Chris du Plessis

'Swak' een happie te ver gevoer

2012-01-28 14:53

Dit is wonderlik as mens nou en dan bevestiging kry dat ons land nie die enigste is wat in gekheid verval het nie.

In Nederland is die wiele byvoorbeeld ook besig om lekker van die wa te val.

Ons mag miskien sukkel met ’n paar geniepsige probleme soos ’n korrupte regering, wegholmisdaad, ’n gehawende onderwysstelsel en dies meer, maar ten minste is kannibalisme nie een van ons kwelpunte nie.

Die kulturele krake in die Land van Kaas en Heuning het duidelik begin wys toe hulle destyds die wêreld onderwerp het aan die Big Brother-televisiekonsep, wat, mag ek lesers herinner, dáár sy oorsprong het.

Maar nou het dit, kan ’n mens maar sê, kookpunt bereik.

In hul naarstiglike geskarrel na nuwe idees vir werklikheidsprogramme het twee Nederlandse TV-aanbieders mekaar se vlees op BNN-televisie gebraai en geëet en in die proses “swak” in die Land van die Duisend Dyke letterlik tot nuwe hoogtes gevoer.

Die daaropvolgende bohaai in die Nederlandse media is gou getemper deur ene Gerhard Spong, ’n prokureur wat spesialiseer in strafreg. Hy het almal daaraan herinner dat kannibalisme wettig is in Nederland as dit nie “mishandeling insluit” of die “grense van ordentlikheid” oorskry nie. Hoe mens iemand eet sonder om hom (of haar?) te mishandel het menige Nederlandse kannibaal seker al hoofbrekens besorg.

En mens kan jou net indink tot watter uiterstes die arme begrafnisondernemers in daardie land moet gaan om hul “ware” te beskerm teen die honger hordes wat aan hul kadawers wil gaan knibbel.

Die twee aanbieders ter sprake, Dennis Storm en Valerio Zeno, het uit hul pad gegaan om te sorg dat die “grense van ordentlikheid” nie oorskry word nie. Hulle het ’n properse slagter gekry om die beste snitte te kies en ’n chirurg om dié stukke van Storm se maag en Zeno se linkerboud te slag voordat dit in die pan geplaas is. ’n Sjef het die dis met groen aspersies voorgesit.

Dit het seersekerlik die hoop onder Nederlanders laat opvlam dat hulle weer hulle kulturele aansien in die wêreld kan herwin. Hul owerhede probeer immers al geruime tyd hul kwynende sosiale status verhoog deur die vergunnende sosiale tradisies wat hulle so bekend gemaak het te duinkerk.

Amsterdam se stadsvaders het verlede jaar al besluit hulle wil die openbare tentoonstelling van prostitute in die rooilig-distrik begin beperk en terselfdertyd die “koffiewinkels” (plekke waar die publiek wettig dagga mag koop en gebruik) se deure sluit. Iewers het iemand vergeet dat die meeste toeriste Amsterdam toe gaan juis om so gerook moontlik ’n draai te gaan maak by ’n prostituut van hul keuse.

Wat anders is daar om te doen nadat mens die kleurryke huisies langs die gragte tot vervelens toe bekyk het? Die nagwag gaan sien?

Waar ons vandaan kom is daar een voor elke gebou.

Dit is alles goed en wel om die “swakker gehalte” toeris te wil uitsif, maar in die huidige Europese finansiële klimaat is dit baie onverantwoordelik. Gerook of nie, dis nie nou die tyd om neusoptrekkerig te raak nie.

Hulle moet nou eerder elke liewe oorsese sent probeer inwin wat hulle moontlik kan.

Hemel, in sy toestand van desperaatheid moet die stadsraad eerder daaraan dink om Jack Parow ’n “residence gig” op die Dam aan te bied wat bloedoog-jafels van heinde en ver sal lok.

Ek onthou nog die goeie ou dae toe die Amsterdamse stadsraad se kreatiwiteit hoogty gevier het.

Toe Jan Publiek en Piet Politikus gesamentlik sosiale probleme opgelos het; sonder om enigiemand in die verleentheid te stel.

Dié gesindheid het ongelukkig iewers langs die pad verdwyn. Ons kan net ons sterre dank ons sit nie met hul probleme nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Chris du Plessis-kommentaar

frikkie.botes sê... Die ANC is n terroriste org met al hulle lede wat gewetenloos is en geen respek vir ander het nie, dit is in hulle oer ou gene geplant. hulle is soos oerdiere, net die bome verlaat en klere begin dra. Ons mense aan die anderkant is 6000 jaar gelede geskep deur YHWH, en YHWH se gebod aan ons is ons moet die met hulle meng nie.Punt Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.