan bloot staaf met Fokofpolisiekar en Hunter Kennedy. Afrikaanse rock is darem wragtig al baie meer as dit, nie waar nie?
Baas'Boerseun 5/30/2010 8:57:54 AM
Ag Boet, laat tog maar die son oor elek ou skyn wat iets in en vir Afrikaans probeer doen.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 5-26°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-20°C Sprinkles early. More sun than clouds. Cool. PE: 10-18°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i E90 AT
2007
R 179,995.00

DAIHATSU

CHARADE
2009
R 92,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline Tiptronic
2009
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...